Tradisionele bobotie resep: Stap-vir-stap gids en proses

Tradisionele bobotie resep: Stap-vir-stap gids en proses

Bobotie is ‘n eg Suid-Afrikaanse gereg, bestaande uit kerriemaalvleis en speserye met ‘n eier- en melkbolaag. Daar is heelwat spekulasie oor waar die tradisionele bobotie resep sy ontstaan gehad het, maar hoe dit ookal sy, dit is in 1951 opgeneem as ‘n verteenwoordigende Suid-Afrikaanse gereg in ‘n internasionale resepteboek wat deur die Verenigde Nasies gepubliseer is. Daar is verskeie resepte vir bobotie, die een lekkerder as die ander.

Tradisionele bobotie resep
Tradisionele bobotie. Foto: facebook.com, All for women
Source: Facebook

Die gereg was al teen die 17de eeu bekend in die Kaap van Goeie hoop, toe dit gemaak is van 'n mengsel van skaap- en varkvleis. Deesdae word skaap- en beesvleis verkies. Die oorspronklike resepte het gemmer en suurlemoenskil bevat. Die ontdekking van kerrie het die resep vergemaklik, maar die basiese idee het dieselfde gebly. Oorspronklik was daar ook gebruik gemaak van rosyntjies of sultanas en deesdae word grondboontjies, blatjang en piesang gereeld gebruik. Die woord bobotie kom vermoedelik van die Indonesiese bobotok or botok - gereg gemaak van klapper, groente en soms vleis wat gekook word in die blaar van 'n piesangboom.

Read also

20 klein besigheid idees in Suid-Afrika wat werk

Geskiedenis van bobotie

Onsekerheid oor die presiese ontstaan duur voort, aangesien daar lank geglo is dat die resep van die VOC kolonies afkomstig is. Geregte wat aan die begin van die twintigste eeu nog as Boerekos bekend gestaan het, se spore lei almal na Europa en verder terug na die Romeinse en Persies-Arabiese kookkulture. Dit is moontlik dat die oorsprong by die Perse in die 6de eeu v.C. was.

Daar is ook weergawes dat dit Indonesies is en geïnspireer deur bobotok, oftewel botok en vir die eerste keer deur Javaanse slawe bekendgestel is wat in die 1600’s deur Kaapstad deur die Nederlands Oos-Indiese Kompanjie na Suid-Afrika gebring is. Die eerste bobotieresep dateer uit 1609 en is deur die jare deur die Nederlandse setlaars ontwikkel. Die vermoede is dan ook dat dit saam met Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het, aangesien die Hollanders toe reeds teen die tyd geweet hoe om kerrievleis voor te berei.

Read also

Griekwastad moorde: datum, feite, fotos, bewyse, hofsaak

Daar is selfs teen 1752 spesiaal ‘n pot daarvoor vervaardig, wat bekendgestaan het as 'n bobotijkeetel (bobotiepot). In 1752 is bobotie vermoedelik in so 'n swart pot gekook.

Tradisionele bobotie resep
Swart pot vir die kook van bobotie in 1752. Foto: pixabay.com
Source: UGC

Gewilde variasies

‘n Gewilde variasie van dié gereg onder die sowat 7 000 Boeresetlaars wat hulle aan die begin van die 20ste eeu in die Chubut-riviervallei in Argentinië gevestig het, is ‘n bobotiemengsel wat binne-in 'n groot pampoen geskep word wat dan in die oond saggebak word. Honderde resepte het oor die afgelope paar eeue die lig gesien: maklike bobotie resep, tradisionele bobotie resep, Maleise bobotie resep, knuppeldik bobotie resep en gesonde bobotie resep.

Sommige resepte vir bobotie sluit brood in, ander weer nie. Sekere het heelwat kruie, ander weer minder en word met ander bestanddele opgekikker, iets vir almal se smaak. Die kombinasie van soet en sout smake is bekend aan die Kaaps Maleis manier van kook en tipies soos in hierdie vinnige bobotie resep.

Read also

Ricus Nel - Boerepompie ft. Snotkop liedjies, lirieke

Geurige speserye met 'n kerrie-, vrugte- en suurlemoen ondertoon vir die ideale bobotie-gereg vir koue Kaapse winters.

Tradisionele bobotie resep

Tradisionele bobotie resep
Geurige speserye. Foto: unsplash.com
Source: UGC

Bestanddele

  • 1 dik sny witbrood
  • 250ml melk
  • 1 groot ui, fyn gekap
  • 25ml kookolie
  • 37,5ml suurlemoensap
  • 10ml kerriepoeier
  • 5ml suiker
  • 5ml sout
  • Knypie peper
  • 500g maalvleis
  • 2 eiers
  • 12,5ml blatjang
  • 3 vars suurlemoenblare

Metode

  1. Week die brood in melk.
Tradisionele bobotie resep
Week die brood in melk. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

2. Braai die ui in ‘n groot braaipan in olie tot ligbruin.

3. Meng die suurlemoensap, kerrie, suiker, sout en peper en roer die ui by.

4. Druk die meeste van die melk uit die brood – hou die melk.

5. Maak die brood fyn en voeg dit by die uiemengsel.

6. Voeg vleis, eier en melk (behalwe 100ml) by. Meng dit goed deur.

Tradisionele bobotie resep
Braai die maalvleis in die pan. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

7. Voeg die blatjang by en laat die mengsel ‘n rukkie kook – roer dit gereeld.

8. Verhit die oond tot 180C.

9. Gooi die vleismengsel in ‘n gesmeerde oondbak. Plaas vir ‘n paar minute in die oond.

Read also

Anneli van Rooyen: lewensmaat, operasie, siekte, liedjies

resep vir bobotie
Gooi die vleismengsel in 'n gesmeerde oondbak. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

10. Klits die oorblywende eier en 100ml melk saam. Gooi oor die bobotie.

11. Steek suurlemoenblare in die vleis (opsioneel).

12. Bak vir ‘n halfuur in die oond.

13. Gooi ‘n handvol rosyne by die vleismengsel (opsioneel).

14. Bedien op geelrys met piesangslaai.

Omdat daar soveel geurmiddels in die onderskeie resepte vir bobotie is, kan jy dit afwissel deur dit byvoorbeeld te bak met suurlemoenblare of byvoegings van rosyne en blatjang om dit 'n soet smaak te gee. Jy kan natuurlik die hoeveelheid kerrie ook na wense aanpas in jou bobotie resep om dit 'n sterker smaak te gee.

Read also

Tradisionele malvapoeding resep: stap-vir-stap gids en proses

READ ALSO: Bobotie recipe - the tastiest one ever

Op Briefly.co.za is daar heerlike bobotie resepte asook 'n verskeidenheid halaal resepte vir jou gerief. Heerlike bobotie resep wat jou sommer in 'n japtrap sal laat aansit vir 'n warm, watertandlekkeraandete.

In ons reënboogland met verskeie nasies, kulture en tale, is bobotie 'n gunsteling wat in meeste se behoeftes kan voorsien. Dit is 'n warm, sappige, smaaklike dis, ideaal vir 'n piekniek tot 'n verjaarsdagpartytjie. Die maalvleis kan ook vervang word met skaap- of beesvleis, wat dit die ideale plaaslike dis maak.

Source: Briefly News

Online view pixel