Willie Esterhuizen: films en tv-programme, wys, kinders

Willie Esterhuizen: films en tv-programme, wys, kinders

Willie Esterhuizen het ‘n resumé langer as die meeste mense se arms. Dié geliefde en gewilde grapjas vermaak ons al etlike jare, inteendeel al vanaf 1989. Nie net is hy ‘n akteur nie, maar ook ‘n draaiboekskrywer en regisseur wat verskeie films agter sy naam het. Willie en Pieter Esterhuizen, sy broer, is ook 'n bekende in vermaaklikheidskringe in Suid-Afrika. Sy eerste vrou, Glen is oorlede, maar hy is gelukkig getroud met sy tweede vrou, Ilze.

Willie Esterhuizen
Willie Esterhuizen, geliefde grapjas en regisseur. Foto: Willie Esterhuizen
Source: Twitter

In 2010, het sy vrou, Glen, haar styd teen kanker verloor. Hy het nuwe liefde gevind in die arms van Ilze Peinke met wie hy einde 2012 in die huwelik getree het.

Willie Esterhuizen profiel

  • Regte naam: Willie Esterhuizen
  • Geboortedatum: 1 Januarie 1955
  • Willie Esterhuizen ouderdom: 66
  • Tale: Afrikaans, Engels
  • Willie Esterhuizen studies: Esterhuizen het vir drie jaar dansopleiding aan die Universiteit van Kaapstad ontvang, waarna hy twee jaar drama aan die Arts Educational Schools van Londen studeer het. Twee jaar nadat hy 'n lid van KRUIK geword het, verhuis hy na Johannesburg om televisiewerk te doen.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Willie Esterhuizen films en tv-programme

Alhoewel Esterhuizen dansopleiding aan die Universiteit van Kaapstad ontvang het en daarna twee jaar drama studeer het, fokus Willie Esterhuizen op films en tv-programme. As akteur, skop hy af al in 1979 in Wat Jy Saai. Ander bekende Willie Esterhuizen films en tv-programme sluit in Koöperasiestories, Vetkoekpaleis, Vaatjie sien sy gat, Stoute Boudjies, Molly en Wors die Movie, Faan se trein en meer onlangs 'n Paw-Paw vir my Darling.

Willie Esterhuizen film
Een van Willie se gewildste films, Faan se Trein. Foto: Willie Esterhuizen
Source: Twitter

As regisseur vervaardig hy onder meer Orkney Snork Nie, Begeertes, Poena is Koning, Molly en Wors en Vir Beter of Baie Beter. Hy is ook die skrywer van dié films en reekse.

Hy het onderskeie toekennings ontvang deur die jare vir Beste Akteur, Beste teksskrywer en Beste Komedie-produksie. Willie en sy broer, Pieter, deel ook bekendheid in die vermaaklikheidswêreld.

Willie Esterhuizen wys
Willie Esterhuizen as Faan in Faan se Trein. Foto: Willie Esterhuizen
Source: Twitter

Sy broer en vennoot, Pieter, is ook ‘n regisseur. Sy seun Toby en dogters Teya en Telulla is ook betrokke in die industrie. Willie Esterhuizen netto waarde is ongeveer R4.6 miljoen.

Read also

Top rykste mense in Suid-Afrika; besigheid, musiek en politici

Willie Esterhuizen vrou

Ná die dood van Willie se eerste vrou, is hy getroud met sy tweede vrou, Ilze. Sy eerste vrou, Glen, het in 2010 die stryd verloor teen slukdermkanker en Willie het nooit gedink dat hy ooit weer sal trou nie. Hulle was immers 31 jaar getroud! Glen, wat dertig jaar lank ‘n ballerina was, is in 2006 met slukdermkanker gediagnoseer en die kanker het na haar longe versprei. Wille Esterhuizen het drie kinders, Toby, Teya en Telulla.

Willie onthou dit was 'n ongelooflike moeilike tyd in sy lewe en die idee van 'n nuwe liefde was baie ver op die horison. Sy seun, Toby en dogters Teya en Telulla is werksaam in die vermaaklikheidswêreld. In dié moeilike tyd ná Glenda se afsterwe was Willie innig dankbaar vir sy werk en dat hy mense kan laat lag vir ‘n lewe. Hy het baie lank gewroeg om sy gevoelens oor Glen se dood te verwerk, het besluit om weer sy hart oop te maak.

Read also

Sterretekens persoonlikhede: Eienskappe van die sterretekens

Toe hy Ilze ontmoet het, was dit liefde met die eerste oogopslag. Sy seun, Toby, het hulle aanmekaar voorgestel. Hulle is in Desember 2012 getroud.

willie esterhuizen tweede vrou
Willie en Ilze op hul troudag Desember 2012. Foto: Lizz Meiring
Source: Facebook

Met sy eerste huwelik van 31 jaar, het hy baie geleer en is baie dankbaar daarvoor. Hy is ook versigtig om nie weer dieselfde foute te herhaal nie. Dit is belangrik om die klein dingetjies te laat gaan en eerder te lag en mooi herinneringe saam te bou.

Willie en Ilze het ‘n doodgewone lewe saam en dis juis die genot van die klein dingetjies wat dit so lekker maak. Hulle gaan stap graag met hul honde, kyk flieks en teaterstukke en kook graag saam.

Willie en Pieter Esterhuizen

Willie sien die glas altyd halfvol en sien die positiewe en glo mens moet die goed in alles kan raaksien en humor is die manier om dit te doen. Dié gewoonte het hom al deur baie moeilike tye gedra en dit is boonop 'n bonus om die kykers so te help ontspan.

Read also

Stian Bam: ouderdom, vennoot, liefde, vrou

Hy sê as hy ‘n paar mense se bekommernisse vir ‘n halfuur kan laat verdwyn, doen hy iets positief. Werk red jou, dit bring jou terug na die werklikheid. Wanneer jou werk jou gelukkig maak, maak dit ander mense ook gelukkig en dit is ‘n voorreg.

Willie en Pieter Esterhuizen
Pieter en Willie Esterhuizen. Foto: Heidi Bothma du Toit
Source: Facebook

Willie se werk is vir hom soos ‘n stokperdjie. Dit is noodsaaklik om iets te doen wat jou interesseer. Hy sê hy is baie bevoorreg, want sy werk voel geensins vir hom soos werk nie. Boonop is sy kollegas soos familie en sy familie ook sy kollegas.

Oppad na vier dekades, is Willie Esterhuizen Produksies steeds familie-gedrewe, alhoewel daar ander mense van buite aangestel is. Hulle is almal saam betrokke by byna elke aspek van die onderneming – van skryf, regie, toneelspel, kamerawerk, redigering en meng. Dit is vir Willie belangrik om te weet wat in alle afdelings aangaan, so bly jy by en leer altyd iets nuuts. Lesse wat baie waardevol raak deur die jare

Read also

Top 10 gewildste honde rasse in Suid-Afrika

READ ALSO: Jana Cilliers: ouderdom, kinders, man, ouers, tv programme, films

'n Jaar gelede het Briefly.co.za meer oor Jana Cilliers se persoonlike lewe asook roemryke loopbaan as uitstaande aktrise vertel. Dié gewilde en geliefde aktrise is ma van Leon Bearing en Lika Berning, wat op sigself ook 'n immergewilde aktrise is.

Jana was voorheen getroud met die bekende akteur en vervaardiger Regardt van den Bergh. Haar roemryke loopbaan strek al oor 'n allemintige vier dekades en die einde is niet in sig.

Source: Briefly News

Online view pixel