Pannekoek resep: met water, sonder eiers, sonder bakpoeier

Pannekoek resep: met water, sonder eiers, sonder bakpoeier

Briefly.co.za het gaan krap in resepteboeke vir die maklikste pannekoek resepte. Pannekoeke het moontlik hul ontstaan in prehistoriese gemeenskappe gehad, waar kundiges glo dat pannekoeke die eerste gereg was wat mense begin kook het nadat hulle geleer het om meel te maak. Deur die eeue heen, bly dit steeds ‘n uiters gewilde ete, ongeag van die seisoen, geleentheid of ete. Daar is derduisende lipleklekker pannekoek resepte om van te kies en te keur, die een lekkerder, vinniger en makliker as die ander.

Tradisionele kaneelpannekoek
Tradisionele kaneelpannekoek. Foto: pixabay.com
Source: UGC

Ongeag of jy die lekkernye vir jou kleinkinders bak of fraai klein pannekoekies as voorgereg by 'n troue opdien, die idees vir dié eenvoudig dis is eindeloos.

Tiaan se pannekoek resep en ander oor die jare heen

Van die eerste ware pannekoek resepte is in 17de-eeuse Nederlandse resepteboeke aangeteken en van daar af het dit oor die wêreld heen versprei met verskillende variasies en vulsels. Elke land en staat het ook sy eie geskiedenis van pannekoek en ander metodes/bestanddele in die voorbereiding van die gekose pannekoek resep.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Soet pannekoek
Soet pannekoek. Foto: pexels.com
Source: UGC

Daar is lekker beproefde, vinnige pannekoek resepte: Pannekoek resepte sonder bakpoeier, pannekoek resepte sonder melk, pannekoek resepte met water en pannekoek resepte sonder eiers wat maak dat ieder en elk die lekkerny kan geniet.

Met die Coronavirus het dié makliker bestanddelelys boonop handig te pas gekom indien jy nie al die bestanddele tuis gehad het nie. Vele ander pannekoeke met noemname, soos Tiaan se pannekoek resep, Ouma Tina se resep en soveel ander het die lig gesien die afgelope jare soos dit van geslag na geslag oorgedra is.

Vinnige, maklike pannekoek idees

In Suid-Afrika is dit geensins anders nie en is een van die gewildste pannekoek resepte dié gevul met suiker en kaneel. Ander soet vulsels sluit in piesang, karamel kondensmelk; room, sjokalade, neute en room; Moirs instant pudding, peppermint crisp geklits met karamel kondensmelk of room met vars gesnyde aarbeie.

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Sout pannekoek resepte is geurige maalvleis met witsous; hoender en sampioene; geroomde spinasie en feta; biltong en roomkaasvulsel of tuna met gerasperde kaas.

Pannekoek met geurige hoendervulsel
Pannekoek met geurige hoendervulsel. Foto: pixabay.com
Source: UGC

Pannekoek resep met water sonder eiers en bakpoeier

Boonop is resepte aangepas na gelang van die geleentheid en kan dit geniet word vir ontbyt, middag- of aandete. Daar is ouma se pannekoek met brandewyn (dit help glo dat die pannekoek nie taai word nie en nee, jy proe glad nie die brandewyn in jou eindproduk nie), klassieke pannekoek resepte, basaar pannekoek in groot maat, pannekoek resep sonder melk, pannekoek resep met water, pannekoek resep sonder eiers en pannekoek resep sonder bakpoeier om ‘n paar te noem of sommer sonder eiers, melk en bakpoeier in een maklik resep wat hieronder bespreek word. Een super maklike pannekoek resep om enigiemand aan die bak en brou te kry.

Teen dié tyd jeuk jou vingers sekerlik al om te begin pannekoek bak. Alhoewel daar heelwat fynproewers resepte is, het jy dalk nog nie die kuns bemeester om die perfekte pannekoek te bak nie. Hier is jou kans nou met hierdie maklike eier-, melk- en bakpoeierlose resep

Read also

Maklike souttert resep: stap-vir-stap gids heerlike souttert

Maklike pannekoeke
Maklike pannekoek resep. Foto: pixabay.com
Source: UGC

Maklike eier-, melk- en bakpoeierlose resep (die resep lewer ongeveer 6 middelslag pannekoeke)

Bestanddele:

  • 1 koppie meelblom
  • 3 eetlepels wit suiker
  • ¼ teelepel sout
  • 2 ½ eetlepels margarien
  • ¾ koppie water
  • 2 eetlepels water (vervang die eier)
  • 1 teelepel kremetart
  • 1/2 teelepel koeksoda
  • ½ teelepel mielieblom

Metode:

1. Sif die meelblom, suiker, kremetart, koeksoda, mielieblom en sout saam in ‘n mengbak.

2. Smelt die 2 ½ eetlepels margarine in die pan tot gesmelt.

3. Gooi die gesmelte margarine in ‘n klein bakkie en meng saam met al die water. Meng goed.

4. Roer die vloeistof by die droë bestanddele totdat alles deeglik gemens is. (Die beslag mag klonterig voor kom.)

Pannekoek resep: met water, sonder eiers, sonder bakpoeier
Meng al die bestanddele goed saam. GIF: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

5. Verhit ‘n klein bietjie olie in ‘n pan op nommer 6. (Bedek pan met net genoeg olie om die hele bodem met ‘n dun lagie te bedek.)

6. Die pan moet warm genoeg wees, sodat die pannekoek dadelik kan begin bak en die deeg nie in die pan lê en olie trek nie.

Read also

Sterretekens persoonlikhede: Eienskappe van die sterretekens

7. Skep ‘n groot lepel (ongeveer 60 ml) pannekoekmengsel in die pan en skommel effe om die beslag egalig oor die hele pan te versprei.

Pannekoek resep: met water, sonder eiers, sonder bakpoeier
Gooi beslag in die pan en versprei eweredig. GIF: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

8. Sodra die pan lekker op hitte is, kan jy dit afdraai na nommer 4.

9. As die pannekoek bo-op begin borreltjies maak, kan jy omdraai. Braai beide kante tot gaar en ligbruin.

10. Hou die pannekoeke warm of besprinkel dadelik met suiker en kaneel of ‘n heerlike vulsel.

11. Rol of vou toe, sit warm voor met ‘n vars skyfie suurlemoen.

Hierdie resep kan maklik aangepas word – verdubbel of verdriedubbel volgens jou behoefte.

Met so 'n maklike pannekoek resep en verskeie keuses van vulsels, van ontbyt, middag- of aandete, tot nagereg, is dit beslis iets vir almal se smaak.

READ ALSO: Simple pancake recipe and guide for the perfect bake

Pannekoek is die ideale ligte ete, ongeag of dit ontbyt, aandete of nagereg is. In dié maklike pannekoek resep met maklik verkrygbare bestanddele kan jy jouself as bobaaskok bewys. Vul dit met heerlike soet of sout bestanddele en selfs 'n klein Griekse slaai of skyfies en dit sal enige mond laat water.

Read also

Griekwastad moorde: datum, feite, fotos, bewyse, hofsaak

Source: Briefly News

Online view pixel