Pampoenkoekies resep met karamel sous

Pampoenkoekies resep met karamel sous

Pampoenkoekies is 'n tradisionele Suid Afrikaanse aptytwekker. Hulle kan gebraai word in olie of in 'n pan gaar gemaak word. Ons versier die koekies met kaneel of klapper maar hier gaan jy verder lees van die pampoenkoekies resep met karamel sous. Jy gaan in jou noppies wees met hoe maklik ons hierdie heerlike pampoen poffertjies en souserige pampoenkoekies bymekaar gaan sit. 'n Egte kreatiewe boerekos uit die boonste rakke. Lees gerus verder.

Pampoenkoekies resep met karamel sous. Pampoenkoekies met karamel sous. Souserige pampoenkoekies. Pampoenkoekies met bruismeel. Pampoen koekies resep. Pampoen koekies met sous. Pampoenkoekies in muffin pan
Pampoen poffertjies. Pampoenpoffertjies.
Pampoenkoekies resep met karamel sous. Foto: N Marais
Source: Original

Pampoen koekies kan as ‘n nagereg bedien word met kaneel suiker of as ‘n kant gereg met wildsvleis of ham. Hulle is verbasend lekker met vis! Die soetigheid met die spiserye is ‘n tipiese kook styl van die outydse Malay slawe. Dit is ‘n aardse troos koos en werk ideaal uit vir jou oorskiet pampoen.

Hier is ons nou in die kersgety en dis my gunsteling tyd van die jaar. Dit is ‘n tyd vir dankbaarheid, kreatiwiteit en die mees belangrikste, familietyd. As jy op soek is na maklike kersfees kos dan kan jy hier verder lees. READ ALSO: 30 easy and tasty dinner ideas.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Pampoenkoekies resep. Pampoenkoekies met karamel sous. Pampoen koekies resep. Pampoen koekies met sous. Pampoenkoekies in muffin pan. Pampoen poffertjies.
Pampoenkoekies resep met karamel sous. Foto: unsplash.com
Source: UGC

Pampoenkoekies resep

Hier volg die souserige pampoenkoekies wat in ‘n muffin pan gebak word. Afhangende van die muffin pannetjies se grootte kry ek so 12 tot 21 koekies.

Bestanddele

  • 500 ml klaar gaar gemaalde pampoen
  • 50 ml gesmelte margarien
  • 50 ml bruinsuiker
  • 5 ml vanielje geursel
  • 2 eiers liggies geklits
  • 125 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • Bietjie fyn kaneel en ekstra bruinsuiker vir bo-oor sprinkel.
Pampoenkoekies resep met karamel sous. Pampoenkoekies muffin pan.
Pampoenkoekies in 'n muffin pan. Foto: unsplash.com
Source: UGC

Metode

Stap 1: Verhit die oond tot 190 C en smeer die muffin pannetjies.

Stap 2: Meng al die bestanddele saam.

Stap 3: Skep die pampoenkoekies in muffin pan en sprinkel bietjie fyn kaneel en bruin suiker oor.

Stap 4: Bak vir 30 minute of tot gaar.

Karamelsous

  • 250 ml melk of room
  • 125 ml suiker
  • 50 g botter
  • 5 ml karamel of vanielje geursel
  • 25ml koring stysel as jy melk gaan gebruik.

Los op en kook vir vyf minute.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Verdik met bietjie koring stysel wat in klein bietjie water opgelos is. Kook tot verlangde dikte.

Skep lepels vol van die warm sous oor die pampoen koekies sodra dit uit die oond kom.

Laat die koekies staan sodat die sous in die pampoen koekies kan intrek. Dis heerlik! Smaak soos poeding.

WENK: Ek gooi die warm sous oor die warm pampoen koekies terwyl dit nog in die muffin pannetjies is. Onthou om die beslag net drie kwart vol te maak in die muffin pannetjies anders rys dit bô oor. Daar moet nog plek wees as jy die sous bô op gooi.

Pampoenkoekies resep met karamel sous. Pampoenkoekies met karamel sous. Souserige pampoenkoekies. Pampoenkoekies met bruismeel. Pampoen koekies resep. Pampoen koekies met sous. Pampoenkoekies in muffin pan.
Pampoenkoekies resep met karamel sous. Foto: gifs.com
Source: UGC

Pampoenpoffertjies

Nooi die hele familie om te smul aan jou kreatiewe boerekos die kersfees. Hierdie souserige pampoenkoekies met bruismeel resep sal nooit kan teleurstel nie!

Bestanddele

  • 2 koppies gaar pampoen, fyngedruk
  • 1 teelepel vanielje-ekstrak
  • 1 geklitste eier
  • 1 koppie bruismeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ¼ teelepel sout
  • 1 eetlepel bruinsuiker

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Metode

Stap 1: Meng die pampoen en eier saam. Voeg die res van die bestanddele by en klits goed deur.

Stap 2: Verhit ʼn bietjie olie in ʼn pan en skep lepelsvol van die beslag in die pan om te braai. Sodra die koekies begin borrels maak, draai hulle om en braai aan die anderkant vir ʼn minuut of twee tot goudbruin.

Stap 3: Meng die suiker en kaneel om kaneelsuiker te maak. Skep lepelsvol van die karamelsous op die pampoenkoekies terwyl hulle nog warm is.

Karamelsous

  • 250 ml melk of room
  • 125 ml suiker
  • 50 g botter
  • 5 ml karamel of vanielje geursel
  • 25ml koring stysel as jy melk gaan gebruik.

Los op en kook vir vyf minute. Jy kan dit 'n bietjie dukker maak met koring stysel wat in klein bietjie water opgelos is. Kook tot verlangde dikte.

Beïndruk jou familie met hierdie absolute wenresep vir outydse souskluitjies.

Read also

Maklike souttert resep: stap-vir-stap gids heerlike souttert

READ ALSO: Souskluitjie resepte.

Pampoenkoekies is 'n tradisionele Suid Afrikaanse aptytwekker. Hulle kan gebraai word in olie of in 'n pan gaar gemaak word. Ons versier die koekies met kaneel of klapper maar hier gaan jy verder lees van die pampoenkoekies resep met karamel sous. Jy gaan in jou noppies wees met hoe maklik ons hierdie heerlike pampoen poffertjies en souserige pampoenkoekies bymekaar gaan sit. 'n Egte kreatiewe boerekos uit die boonste rakke.

Hier by Briefly.co.za is tradisionele geregte ons erns en jy sal baie maklike en heerlike resepte hier vind.

Source: Briefly News

Online view pixel