Ricus Nel - Boerepompie ft. Snotkop liedjies lyrics

Ricus Nel - Boerepompie ft. Snotkop liedjies lyrics

Ricus Nel se liefde vir musiek kom al van kindsbeen af toe hy as 4-jarige seuntjie musiekinstrumente begin bespeel het. Vandag bemeester hy dertien verskillende instrumente en is een van Suid-Afrika se gewildste en veelsydigste kunstenaars. Sy nuutste album, “Pure Plaas” het in 2019 die lig gesien, met een van sy bekendste treffers, "Boerepompie", wat hy saam met Snotkop opgeneem het.

Ricus Nel sanger
Ricus Nel, gewilde en geliefde sanger. Foto: Ricus Nel
Source: Facebook

Vandag is Ricus Nel ‘n huishoudelike naam op die musiekfront en met vlytige vingers, ewe kreatief met ‘n pen en papier as met ‘n musiekinstrument, gaan sy talent vir lank nog van krag tot krag gaan. Dié sanger met sy growwe country-rock stem vind maklik aanklank by Suid-Afrikaanse gehore en is ‘n gewilde kandidaat om duette saam met ander kunstenaars op te neem.

Ricus Nel Profiel

  • Geboortedatum: 13 Desember 1979
  • Beroep: Sanger, liedjieskrywer, musikant
  • Instrumente: Bespeel 13 verskillende instrumente
  • Genres: Country, country pop

Read also

Maklike boontjiesop resepte: vinnige geregte stap-vir-stap

Ricus Nel - Boerepompie ft. Snotkop liedjies lyrics
Ricus Nel en Snotkop met hul treffer, Boerepompie. Foto: Ricus Nel
Source: Facebook

Ricus Nel liedjies en albums

Voordat Ricus voltyds tot die musiekbedryf toegetree het, het hy by ‘n platinummyn, tabak koöperasie en ‘n musiekwinkel gewerk, maar musiek was sy roeping.

Op 4-jarige ouderdom het hy sy eerste instrument, dromme, begin bespeel - iets wat uiteindelik een van dertien instrumente sou word wat hy bemeester het. Later het hy aangesluit by sy pa se boereorkes. Hier het hy gedurende sy laerskool- en hoërskoolloopbaan gespeel en verder gewoeker met sy instrumentale- en vokale vernuf.

Ricus Nel - Boerepompie.
Ricus met sy konsertina, aka boerepompie of krismiswurm. Foto: Ricus Nel
Source: Facebook

In 2003 het hy voltyds musikant geword as lid van Dozi se orkes by Hartebeespoortdam. Vandaar het albums, opvoerings, DVD-produksies, TV-reekse, verskeie feeste soos KKNK en Innibos, asook Skouspel gevolg. Oorsese optredes in die Britanje, Australië, Kanada en die VSA het deur die jare gevolg. Een van die groot hoogtepunte van sy loopbaan was om vir die wêreldbekende Air Supply in 2014 by die Grand West Arena in Kaapstad te open tydens hul wêreldtoer.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Sy eerste solo-album, ‘Sak en pak’, in 2011 vrygestel, het goue status bereik. Dit is gevolg deur die vrystelling van ‘Sout van die aarde’ in 2013 en ‘Ricus Nel sing Don Williams en ander country legendes’ in 2014 – ‘n album wat ook binne net ‘n paar maande die goue-kerf verbygesteek het. Ouskool boerseun volg in 2016 en Pure plaas is sy nuwe CD in 2019.

Ricus Nel se nuwe CD

Ricus Nel - nuwe CD
Pure Plaas, Ricus Nel se nuutse CD. Foto: Ricus Nel
Source: Facebook

Sy nuwe CD spog met country-, boeremusiek en rocksnitte en spog ook met die treffer, Boerepompie, wat hy saam met Snotkop opgeneem het. Daar is 11 ander snitte op die nuwe CD. Boerepompie, ook bekend as ‘n krismis wurm of konsertina, is een van die gewildste liedjies en dié goedvoeltreffer is aangewys as Liedjie van die jaar by die Bokkie toekennings in Kaapstad. Daar is verskeie remixes van Boerepompie opgeneem wat veral die jonger generasie se voete laat jeuk.

Read also

Top rykste mense in Suid-Afrika; besigheid, musiek en politici

Boerepompie - Ricus Nel & Snotkop
Ricus Nel en Snotkop met hul treffer, Boerepompie, wat in 2019 as Liedjie van die jaar aangewys is. Foto: Snotkop
Source: Facebook

Boerepompie lirieke

[Vers 1]

Hier op my stoep, raak dinge pure plaas

Die honde wat huil, die konsertina wat raas, da's hy

Hey Ricci, da's lekker dinge daar buite

Soos daai dames met die kuite

Ek het alles wat ek wil hê

Met my vroutjie wat langs my lê

Maar in die pubs en clubs, is waar die aksie wag

En op die hoek van die straat, is waar my Mustang staan

Ons dans somme in die skuur

In die stad is Brannewyn te duur

Maar die plaas is stil(maar dis lekker)

Jy moet koeie melk (maar dis lekker)

En daar's nie Uber nie (check my trekker)

Maar ek like jou konsertina

Ja, die girls like dit ook

[Koor]

Almal like van 'n boerepompie

Haal die krismis wurm uit

Almal like van 'n boerepompie

Laat die donkielong jou byt

Almal like van 'n boerepompie

In die stad of op die plaas

Read also

Griekwastad moorde: datum, feite, fotos, bewyse, hofsaak

Want 'n boerepompie gee nie om nie, is jy kort of rond nie

Jy gaan lekker dans

[Vers 2]

Hey Snotty, dis net geboue en ruite

Nou waar's daai girls met die kuite?

Nee, hulle jol eers net na tien

Dan gaan jy lekker lywe sien

Nee op die plaas slaap ek agt uur, dan's dit ligte uit

En vier uur is ek op, dan eet ek boerbeskuit

Nee, ons gaan twee uur more-oggend eers waai

En dan gaan stamp ons gou 'n garage pie (yes)

Die liggies is te veel (maar dis lekker)

Die geraas maak my mal (dis lekker)

Waar's die haan wat kraai? (hmm hy smaak lekker)

Ag man, check my konsertina

Ja, ek like hom ook

[Koor]

Almal like van 'n boerepompie

Haal die krismis wurm uit

Almal like van 'n boerepompie

Laat die donkielong jou byt

Almal like van 'n boerepompie

In die stad of op die plaas

Read also

Waarom die bohaai oor Andries Enslin?

Want 'n boerepompie gee nie om nie, is jy kort of rond nie

Jy gaan lekker dans

Whoo-hoo!

'n Bietjie trek ('n bietjie trek)

'n Bietjie stoot (en 'n bietjie stoot)

Laat die krismis wurm wikkel op jou skoot

'n Bietjie in ('n bietjie in)

'n Bietjie uit (en 'n bietjie uit)

Laat die donkielong-kelong jou lekker kry (ooh, is lekker)

Almal like van 'n boerepompie

('n Pom-pe-lom-pe-lom-pie)

Almal like van 'n boerepompie

('n Pom-pe-lom-pe-lom-pie)

Almal like van 'n boerepompie

In die stad of op die plaas

Want 'n boerepompie gee nie om nie, is jy kort of rond nie

Ricus Nel - Boerepompie ft. Snotkop.
Ricus Nel en Snotkop optrede. Foto: Ricus Nel
Source: Facebook

Dit is duidelik dat Ricus Nel ‘n baie ver pad gestap het vanaf sy eerste vrystelling in 2011 tot Pure Plaas in 2019 met die tydlose treffer, Boerepompie, wat ongetwyfeld gewild is onder oud en jonk.Ricus is getroud met die Afrikaanse sangeres, Liza Brönner.

LEES OOK: Refentse, nog een van Suid-Afrika se gewilde sangers, praat vlot Afrikaans selfs al is hy van Zulu-afkoms.

Read also

Anneli van Rooyen: lewensmaat, operasie, siekte, liedjies

Briefly.co.za het in 2018 vertel van Morake, wat 2015 as 19-jarige jongeling die musiektoneel betree en mense verras met sy perfekte Afrikaanse vertolkings, al is hy van Zulu-afkoms. Sy vertolking van De La Rey is wyd gedeel en so het mense notisie geneem van hom.

So maklik soos wat Morake Afrikaans praat, so maklik praat 'n ander Afrikaanse sanger, Dozi, weer op sy beurt Zulu. Inderdaad twee kunstenaars om dop te hou.

Boerepompie musiekvideo - Ricus Nel ft. Snotkop

Source: Briefly News

Online view pixel