Top 10 gewildste honde rasse in Suid-Afrika (with pictures)

Top 10 gewildste honde rasse in Suid-Afrika (with pictures)

Is jou woef in die lysie? Hierdie honde rasse is van die gewildste in Suid-Afrika. Die definisie van 'n hond volgens die internet: 'n huishoudelike karnivoriese soogdier wat tipies 'n lang snoet het, met 'n akute reuksin en 'n blaf, geil of 'n kerm stem. Die definisie volgens diereliefhebbers: man en vrou se beste vriend. Lees gerus verder vir interessante feite van top 10 bekende honde in SA.

Groot honde rasse. Klein honde soorte. Gevaarlikste honde. Kinder vriendelike honde
Brakkenjanne in Suid-Afrika. Foto: pexels.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Is jy op soek na 'n hond maar is nie seker watter ras nie? Kyk na hierdie omvattende lys van die beste honde in Suid-Afrika.

Die top 10 verskillende honde rasse

In hierdie artikel vertel ons vir jou interessante feite van die top 10 gewildste honde in SA en leer ook so paar honde maniere, siektes en dieet.

10. Boerboel

Die boerboel het in die 1800's in Suid-Afrika ontstaan. Met 'n mengsel van verskillende honderasse, het die brak die beste eienskappe van die wéreld se sterkste honde spesies.

Read also

Lekker roosterkoek resep: stap-vir-stap gids met fotos en video

Verskillende honde. Honde jare. Troeteldiere honde. Wat eet honde. Honde maniere. Honde siektes en simptome. Siektes by honde.
Boerboel, 'n bekende Suid-Afrikaanse hond. Foto: @boerboelmagazine
Source: Instagram

9. Dwergkees (Toy pom)

Dit word geklassifiseer as troeteldiere honde as gevolg van sy klein bou. Hierdie woef is van die Duitse Spitz-tipe Pomeranian afstammelinge.

Top 10 gewildste honde rasse in Suid-Afrika
Die Toy pom. Foto: pexels.com
Source: Facebook

8. Miniatuur Schnauzer

Die Miniatuur Schnauzer is 'n ras van klein honde van die Schnauzer-tipe wat in die middel tot laat 19de eeu in Duitsland ontstaan het.

Top 10 gewildste honde rasse in Suid-Afrika
Myne Schnauzer. Foto: pexels.com
Source: UGC

7. Golden Retriever

Hierdie hond is 'n medium tot groot hond wat geteel is om voëls tydens jag en skietpartytjies te haal. Die naam "retriever" verwys na die hond se vermoë om geskietde voëls onbeskadig te haal as gevolg van hul sagte mond.

Top 10 gewildste honde rasse in Suid-Afrika
Die mooi retriever. Foto: pexels.com
Source: UGC

6. Labrador

Een van die meer interessante Labrador Retriever-feite is dat hierdie honde geteel is om vissermanne by te staan wanneer hulle vis vang. Daarom het hulle daardie dubbeljas en gewebte pote wat dit vir hulle makliker maak om in enige tipe water te swem.

5. Varkhond (Bull Terrier)

Hulle is geteel om te baklei. Varkhonde het van die wêreld se mees onderskeibare gesigte. Hulle is stewig en gespierd en kom in twee variëteite: standaard en miniatuur groottes.

Read also

Maklike boontjiesop resepte: vinnige geregte stap-vir-stap

Top 10 gewildste honde rasse in Suid-Afrika
Spesiale brak. Foto: pixabay.com
Source: UGC

4. Staffie

Die Staffordshire is 'n hond wat twee dinge in die lewe nodig het - noue menslike kontak en 'n kans om te speel. Hy is te veel van 'n mensehond om die hele dag in die erf te wees en te atleties om die hele dag vasgevang te wees.

Top 10 gewildste honde rasse in Suid-Afrika
Jock of the Bushveld, Staffie. Foto: pexels.com
Source: UGC

3. Yorkshire Terrier (Yorkie)

Die Yorkshire-ras is oorspronklik in Skotland geteel en aanvanklik as rotuitwissers gebruik. Deesdae is die brakster 'n perfekte lewensgenoot.

Top 10 gewildste honde rasse in Suid-Afrika
Yorkies is geneig om te lewe vir 'n lang tyd. Foto: pexels.com
Source: UGC

2. Bulhond (Bull dog)

Het julle geweet dat meeste bulhonde nie kan swem nie? Daar word gesê dat hierdie honde gemiddelde intelligensie het maar 'n Franse bulhond wat in 1934 oorlede is, is beweer om 20 woorde korrek te verstaan en te reageer.

Top 10 gewildste honde rasse in Suid-Afrika
Waar is my vlerkies? Foto: pexels.com
Source: UGC

1. Rottweiler (Rotti)

Rottweilers het oorsprong uit Duitsland. Hierdie bielies van staal is gemaak om te beskerm en dien hierin met hulle sterk kake en byt krag waarvoor hulle bekend is.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Top 10 gewildste honde rasse in Suid-Afrika
Top 10 gewildste honde rasse in Suid-Afrika no.1 Rottweiler. Foto: pexels.com
Source: UGC

Ons lys van verskillende honde sluit in groot honde rasse en klein honde soorte, kinder vriendelike honde en ook die gevaarlikste honde.

Honde maniere, siektes en dieet

Ons wil jou help om die beste sorg vir jou hond te voorsien. Hier is inligting oor hoe jy honde siekte kan help voorkom, hoe om probleem gedrag te hanteer en om jou woef positief op te lei. Dit is uiters belangrik dat jy jou maatjie help om 'n gesonde en gelukkige lewe te lei.

Top 10 gewildste honde rasse in Suid-Afrika
Net die beste vir die wat jou beskerm. Foto: pixabay.com
Source: UGC

'n Voedsame, gebalanseerde dieet is noodsaaklik om jou hond gesond te hou. Dit is glad nie aanbeveel om vir honde sekere produkte soos druiwe, sjokolade of hoenderbene te gee nie. Hierdie produkte mag teobromien bevat wat giftig is vir honde en die hoenderbeentjies splinter wanneer die brakke die bene kou wat dalk die dikderm of kolon mag pers. Maak seker die hond het altyd vars water, genoeg aandag, en droë kospilletjies. Die droë pilletjies het al die voedingswaarde en help om die tande skoon te skrop.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Top 5 hondesorg wenke

Die gesondheid van honde is goed bestudeerd in veeartsenykundige medisyne. Aansteeklike siektes wat honde beïnvloed is belangrik, nie net vanuit 'n veeartsenykundige standpunt nie, maar ook as gevolg van die risiko vir openbare menslike gesondheid; 'n voorbeeld hiervan is hondsdolheid. Genetiese afwykings beïnvloed ook honde, dikwels as gevolg van selektiewe teling om individuele honderasse te produseer. As gevolg van die gewildheid van beide kommersiële en tuisgemaakte hondekos, is voeding ook 'n swaar bestudeerde onderwerp.

Hier is vyf honde sorg wenke wat sal help dat jy en jou maat vir nog baie jare saam gaan baljaar.

1. Kry vir jou hond 'n identifikasiemerker.

2. Praat met jou veearts of plaaslike diereskuiling oor die reëls en regulasies wat troeteldiereienaarskap behels.

3. Maak seker dat hulle op leibande is wanneer jy hulle buite die grense van 'n huis of erf neem.

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

4. Hulle is sosiale skepsels en verg aandag.

5. Net soos mense gereelde ondersoeke nodig het om gesond te bly; jou hond moet 'n jaarlikse besoek aan die veearts vir 'n deeglike ondersoek.

Spesiale Brakke in Suid-Afrika

Honde het 'n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van die menslike beskawing en was een van die eerste mak diere. Hulle was belangrik in jagter samelewings en lyfwagte teen roofdiere. Toe vee sowat 7 000 tot 9 000 jaar gelede huisgemaak is, het honde as herders en voogde vir skape, bokke en beeste gedien. Alhoewel baie nog in hierdie hoedanighede dien, word hulle vir sosiale doeleindes ook gebruik.

Top 10 gewildste honde rasse in Suid-Afrika
'Designer dog' Rocky, 'n Chow kruis Border Collie. Foto: N Marais
Source: Original

Vandag dien honde as gidse vir blindes en gestremdes of vir polisiewerk. Honde word selfs in terapie in verpleeginrigtings en hospitale gebruik om pasiënte aan te moedig om te herstel. Mense het 'n wye verskeidenheid van verskillende honde geteel om 'n verskeidenheid van funksies te dien. Dit is versterk deur verbeterings in veeartsenykundige, sorg en veeteelt.

Read also

Top 10 beste betaalde sokkerspelers in Suid-Afrika ABSA PSL

Ons het onlangs opgevolg met 'n bekende Suid-Afrikaanse diereliefhebber, Daniah de Villiers.

Read more: A look into Daniah de Villiers bio

In die 2018-rolprent, Mia en die Wit Leeu, het Daniah de Villiers die titelrol uitgebeeld. Dié familie-avontuurfilm is gerig deur Gilles de Maistre en gaan oor 'n 11-jarige Mia, wat 'n merkwaardige verhouding ontwikkel met 'n jong wit leeu wat op haar ouers se plaas in Suid-Afrika gebore is.

Source: Briefly News

Online view pixel