Souskluitjies resepte: stap-vir-stap gids en proses

Souskluitjies resepte: stap-vir-stap gids en proses

Kikker jou mense op met hierdie souskluitjies resepte. Hulle is verskriklik maklik en vinnig om te maak. Hierdie kluitjies waarborg ‘n heerlike ete vir die hele familie, oud en jonk!

souskluitjies recipe
Souskluitjies resepte. Foto: pixabay.com
Source: UGC

‘n Souskluitjie is ‘n breë klassifikasie vir ‘n dis wat gemaak word met deeg (of ander stysel bronne) met of sonder ‘n vulsel en soms ingelê in soet stroop.

Kluitjies kan gevul word met ‘n verskeidenheid bestandele soos vleis, vis, kaas, groente of selfs ‘n soetigheid. Hulle kan in verskeie maniere gaar gemaak word insluitend bak, kook, vlakbraai, prut of stoom.

Lees gerus verder vir ‘n paar baie lekker en vinnige souskluitjie resepte... reg uit ouma se boek.

Dieselfde kluitjie deeg hier onder mag gebruik word vir die mikrogolf souskluitjies resep asook die gebakte souskluitjies resep en die vleis souskluitjies resep. Souskluitjies op die stoof gebruik ook dieselfde deeg maar word natuurlik met ‘n ander metode gaar gemaak. Met hierdie resepte smul almal op die knuppeldik souskluitjies die kersfees of familie reünie!

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Lees hier verder vir ‘n wonderlike Afrikaanse pannekoek resep as ‘n nagereg: Easy South African pancake recipe.

Veerligte Souskluitjies

Hierdie souskluitjies resep is die basis deeg resep vir verskeie kluitjies. Dit gaan heerlik saam met ‘n verskeidenheid geregte en is baie maklik en vinnig om bymekaar te sit en net so gerieflik om gaar te maak. Die souskluitjies resep maak so vyf kluitjies.

souskluitjie resep
Verskeie kluitjies. Foto: pixabay.com en pexels.com
Source: UGC

Bestandele

  • 250ml of 1 koppie koekmeel
  • 7ml of ½ eetlepel bakpoeier
  • 2ml of ½ teelepel sout
  • 60gr of 1 koppie botter in blokkies gesny
  • 60 – 80ml of 1/3 tot ¼ koppies melk
Gids en proses vir kluitjies
Gids en proses vir kluitjies. Foto: pexels.com
Source: UGC

Metode

Stap 1: Sif die meel, bakpoeier en sout saam.

Stap 2: Vryf die botter met die vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.

Stap 3: Voeg net genoeg melk om ’n sagte deeg te vorm.

Stap 4: Skep eetlepels vol deeg in die potjie en bedek.

Read also

Maklike souttert resep: stap-vir-stap gids heerlike souttert

Laat minstens 15 minute prut sonder om die deksel op te lig tot die kluitjies gaar is. (’n Mes moet skoon uit die middel kom.) Dit is baie belangrik om nie die deksel op te lig nie sodat die hitte nie ontsnap nie.

Stap 5: Geniet!

Outydse souskluitjies

Hierdie oeroue resep is ‘n moet vir Suid Afrikaanse boerekos liefhebbers met soet tande. Bak en brou en smul tot blou! Hulle is ongelooflik heerlik saam met ‘n koppie tee of koffie.

cinnamon dumpling recipe
cinnamon dumplings
Outydse souskluitjies. Foto: pixabay.com
Source: UGC

Bestandele

  • 250ml of 1 koppie koekmeel
  • 5ml of 1 teelepel bakpoeier
  • 1ml of 1 teelepel sout
  • 50ml of 50gr botter of margarien
  • 2 Eiers
  • 12,5ml of 2,5 teelepels suiker
  • Fyn kaneel
  • 62 tot 125ml of ½ koppie gesmelte botter

Gereedskap

  1. Meelsif.
  2. Pot van ongeveer 17 cm deursnee.
  3. Bakskottel of oondvaste glasbak.

Metode

Stap 1: Sif die meel, bakpoeier en sout saam.

Stap 2: Vryf die botter met die vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.

Read also

Tradisionele malvapoeding resep: stap-vir-stap gids en proses

Stap 3: Voeg net genoeg melk om ’n sagte deeg te vorm.

Stap 4: Skep eetlepels vol deeg in die potjie. Gooi sowat 5 cm water in ‘n pot en voeg 2,5 ml sout en 1 ml kaneel by en laat dit kook.

Stap 5: Lig die kluitjies uit die water en sit dit in ‘n warm bakskottel en strooi suiker en fyn kaneel wat saam gemeng is oor die kluitjies, asook ‘n bietjie gesmelte botter. Herhaal tot die deeg klaar is.

Sif die droë bestandele bymekaar
Sif die droë bestandele bymekaar. Foto: giphy.com
Source: UGC

Souskluitjies op vleis

‘n Boerekos uit die boonste rakke! Net so ja. Jy sal nie teleurgesteld wees nie. Kluitjies saam met jou bredie of sop is altyd ‘n wenner. Hulle is so lekker daar mag dalk nie genoeg plek vir 'n nagereg wees nie.

Vleis Souskluitjies
Vleis Souskluitjies. Foto: pixabay.com
Source: UGC

Braai jou uie en vleis vinnig tot effe gaar. Sit dan die groente en aartappels by. Kook dit dan alles op die hoogste hitte vir 5 minute. Gooi al die sous en sout by. Plaas die kluitjies bo op die vleis maak toe vir 15 minute. Dit is belangrik om nie die deksel te lig nie. Skep dan die souskluitjies uit en maak die sous dik as dit te loperig is. Hier is ‘n stap vir stap gids.

Read also

Maklike karringmelk beskuit resep

Bestandele

  • 250ml of 1 koppie koekmeel
  • 5ml of 1 teelepel bakpoeier
  • 1ml of 1 teelepel sout
  • 50ml of 50gr of ⅕ koppie botter of margarien
  • 2ml enige gemengde kruie
  • 60ml melk
Vleis Souskluitjies
Vleis Souskluitjies. Foto: giphy.com
Source: UGC

Metode

Stap 1: Sif die meel, bakpoeier en sout saam.

Stap 2: Vryf die botter met die vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.

Stap 3: Voeg net genoeg melk om ’n sagte deeg te vorm. Moenie oormeng nie. Voeg die kruie by.

Stap 4: Rol balletjies met jou hande in die grootte van jou keuse. Sit die balletjies in jou bredie pot en laat prut met die deksel vir 15 minute. Dit is baie belangrik om nie die deksel op te lig nie. Siedaar! Heerlike vullende souskluitjies vir die hele buurt!

Jy kan hierdie video kyk om inspirasie te kry vir soukluitjie resepte:

Source: Briefly News

Online view pixel