Piesangbrood: Vinnige, heerlikste resep

Piesangbrood: Vinnige, heerlikste resep

Die broodresep wat die meeste aanlyn in Amerika gesoek word, is piesangbrood. Dié vrug is nie eers eie aan Noord-Amerika nie. Lank gelede het Filiponos slegs vars piesangs geëet en die oorrypes vir die varke gegooi. Piesangs is afkomstig van Suidoos Asië en het van daar af regoor die wêreld versprei. In die 1800 de eeu het dit meer beskikbaar geraak in Amerika, maar dit het ‘n kopseer gebly hoe om dié vrug, wat so vinnig ryp word en vrot, vervoer te kry na ander lande. Tog toe dit aanland in ander lande, het dit spoedig 'n gunsteling geword.

Piesangbrood: Vinnige, heerlikste resep
Vinnige, heerlikste piesangbrood. Foto: unsplash.com
Source: UGC

Dit blyk of die Amerikaners die voortou geneem het om brood daarvan te maak en sodoende het dit selfs gewilder as witbrood geword. So geliefd is dié broodjie, dat daar tot ‘n Nasionale Piesangbrood dag jaarliks is op 23 Februarie. In hierdie vinnige, heerlikste piesangbrood resep sal jy leer hoe om dit self in 'n japtrap te maak.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Vinnige, heerlikste resepte

Piesangbrood resepte het ongeveer in die 1930’s gewild begin raak, veral omdat bakpoeier ook toe algemeen geraak het. Daar is gerugte dat dit ‘n gewilde brood geraak het tydens die Groot Depressie om geen kos weg te gooi nie en dus oorryp piesangs, wat ideaal is, te gebruik.

Nadat verkoeling algemeen beskikbaar geraak het in die 20ste eeu, het piesangs ‘n gewilde vrug, veral vir ontbyt, geword. Dit word ook algemeen gebruik in nageregte. Teen die 1930’s is gesnyde piesangs in nagereg vervang met verpulpte piesangs in piesangbrood en het 'n groot verskeidenheid resepte die lig begin sien in verskillende kookboeke, die meeste van hulle maklike piesangbrood resepte.

Piesangbrood: Vinnige, heerlikste resep
Heerlike, vinnige piesangbrood. Foto: pexels.com
Source: UGC

Alternatiewe

Piesangbrood se hoofbestanddele is verpulpte piesangs en bakpoeier. Dit is ‘n vinnige, maklike resep wat aangepas kan word met verskillende bestanddele. Daar kan ook piesangmuffins gebak word en selfs ‘n vegan brood wat suiwelprodukte en eiers uitsluit.

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Van die gewilde byvoegings sluit in kaneel, neutmiskaat, rosyntjies, gekapte geroosterde neute soos pekan- en okkerneute en grondboontjiebotter.

Nog alternatiewe om jou alreeds heerlike piesangbroodjie op te kikker is die byvoeging van sjokoladevlokkies. Gooi die sjokoladevlokkies eers in ‘n bietjie meel voordat jy dit inroer by die beslag. Dit sal voorkom dat dit na die bodem van jou broodjie sak. Sprinkel ‘n bietjie bo-op die brood ook. As alternatief kan jy ook kakao poeier by die beslag gooi.

Piesangbrood: Vinnige, heerlikste resep
Piesangbrood met sjokoladevlokkies. Foto: unsplash.com
Source: UGC

Ander watertandlekker piesangbrood resepte is een met lemoensap en lemoenskil. Daar kan ook verskeie droë vrugte soos gedroogte rosyne, appelkose en bosbessies by die beslag ingemeng word om dit interessant en geurig te maak. (Bedek hulle ook eers met ‘n lagie meel voordat jy dit inmeng.)

Jy kan jou piesangbrood in ‘n japtrap in ‘n tropiese brood omtower met klapper wat lekker tekstuur gee. Gooi ‘n klein blikkie fyngedrukte pynappel by vir ‘n heerlike, klam piesangbrood. Laastens kan jy ook pampoen by jou beslag ingooi. Dit is 'n klam piesangbrood resep en verseker ‘n unieke brood met ’n heerlike geur.

Read also

Maklike souttert resep: stap-vir-stap gids heerlike souttert

Piesangbrood: Vinnige, heerlikste resep
Klam piesangbrood. Foto: pixabay.com
Source: UGC

Resep: Hierdie vinnige, heerlikse piesangbrood resep neem slegs 10 minute om voor te berei. Dit lewer 1 groot piesangbrood of 2 kleintjies.

Bestanddele

  • 125 ml Margarien
  • 300 ml Suiker
  • 2 Eiers
  • 2 x 250 ml Koekmeel
  • 10 ml Bakpoeier
  • 2,5 ml Sout
  • 5 Fyngedrukte piesangs
  • 2,5 ml Vanilla Essence

Metode

  1. Room die botter en die suiker saam.
  2. Klits die eiers een vir een by.
  3. Sif al die droë bestanddele saam en voeg by.
Piesangbrood: Vinnige, heerlikste resep
Sif droë bestanddele by. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

4. Verpulp die piesangs en voeg dit tesame met die vanilla essence by die mengsel.

Piesangbrood: Vinnige, heerlikste resep
Verpulp die piesangs. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

5. Meng die beslag goed deur.

6. Gooi beslag in gesmeerde broodpannetjie.

Piesangbrood: Vinnige, heerlikste resep
Gooi beslag in 'n gesmeerde broodpan. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

7. Bak die broodjie vir ongeveer 1 uur by 180°C.

Hierdie klam piesangbrood resep is heerlik, maklik en flop vry, so enigiemand kan dit bak – van beginner tot bo-baaskok. Met stap-vir-stap aanwysings kan jy binne 'n paar minute smul aan dié heerlike broodjie.

Read also

Griekwastad moorde: datum, feite, fotos, bewyse, hofsaak

READ ALSO: Piesangbrood resep met olie. Die eindproduk van hierdie smaaklike resep is 'n klam, geurige piesangbrood en beslis een om hierdie somervakansie te probeer.

Briefly.co.za het ook hierdie heerlike piesangbrood resep gepubliseer.

Source: Briefly News

Online view pixel