Wie is Burre Burger? Droogtehulp, bedrog, Facebook

Wie is Burre Burger? Droogtehulp, bedrog, Facebook

Deur die genade van God en die vrygewigheid van die publiek gee Burre Burger en sy span tans hoop en nog baie meer aan boere en uitgehongerde diere deur voer en ander goedere af te lewer wat met donasies gekoop is. ‘Hulle moet ‘n standbeeld vir Burre Burger oprig! ‘Hy moet as ‘n Suid Afrikaanse volksheld verewig word,’ skryf die mense. Sowaar 'n storie om te vertel!

Droogtehulp burre burger. Burre burger skelm. Burre Burger verkoop skenkings. Droogtehulp bedrog. Wie is burre burger. Burre burger facebook. burre burger landcruiser. Burre burger droogtehulp bedrog. Burre burger vredendal.
Wie is Burre Burger? Fotos: B Burger (verander deur skrywer)
Source: Facebook

Die fondse wat ingesamel word, word gebruik vir die betaling van vervoer en aankoop van voeding vir familielede in droogte geteisterde gebiede orals in die Kaap. Burre se projek het R270 Miljoen waarde toevoeging tot landbou in Suid-Afrika en Namibië.

Droogtehulp met Burre Burger

Suid Afrika ervaar die ergste droogte in meer as 113 jaar en dit het ‘n groot impak op ons plaaslike boere. Dele van die Kaap provinsie en veral die Wes-Kaap word die swaarste getref omdat die damvlakke tot onder 20% kapasiteit gedaal het. Diere en mense ly honger omdat voeding nie gekweek kan word nie en daar feitlik geen natuurlike plantegroei oor is nie. Baie boere wat alles verloor het, het daarna moed opgegee en hul liefde vir die lewe verloor. Toe hoor hulle van Burre Burger en Droogtehulp.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

‘Hulle moet ‘n standbeeld vir Burre Burger oprig! ‘Hy moet as ‘n Suid Afrikaanse volksheld verewig word,’

So skryf die mense in koerante en orals op Burre Burger Facebook en ander media.

Burre, die man van staal word as ‘n held beskou deur baie mense omdat hy sedert Maart 2017 al meer as 2100 vragte gestuur het na boere in nood. Hy bring hoop en motifering aan platgeslaande boere en honger diere.

Burre Burger offer hulp

Die projek wat aanvanklik begin het in die Calvinia-distrik het baie vinnig uitgebrei na ander areas waar hulp ook noodsaaklik was. Burger organiseer en bestuur die projek wat deur die algemene publiek en ander ondernemings gefinansier word.

Wie is Burre Burger? Droogtehulp, bedrog, Facebook
Droogtehulp en baie meer. Foto: B Burger (Verander deur skrywer)
Source: Facebook

‘Dit is al lankal nie meer ‘n droogteprojek nie. Dis ‘n projek van hoop. Ons deel hoop uit,’ sé Burger.

‘Ons moet in ons boere glo en ons moet hulle help.’

Read also

20 klein besigheid idees in Suid-Afrika wat werk

Orals in die Kaap het Burger se projek al groot verskille gemaak in boerderye wat steier onder die droogte. Die versoeke stroom op ‘n daaglikse basis in van menigte mense en Burre kan eenvoudig net nie almal help nie. Baie wildvreemdelinge het hom al te nader om hulp aan te bied, gewoonlik nog voor hy gevra het daarvoor.

Wie is Burre Burger? Droogtehulp, bedrog, Facebook
Ons moet in ons boere glo en ons moet hulle help. Foto: B Burger (verander deur skrywer)
Source: Facebook

'Dit is nie elke dag lekker nie, maar voor mens emosioneel raak, gee die Here vir ons ‘n antwoord.’ sé die man. Hy het werklik belangrike stories om te vertel.

Burger Bedrog

Bitter kommentaar en persoonlike aanvalle tas Burre nie aan nie. Daar word vertel dat hy die donasies spandeer op luukse huise en motors. ‘Dit is klein dorpie sindroom, ‘n skindertong is ‘n lelike tong.’ Vertel die eienaar van Droogtehulp, Burre Burger.

‘My bakkie wat nuut is het 53,000 km op. Maak jy maar die sommetjies.’ Burre se familie en vriende sien hom min, maar hulle ondersteun sy projek en staan bankvas agter sy rug. Hy is die heeltyd op die pad en weg van sy vrou en kinders af maar vir hom is dit lekker om die boere te help.

Read also

Top rykste mense in Suid-Afrika; besigheid, musiek en politici

Burre, 'n Jack of all trades

Burger, ‘n sakeman vanuit Vredendal in die Wes-Kaap is nie net iemand met ‘n hart van goud wat ‘n ding goed kan organiseer en raakreel nie, maar hy skryf ook gedigte en maak musiek. Hy lewer motiveringspraatjies en beoog om ‘n televisieprogram te begin. Alles in samewerking met ander Suid-Afrikaanse kunstenaars om nog geld vir boere in te samel.

Wie is Burre Burger? Droogtehulp, bedrog, Facebook
'n Man wat baie vir die wéreld gee. Foto: Netwerk24
Source: UGC

Burre Burger het al meer in sy lewe bereik as wat meeste mense van kan droom en nie in 'n materialistiese manier nie. Hy het al baie meer as 'n normale mens gesien en hy het verskriklik baie wat hy vir die wéreld offer.

Hier by ons webwerf bring ons vir jou net die beste nuus. Briefly.co.za het onlangs 'n artikel gepos oor die Griekwastad moordenaar.

READ ALSO: Griekwastad moordenaar: datum, feite, fotos, bewyse

Don Steenkamp dien 'n vonnis van 20 jaar in Boksburg uit vir die moord op sy ouers, asook die moord en verkragting van Marthella, sy jonger suster. Hy kyk daarna om moontlik die saak te laat heropen en om appél aan te teken teen sy vonnis. Wanneer hy klaar sy vonnis bedien het mag hy dalk in besitting wees van die miljoene rande erfenis van sy oorlede familie.

Read also

Sterretekens persoonlikhede: Eienskappe van die sterretekens

Source: Briefly News

Online view pixel