Tradisionele malvapoeding resep: stap-vir-stap gids en proses

Tradisionele malvapoeding resep: stap-vir-stap gids en proses

Malvapoeding is ‘n Kaaps-Hollandse dis en eg Afrikaans. Dié beroemde poeding en nageregwyn is tradisioneel bedien na ‘n maaltyd om die Kaaps-Hollandse tafels. Dit kan ook met brandewyn gemaak word en staan dan bekend as brandewyntert of Tipsy tart. Dit word gewoonlik aangetref op meeste spyskaarte van Suid Afrikaanse restaurante.

Tradisionele malvapoeding resep: stap-vir-stap gids en proses
Eg Suid-Afrikaanse nagereg, malvapoeding. Foto: getty.com
Source: Getty Images

Dié gebakte nagereg kry sy naam van Malvasia wyn van Madeira. Die nagereg en dessertwyn word gewoonlik saam bedien na die hoofgereg. Malvapoeding word gewoonlik warm bedien met vla en/of roomys. Dit word gemaak van appelkooskonfyt en het ‘n sponserige, karameliserende tekstuur.

Die misterie van Suid-Afrika se mees geliefde gebakte nagereg

Dit blyk of die eerste verwysing na malvapoeding voorkom in ’n 1912-resepteboekie deur mev. P.W. de Klerk. In die 1924 – Suid-Afrikaanse kookkuns vereenvoudigd – is daar ook malvapoeding, maar dit bevat geen sjerrie, brandewyn, wyn of appelkooskonfyt nie. Daar is ook geen spoor van roos-pelargonium (“malva”) as geurmiddel nie en die sous word apart bedien.

Read also

Sterretekens persoonlikhede: Eienskappe van die sterretekens

Die groot Boerekosboek (2012) deur Dine van Zyl, verklaar die malva-naam aan die hand van “malvesy”, ’n gewilde, geurige, gefortifiseerde soetwyn van die Middeleeue. Dit is as bestanddeel in ’n poedingsous gebruik.

Tradisionele malvapoeding resep: stap-vir-stap gids en proses
Tradisionele malvapoeding met vla. Foto: gettyimages.com
Source: Getty Images

Rose was algemeen gebruik in geregte, maar omdat nie alle Kaapse kokke toegang tot rose gehad het nie, het hulle die welriekende blare van die Kaapse roos-pelargonium (verkeerdelik na die Europese malva genoem) ingespan.

Interessante variasies

Met baie unieke byvoegings kan dit verskillende variasies gee, bv gemmer (Jan Ellispoeding), appelkooskonfyt (Malvapoeding), brandewyn (Brandewynpoeding), dadels (Tipsy tert) asook 'n Amarula malvapoeding. Brandewyn kan met soetwyn of sjerrie vervang of weggelaat word. Daar kan selfs rooibostee by die tradisionele sous gevoeg om dit nog meer Suid-Afrikaans te maak. Resepte vir dié ryk gebak sluit in maklike malva poeding resep, resep vir malva poeding, maklike malva poeding resep sonder room, malva poeding resep met ideal melk, tradisionele malvapoeding resep, grootmaat malvapoeding resep, pasella malvapoeding resep, mikrogolf malvapoeding asook 'n sjokolade malvapoeding.

Read also

Wie is Burre Burger? Droogtehulp, bedrog, Facebook

Tradisionele malvapoeding resep: stap-vir-stap gids en proses
Die beroemde poeding was boonop op Oprah Winfrey se webwerf asook by voormalige president Barack Obama se staatsbanket. Foto: gettyimages.com
Source: Getty Images

Heerlike malvapoeding resep

Die poeding is “malvesypoeding” genoem en later verkort na malvapoedingb evestig dat malvesy vroeër jare ’n bekende soetwyn aan die Kaap was.

Bestanddele

  • 2 eiers
  • 180 ml (¾ k) suiker
  • 375 ml (1½ k) koekmeel, gesif
  • 7,5 ml (1½ t) bakpoeier
  • 7,5 ml (1½ t) koeksoda
  • knippie sout
  • 40 ml fyn appelkooskonfyt
  • 45 ml (3 e) asyn
  • 180 ml (¾ k) melk

Rendil se rooibostee-en-brandewynsous

  • 375 ml (1½ k) melk
  • 180 ml (¾ k) suiker
  • 170 g botter
  • 90 ml hanepoot-brandewyn
  • 90 ml sterk rooibostee
  • 15 ml (1 e) vanieljegeursel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak.
  2. Klits die eiers en die suiker saam tot lig en skuimerig. Voeg die meel, bakpoeier, koeksoda, sout, appelkooskonfyt en asyn by en meng dit goed deur.
Tradisionele malvapoeding resep: stap-vir-stap gids en proses
Gooi die eiermengsel by en meng goed deur. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

3. Voeg die melk by en klits tot die mengsel glad is.

4. Giet die mengsel in die voorbereide oondvaste bak.

Read also

Griekwastad moorde: datum, feite, fotos, bewyse, hofsaak

Tradisionele malvapoeding resep: stap-vir-stap gids en proses
Giet die mengsel in 'n voorbereide oondvaste bak. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

5. Bak 35 tot 40 minute lank tot gaar.

Rooibostee-en-brandewynsous

  1. Verhit al die sousbestanddele saam en kook vyf minute lank.
Tradisionele malvapoeding resep: stap-vir-stap gids en proses
Verhit al die sousbestanddele saam ek kook vir vyf minute lank. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

2. Giet die warm sous oor die warm poeding.

3. Bedien warm met room of roomys.

Alhoewel Malvapoeding een van die gewildste gebakte nageregte is, is dié beroemde poeding boonop op Oprah Winfrey se webwerf asook by voormalige president Barack Obama se staatsbanket. Met die lekker alternatiewe byvoegings soos neute, room, brandewyn en rooibostee, is dit 'n gereg wat nooit vervelig sal wees nie en altyd aangepas kan word met 'n paar nuwe bestanddele.

READ ALSO: Easy Malva pudding recipe with ideal milk

Boonop is daar op Briefly.co.za 'n paar heerlike malvapoeding resepte soos malvapoeding met ideal melk. Dit is 'n baie ryk en soet nagereg, so dit werk ideaal met room of roomys net om die ergste soet te breek. Vla is natuurlik ook 'n opsie. Dié eenvoudige stap-vir-stap-resep met ideal melk sal selfs die soetste soettand se soetlus vir 'n wyle blus.

Read also

Ricus Nel - Boerepompie ft. Snotkop liedjies, lirieke

Source: Briefly News

Online view pixel