Pampoen koekies resep

Pampoen koekies resep

Pampoenkoekies is ‘n wonderlike kombinasie van geure en ‘n smelt-in-die-mond, uiters bekostigbare alleenkos of ideale bykos. Hierdie eg tradisionele Suid-Afrikaanse koekie kan bedien word vir ontbyt, as bykos of as heerlike nagereg afhangende hoe en met watter speserye dit voorberei word. Met pampoen koekies resepte te kies en te keur, is daar iets wat almal se smaak sal geval.

Pampoenkoekies resep
Tradisionele pampoenkoekies. Foto: Fatima Sydow Cooks
Source: Facebook

Net soos koeksisters, is pampoenkoekies een van die mees tradisionele resepte van Suid-Afrika. Dit word voorberei met stukke pampoen wat gekombineer word in ‘n beslag met heerlike speserye en diepgebraai word. ‘n Ander weergawe is Peruaanse picarones wat voorberei word met ‘n meer deegagtige beslag en in ringe gevorm en gediepbraai word. Pampoenkoekies word meestal soet voorgesit met kaneelsuiker of met stroop.

Pampoene op die plaashuis se dak

Pampoen koekies resep
Pampoene - bekostigbare lekkerny. Foto: pexels.com
Source: UGC

Pampoene kom oral in Suid-Afrika voor en die prentjie met ‘n plaashuis en ‘n pampoen op die dak wat ryp word in die son, is alombekend. Dit word ook in sonnige, veral droë streke geplant en kan regdeur die jaar gesaai word, dus is dit ter alle tye beskikbaar en ‘n maklike, bekostigbare en geurige bykos. Dit kan ‘n paar weke in die spens gehou word, so is meestal byderhand. Boonop is dit in ‘n japtrap gaar en kan op soveel smaaklike maniere gekook en voorberei word.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Tradisioneel of bietjie anders

Gepuree, gerasper, fyngedruk of in blokkies gesny – dit is maar ‘n paar van die maniere waarop pampoen gebruik kan word vir die maak van pampoenkoekies. Vars pampoen is ideaal vir dié soetkoekie.

Die algemeenste bestanddele vir die maak van pampoenkoekies tesame met die pampoen is meelblom, bakpoeier, eiers en speserye, veral kaneel. Dit is bepalend van die smaak van die koekie. Kaneel, naeltjies en suiker word gebruik vir die maak van soet pampoenkoekies en kerrie, swart peper, koljander en jalapeños kan gebruik word as alternatief. Pampoenkoekies kan ook rosyntjies, okkerneute, melk of lemoenskil bevat.

Maklike pampoenkoekie resep

Daar is verskeie maklike pampoenkoekies resepte, soos pampoen koekies met karamel sous, pampoen koekies met butternut, pampoen koekies sonder meel, souserige pampoen koekies en resepte vir pampoen koekies sous. Pampoenkoekies word gemaak deur die bestanddele deeglik te meng.

Die beslag word daarna lepel vir lepel in warm olie gedrup en gebraai. Sonneblom en kanola olie is algemeen in die maak van pampoenkoekies weens hul neutrale smaak waartydens die gaarmaakproses nie die smaak van die koekie sal beïnvloed nie. Die olie moet baie warm wees voordat die eerste lepel beslag ingeskep word. Die koekie word heeltemal onderdompel tydens die kookproses.

Read also

Wie is Burre Burger? Droogtehulp, bedrog, Facebook

Die eindresultaat is ‘n pragtige, goudkleurige koekie wat bedruip kan word met stroop, suiker en kaneel. Die voorbereidingstyd is 25 minute en die kooktyd ‘n verdere 20 minute.

Watertandlekker tradisionele pampoen koekies resep
Kry al die bestanddele gereed en sny die pampoen in blokkies. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Bestanddele vir maklike pampoen koekies

  • 450g geskilde pampoenblokkies
  • ‘n Knypie suiker en sout
  • 60g meelblom
  • 5ml bakpoeier
  • 2 eiers
  • Melk (opsioneel)
  • 45ml sonneblomolie
  • 45ml botter

Kaneelsuiker

  • 100g suiker
  • 5ml kaneel

Metode

  1. Stoom die pampoen in warm water in ‘n groentestomer of pot met die knypie suiker en sout tot net gaar.
  2. Puree die pampoen en meng dit tesame met die meelblom, bakpoeier en eiers saam om ‘n lopende beslag te vorm.
Pampoen koekies resep
Puree die pampoen voordat al die bestanddele saamgemeng word. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

3. Gooi ‘n klein bietjie melk by indien die beslag te styf is.

4. Verhit die olie en botter in ‘n dikboompan.

5. Braai lepelsvol van die beslag in die warm olie.

Watertandlekker tradisionele pampoen koekies resep
Braai lepelsvol van die beslag in vlak olie tot goudbruin. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

6. Sit die pampoenkoekies op handdoekpapier neer om alle olie te absorber.

7. Meng die suiker en kaneel en besprinkel die pampoenkoekies daarmee.

Read also

Griekwastad moorde: datum, feite, fotos, bewyse, hofsaak

8. Bedien saam met ete of net so op hul eie.

Pampoenkoekies met karamelsous

souserige pampoenkoekies
Pampoenkoekies met karamelsous. Foto: Meet on Milner
Source: Facebook

Heerlike pampoenkoekies met karamelsous - die ideale nagereg.

Bestanddele

  • 500 ml olie
  • 600 ml gaar pampoen
  • 125 ml bruismeel
  • 3 ml sout
  • 5 ml kaneel
  • 25 ml suiker
  • 1 ekstra groot eier geklits in 50 ml melk

Karamelsous

  • 250 ml room
  • 125 ml suiker
  • 50 g botter
  • 5 ml karamel geursel
  • sout

Metode

  1. Klits alles saam en bak lepels vol tot gaar.
  2. Dreineer die pampoen koekies en hou warm.
  3. Los die suiker op in die ander bestanddele en kook vir 5 minute terwyl aanhoudend geroer word.
  4. Laat bietjie af koel om te verdik.
  5. Skep die karamel sous oor pampoenkoekies.

Hierdie bekostig en maklik bekombare vrug is die ideale bykos - hetsy by 'n heerlike, warm, maaltyd of as nagereg waar dit saam met karamelsous, stroop, heuning en/of room of roomys voorgesit kan word. Met soveel variasies van pampoen koekies resepte, kan jy na hartelus eksperimenteer.

Read also

Ricus Nel - Boerepompie ft. Snotkop liedjies, lirieke

READ ALSO: How to make the tastiest butternut fritters in South Africa

Boonop is daar op Briefly.co.za 'n heerlike botterpampoenresep om jou stap-vir-stap te wys hoe om pampoenkoekies maklik voor te berei met hierdie ietwat anders knoffel en oondgeroosterde botterpampoen resep. Daar is ook gestoomde pampoenkoekies, waar pampoen vooraf eers gaargestoom word en daarna in die beslag gebruik word.

Source: Briefly News

Online view pixel