Anneli van Rooyen: siekte, operasie, liedjies, nuwe album

Anneli van Rooyen: siekte, operasie, liedjies, nuwe album

Anneli van Rooyen is een van Suid-Afrika se immergewilde sangeresse. Die afgelope paar jaar was wel nie die maklikste nie nadat sy in 2004 met ‘n a-tipiese trigeminale neuralgie gediagnoseer is. Haar eerste album ná haar diagnose, Nogtans Sal Ek Sing, het in 2015 die lig gesien en spog met 17 snitte.

Anneli van rooyen
Anneli van Rooyen, immergewilde Suid-Afrikaanse sangeres. Foto: Anneli van Rooyen
Source: Facebook

Anneli van Rooyen is ‘n gerespekteerde sangeres wat al vanaf 1979 gehore bekoor met haar unieke stem en gewilde liedjies. In 1979 is sy as algehele wenner van die ATKV se Crescendo aangewys en het sodoende die musiektoneel betree om een van ons legendes te word. Sy is betrokke by die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse musiek en het wyd getoer voordat siekte haar drome gekelder het die afgelope paar jaar.

Anneli van Rooyen profiel

  • Geboortedatum: 25 Februarie 1961
  • Plek van geboorte: Pretoria
  • Beroep: Sangeres
  • Instrumente: Stem

Anneli van Rooyen siekte

Van Rooyen ly aan trigeminale neuralgie, 'n toestand wat ernstige pyn aan die regterkant van haar gesig veroorsaak. Met die diagnose was sy seker sy sou nooit weer kon sing nie, nie omdat daar iets fout was met haar stemband nie, maar bloot om te sing deur so ‘n pynlike mond het dit basies onmoontlik gemaak om te kon sing.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Anneli van Rooyen se siekte was 'n verpletterende ervaring. Om te sing is immers haar loopbaan, haar liefde en hele lewe. Oornag het alles skielik verander wat sy beplan, oor gedroom en voor gehoop het. Natuurlik was die finansiële implikasies ook 'n faktor om mee te reken. Baie dae is werklik moeilik, maar Anneli bly blymoedig.

Tydens ‘n chirurgiese prosedure wat Anneli in 2007 ondergaan het om pyn in haar wang te verlig, is daar boonop senuweeskade veroorsaak wat onomkeerbaar is. Haar regter kaakgewrig is in die prosedure ontwrig en haar trigeminale gesigsenuwee is beskadig. Dit het erge pyn veroorsaak asook dat sy nie behoorlik kon eet of praat nie.

Anneli van Rooyen operasie

Dr Pieter Slabert, haar chirurg, het in 2012 onderskeidelik twee suksesvolle operasies uitgevoer: ‘n neurostimulator is in haar brein ingeplant en die kragbron daarvoor is in haar borskas geplant.

Die feit dat daar geen moontlikheid op herstel is nie, was ‘n harde slag vir dié sangeres, bekend vir treffers soos “Ek lewe” en “Neem my op Vlerke”. Sy vertel dat in 2014 was dit duidelik dat sy vir altyd hiermee sou moes saamleef, tensy ‘n wonderwerk gebeur wat dit kon verander.

Read also

20 klein besigheid idees in Suid-Afrika wat werk

Ondanks die voortdurende pyn wat Anneli ervaar, bly sy blymoedig en is dankbaar dat sy steeds in staat is vir wat sy steeds kan doen, soos om soms op te tree en vir die onskatbare waarde van mense wat haar aanhou ondersteun.

Anneli van Rooyen liedjies

Die keuse vir haar om weer te sing was een uit genade. Sy ervaar om te sing as ‘n geloofsprong en ná sewe jaar van stomheid, was dit ‘n deurslaggewende gebeurtenis om aan te gaan en weer te sing.

Anneli van Rooyen liedjies
Nogtans Sal Ek Sing, Anneli van Rooyen se mees onlangse album. Foto: Anneli van Rooyen
Source: Facebook

Met baie pyn en ‘n gekners van tande, het Anneli van Rooyen in 2014 ‘n CD, Nogtans Sal Ek Sing opgeneem, haar eerste in agt jaar. Die ervaring om weer agter die mikrofoon in te skuif beskryf Anneli as blote genade. Alhoewel die opnames teen ‘n stadiger tempo plaasgevind, kon sy haar sestiende album opneem, haar eerste in byna ‘n dekade. Dit was in 2015 op die winkelrakke beskikbaar.

Read also

Sterretekens persoonlikhede: Eienskappe van die sterretekens

Sy vertel die baie persoonlike titel van die album verduidelik alles. Ons leef te midde van ongelooflike uitdagings en soms ook onhanteerbare skade, trauma of pyn. Baie mense, nie net sy nie, ervaar, leef en worstel in baie moeilik omstandighede, maar haar keuse is om te glo en dit het Jesus se genade tot binne-in haar siel gebring. Daar is ‘n ander kragbron wat eindelose hoop waarborg.

Een van die liedjies, Ek Glo, se musiekvideo is by die Monte de Dios Wedding Venue, in Zwawelpoort geskiet. Anneli was die enigste karakter in die video en dit was ‘n moeilike ervaring omdat haar gesondheid voortdurens onder druk is. Dié dag was haar pynvlakke veelvoudig en sy moes goed gefokus bly om haar energie te behou.

Om die kans te waag om weer 'n album op te neem is beloon toe Nogtans Sal Ek Sing in 2015 beloon is met die Huisgenoot Temple Toekenning vir Beste Geestelike Album.

Read also

Top 10 gewildste honde rasse in Suid-Afrika

Anneli van Rooyen liedjies
Anneli van Rooyen. Foto: Anneli van Rooyen
Source: Facebook

Alhoewel die operasie wat byna haar loopbaan beïndig het, haar drome verpletter het en veroorsaak het dat sy vir sewe jaar nie kon sing nie, het sy met God se genade oorleef en is weer terug op haar voete. Die titelsnit, Nogans sal ek sing, verwoord dié pynlike en lewensveranderende gebeurtenis en hoe ons almal weer kan hoop vind om uit te styg bo moeilike omstandighede. Haar doelwit was om met mense te deel dat ons kan voortvaar op ons lewensbootjie solank as wat ons vertroue het in Jesus, wat ons kan red uit ons laagtepunte.

LEES OOK: Nianell is ná drie dekades steeds een van Suid-Afrika se liefling-sangeresse.

Briefly.co.za het verlede jaar vertel dat al het Nianell bekendheid ververf met haar treffer in 2002, Who painted the moon black, was dit maar die begin van groot dinge vir die gewilde sangeres. Alhoewel die brunet 'n Namibiër is, is sy al vir baie jare woonagtig in Suid-Afrika en een van die gewildste sangeresse by optredes.

Read also

Wie is Burre Burger? Droogtehulp, bedrog, Facebook

Sy is ma van 'n drielingdogters en haar suster, Riana, is net so geliefd en bekend. Behalwe vir haar eie albumvrystellings, het sy al verskeie liedjies saam met ander kunstenaars opgeneem en 'n paar SAMA-toekennings ingeboesem.

Van haar bekendste treffers sluit in: Ek lewe, Sewe sakke sout, Neem my op vlerke, Seemeeu!, Seënbede en Eerste liefde.

Source: Briefly News

Online view pixel