Maklike korslose melktert resep

Maklike korslose melktert resep

Hierdie outydse melktert resep is 'n wel bekende Afrikaner gereg. Vuur jou kultuur die kersfees en bederf jou en jou familie se smaakknoppies met ons vinnige en heerlike korslose melktert resep. Ons leer ook verder van die yskas melktert resep wat jou baie tyd gaan spaar sodat jy verder kan kuier saam met jou mense. Ek verwys julle ook na die sjokolade melktert resep.

Yskas melktert resep. Sjokolade melktert resep. Outydse melktert resep. Ongebakte melktert resep. Mikrogolf melktert resep. Melktert resep sonder kors. Maklike korslose melktert resep.
Maklike korslose melktert resep. Foto: gifs.com
Source: UGC

Ons ongebakte melktert resep is 'n eg Suid-Afrikaanse gereg wat koud bedien word. Die verhouding van melk tot eier is hoër as in ander tradisionele vla terte. Die maklike melktert resep het 'n ligte tekstuur en 'n sterk melksmaak. Te heerlik saam met die bure!

Hier by Briefly.co.za is maklike tradisionele boerekos ons erns. Ons bring vir julle net die beste en maklikste resepte. Lees hier verder vir ‘n maklike melkkos resep: met pasta of met kondensmelk in die mikrogolf. Dit is lip-lek lekker!

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Melktert resep sonder kors

Die melktert of ‘milk tart’ is ‘n klassieke Afrikaanse nagereg wat ontstaan het in die laaste helfte van die 17de eeu deur die Duitse setlaars in Suid Afrika. Te danke aan die aromatiese kaneel wat in gebring is van Suid-Oos Asia na Kaapstad en die vars plaaslike suiwel produkte, het dié gewilde tradisionele poeding een van Suid Afrika se mees geliefste geregte geword.

Bestanddele

  • 1 liter melk
  • 2 tee lepels vanilje geursel
  • 1 eet lepel margarien
  • 1 koppie suiker
  • ‘n Knypie sout

Metode

Stap 1: Bring die bogenoemde bestanddele tot kookpunt. Vat dan die volgende bestanddele en meng mooi.

  • 3 eetlepels maizena
  • 3 eetlepels meel
  • 3 eiergele. Hou eierwitte apart

Stap 2: Gooi bogenoemde by gekookte melk. Roer die mengsel vinnig tot dit dik is en draai die plaat stadig af.

Stap 3: Klits 3 eierwitte tot styf en voeg by mengsel. Dit maak dit vulsel lig en romerig.

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Stap 4: Voeg melktert vulsel stadig in ‘n kook bak en sprinkel kaneel oor die oppervlak.

Stap 5: Sit in 'n yskas om te stol.

Maklike korslose melktert resep. Yskas melktert resep. Sjokolade melktert resep. Outydse melktert resep. Ongebakte melktert resep. Mikrogolf melktert resep. Melktert resep sonder kors. Melktert resep met kondensmelk. Maklike korslose melktert resep.
Lip-lek lekker. Foto: Huiskos se resepte
Source: Facebook

Mikrogolf Melktert resep

Die dag wat ek oud genoeg was om 'n oond en stoof op my eie te bedryf, het ek ouma dadelik op die landlyn gekry vir haar kook geheime. Van die heel eerste keer wat ek ‘n melktert gebak het, het ek hierdie resep gebruik en ek bak hom nogsteeds tot vandag. Ons is baie lief vir melktert en al moet ek dit nou self sê is die melktert regtig vir my die lekkerste. Vandag deel ek die wenresep met julle en ek hoop dat julle hom net so baie sal geniet soos ons. Hierdie resep maak jy lekker vinnig en is altyd ‘n sukses.

Bestanddele

  • 1,5 liter melk
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 175ml vlapoeier
  • 2 eiers
  • 5ml vanielje geursel
  • Tennisbeskuitjies
  • Kaneel

Read also

Maklike souttert resep: stap-vir-stap gids heerlike souttert

Metode

Stap 1: Plaas tennisbeskuitjies onder in ‘n tertbak.

Stap 2: Voeg die melk en kondensmelk in ‘n 3L mikrogolfbak, verhit saam tot lou.

Stap 3: Neem 250ml van die kondensmelk-melk mengsel, en laat die res van die mengsel kookpunt bereik. Voeg die eiers en vlapoeier by die 250ml melk. Meng goed. Voeg by die kondensmelk-melk mengsel sodra dit kook.

Stap 4: Voeg vaneljegeursel by. Plaas dit terug in die mikrogolf tot dit weer kook tot dik. Roer kort-kort om klonte te voorkom.

Stap 5: Gooi mengsel oor tennisbeskuitjies sodra die mengsel lekker dik is. Mens kan dit ook in lagies pak met die tennisbeskuitjies.

Stap 6: Strooi kaneelpoeier bo-oor. Laat afkoel en bedien.

Maklike korslose melktert resep. Yskas melktert resep. Sjokolade melktert resep. Outydse melktert resep. Ongebakte melktert resep. Mikrogolf melktert resep. Melktert resep sonder kors. Melktert resep met kondensmelk.
Maklike korslose melktert resep. Foto: gifs.com
Source: UGC

Jy sal melkterte vind in elke skool bazaar en elke tuisnywerheid se rakke is vol van hulle. Elke ma, ouma, sussie en tannie het hulle eie geheime resep.

'n Ander welbekende poeding is sago. Dit is ‘n stysel uitreksel van die sponserige of pittige deel van verskillende tropiese palm stamme. Sago poeding is ‘n soet poeding wat gekook is in water of melk. Dit word gemaak in baie kulture in wisselende style en word geproduseer in ‘n verkskeidenheid van maniere. Lees hier verder vir maklike en kreatiewe Suid-Afrikaanse boerekos. In hierdie artikel leer jy van die sago poeding met meringue asook die gebakte en ongebakte sago poeding wenresepte. Die mikrogolf sago poeding is baie maklik en vinnig.

Read also

Sterretekens persoonlikhede: Eienskappe van die sterretekens

READ ALSO: Sago poeding met meringue.

Hier by Briefly.co.za is ons trots Suid-Afrikaans en ons tradisionele melktert resep is maklik, vinnig en liplekker. Maak seker jy teken hier in om ons daaglikse bywerkings te geniet.

Source: Briefly News

Online view pixel