Maklike melkkos resep: met pasta of met kondensmelk in die mikrogolf of op die stoof

Maklike melkkos resep: met pasta of met kondensmelk in die mikrogolf of op die stoof

Tradisionele melkkos wat van snysels gemaak word is voorheen skertsend ‘slinger-om-die-snoel’ genoem. Melkkos is nie wetenskap nie, dis emosie! Lees gerus verder vir ‘n maklike melkkos resep, melkkos resep met kondensmelk, outydse melkkos resep, die mikrogolf melkkos resep en ‘n melkkos resep met pasta. Ons verwys julle ook na ander maklike resepte.

Maklike melkkos resep: met pasta of met kondensmelk in die mikrogolf of op die stoof
Maklike melkkos resepte vir die mikrogolf of stoof. Foto: N.Marais
Source: Original

Vandag se koue, reënerige weer in Kaapstad was die perfekte verskoning vir opregte heerlike melkkos. Ek het op my gunsteling webwerwe gaan loer vir ‘n paar resepte maar kon net ‘n handjievol kry om van te kies. Toe eindig ek op met my eie konkoksie. Dit was heerlik en ek het sommer met my buurtvrou gedeel.

As jy nog so bietjie oorskiet melkkos het kan jy dit bedien saam met pannekoeke. Hierdie artikel vir 'n pannekoek resep maklik en baie vinnig!

Maklike melkkos resep en ook die outydse melkkos resep

Read also

Lekker roosterkoek resep: stap-vir-stap gids met fotos en video

Melkkos is 'n sentimentele nostalgie. Dit is ‘n verskriklike goeie tradisionele trooskos op koue winter dae en dis natuurlik ook nie duur om te maak nie. Seker omdat ons dit so baie in die koshuis gekry het in die ou dae. Hierdie maklike melkkos resep is genoeg vir ses mense. Die bereiding vat slegs 5 minute en dit vat om en by 10 minute om gaar te maak.

Bestandele

  • 2 liter vol room melk
  • 310 ml koek meel
  • 2 ml sout
  • 40 ml botter
  • Kaneelsuiker

Metode

Stap 1: Verhit die vol room melk in ’n groot kastrol tot net onder kookpunt. Terwyl die melk warm word, meng die koek meel en sout saam in ’n bak en frummel die botter daarby. Jy kan dit ook in ’n voedsel verwerker doen.

Stap 2: Gooi die meel mengsel bo-op die kokende melk en roer dit tot goed gemeng.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Stap 3: Prut oor lae hitte vir ongeveer 10 minute, terwyl jy roer, tot verdik en gaar.

Die mengsel moenie ’n gladde sous wees nie. Dit moet so effe klonterig wees. Breek die groot klonte op met ‘n draadklitser as hulle vorm.

Stap 4: Sprinkel so ’n klein bietjie kaneel suiker onder in elke bakkie.

Stap 5: Skep die kokende melkkos in en sprinkel nog kaneelsuiker bo-op.

Stap 6: Smul!

Maklike melkkos resep: met pasta of met kondensmelk in die mikrogolf of op die stoof
Maklike melkkos resep. Foto: giphy.com
Source: Original

Maklike mikrogolf melkkos resep

Is jou mikrogolf op die oomblik ‘n wit ornament wat net kos warm maak? Hier gaan ek jou help om meer doeltreffende resepte te maak met jou mikrogolf oond. Jy gaan vinniger heerlike maaltye aan jou familie bedien en jy gaan ook baie krag spaar. Kom ons kook ‘n storm los met jou mikrogolf.

Maklike melkkos resep: met pasta of met kondensmelk in die mikrogolf of op die stoof
Maklike mikrogolf melkkos resep. Foto: N. Marais
Source: Original

Bestandele

  • 1 liter melk
  • 180 ml koek meel
  • 2 ml sout
  • 15 ml botter of margarien
  • Kaneel suiker

Read also

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

Metode

Stap 1: Mikrogolf die melk ongeveer 10 minute in ‘n 2 liter bak op 100% krag tot kookpunt.

Stap 2: Meng die koek meel en sout en frummel die botter daarin.

Stap 3: Voeg die meel mengsel en alles tegelyk by die kookmelk en roer dit met ‘n draadklopper totdat klein klontjies gevorm het. Mikrogolf die melkkos ongeveer 4 minute ongedek op 100% krag tot gaar. Roer dit af en toe.

Stap 4: Sit warm voor met kaneel suiker.

Stap 5: Geniet!

Lees hier verder vir 'n pannekoek resep as jou soettand nog lus is!

Melkkos resep met kondensmelk

My seun noem hierdie enetjie, ‘Ma-se-melkkos’. Dit is ongelooflik lekker en jy wil sommer die bakkie uit lek en die lepel eet. Egte tradisionele boerekos!

Bestandele

  • 1 blikkie kondensmelk
  • 4 blikkies water
  • 1 koppie mielieblom (Maizena)
  • 1 ½ koppie melk
  • 125ml botter of margarien.
  • Kaneel suiker
  • Bietjie sout

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Maklike melkkos resep: met pasta of met kondensmelk in die mikrogolf of op die stoof
Maklike melkkos resep met kondensmelk. Foto: Pexels en pixabay.com
Source: UGC

Metode

Stap 1: Meng die kondensmelk, water en melk saam in 'n kastrol en jy kan suiker byvoeg as dit nie soet genoeg is nie.

Stap 2: Vryf die botter in die koekmeel in, sodat dit soos krummels lyk en voeg die sout by.

Stap 3: Wanneer die melk mengsel warm is, word die meel mengsel bygevoeg en geroer totdat alles saam kook en dik geword het.

Stap 4: Strooi kaneel suiker oor. Jy kan die suiker verdubbel as jy ‘n erge soettand het.

Briefly.co.za het hierdie heerlike koeksister resep op die webverf. Koeksisters word van ‘n soortgelyke deeg gemaak maar dis stroop soet. Read more: Vinnige vetkoek resep: Tradisioneel.

Melkkos resep met pasta

Melkkos a la macaroni. Hierdie is 'n eerste vir my. Ek was baie beïndruk met hierdie kreatiewe kos idee! Dit is verskriklik maklik en heerlik. Die kinders het gevra vir nog!

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Maklike melkkos resep: met pasta of met kondensmelk in die mikrogolf of op die stoof
Maklike melkkos resep met pasta. Foto: N Marais
Source: Original

Bestandele

  • 1.5 liter melk
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 2 eiers
  • 1 eetlepel botter of margarien
  • Vanilla geursel
  • 5 kardemon pitte
  • Kaneel

Metode

Stap 1: Gooi die melk in ‘n pot en voeg ‘n blikkie kondensmelk by.

Stap 2: Voeg dan die kardemon pitte en vanilla geursel by.

Stap 3: Klits die eiers saam met die botter of margarien en gooi dit by die melk mengsel. Verhit en bring dan tot kookpunt. Ek voeg geen suiker by nie, maar julle kan byvoeg volgens smaak.

Stap 4: Gooi die pasta by. Jy kan macaroni of spaghetti gebruik. Bring die hitte af en kook tot die pasta lekker sag is.

Roer gereeld om te verhoed dat dit vas brand. As jy dit dunner wil hê kan jy bietjie melk by voeg.

Hierdie maklike melkkos resep is genoeg vir 8 mense met ‘n gewone eetlus.

Stap 5: Geniet dit!

Read also

Maklike souttert resep: stap-vir-stap gids heerlike souttert

Maklike melkkos resep.
Maklike melkkos resep. Foto: giphy.com
Source: UGC

Afrikaners is goed geken vir hulle goeie kos. As jy baie meer wil weet oor Suid-Afrikaanse sjefs, lees gerus verder hier oor sjef Somizi.

Ken jy slinger-om-die-smoel? Dis egte wintertydse koester kos

Anders as die tradisionele melkkos waar die meel mengsel en die kokende melk bygevoeg word, word snysels gemaak van deeg wat jy dun uitrol en in stukkies sny en dan in melk kook. As jy die deeg oprol voor dit gesny word maak dit langer snysels, wat dit moeiliker maak om te eet en ’n geslurp kan veroorsaak. Dieselfde kan gebeur as mens spaghetti eet. Vandaar kom die naam “slinger-om-die-smoel”.

Maklike melkkos resep: met pasta of met kondensmelk in die mikrogolf of op die stoof.
Slinger om die smoel. Foto: N Marais.
Source: Original

Die geheim van perfekte slinger-om-die-smoel? ’n Baie skerp mes. Jy moet met een vinnige haal dwars deur die rolletjie deeg sny. As die mes stomp is, druk jy die deeg plat. Hier is ‘n boerekoskenner resep. Dit lewer 4-6 porsies.

Bestandele

  • 3 eiers
  • 375 ml koek meel
  • 5 ml sout
  • Water
  • 1,25 liter melk (meer indien nodig)
  • 2 stukke pypkaneel

Read also

Griekwastad moorde: datum, feite, fotos, bewyse, hofsaak

Maklike melkkos resep: met pasta of met kondensmelk in die mikrogolf of op die stoof
Slinger-om-die-smoel. Foto: giphy.com.
Source: UGC

Metode

Stap 1: Klits die eiers.

Stap 2: Sif die meel en sout by en meng goed.

Stap 3: Voeg net genoeg water by om ’n stywe deeg te vorm.

Stap 4: Knie die deeg tot dit elasties is.

Stap 5: Rol die deeg dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Strooi ’n bietjie meel oor die uitgerolde deeg. Rol die deeg van die een kant af op en sny dit met ’n baie skerp mes in dun repies. Stap 6: Strooi ’n bietjie meel oor die snysels.

Stap 7: Verhit die melk waarby die twee stukke pypkaneel gevoeg is. Sodra die melk kook, word die snysels geleidelik daarin gegooi. Roer met ’n vurk sodat die snysels nie aanmekaar vasklou nie – werk versigtig. Moet nie ‘n pappery in die kastrol maak nie. Laat stadig kook vir 20-25 minute.

Stap 8: Skep op in groot sopborde en sit voor met kaneel suiker en ’n klont botter as jy hou van oordaad.

Read also

Maklike karringmelk beskuit resep

Stap 9: Kuier en geniet!

Kyk hierdie oulike video vir 'n maklike melkkos resep.

Hier is vir julle 'n verskriklike oulike resep vir pannekoeke. READ ALSO: Maklike pannekoek resep.

Source: Briefly News

Online view pixel