Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Die rede vir die appeltert resep is omdat appels voedsaam en gesond is vir mens en niks met Adam en Eva te doen het nie. Ons ken almal die slagspreuk: an apple a day keeps the doctor away. En dan natuurlik is appels ook 'n natuurlike anti-biotika wat die flora in jou maag lewendig hou. Ons appeltert resepte is goed vir jou smaak knoppies, stelsel en siel!

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)
Outydse en maklike appeltert resepte en nog baie meer. Foto: Annie Spratt, Denisa Zamfer, unsplash.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Hierdie maklike appeltert resepte sit jy in 'n japtrap bymekaar sodat jy meer tyd kan spandeer saam met jou mensies. Beïndruk jou geliefdes met ons sappige appeltert en wees gewaarsku: Jy moet bomenslike selfbeheersing vermoë hê om net een stukkie van hierdie tert te wil eet.

'n Niks snert korslose appeltert

Bak die tert eerste en gooi dan die sous oor die warm tert. Die sous trek in die deeg in terwyl dit afkoel. Ons vars appeltert resepte kan bedien word met roomys, room, vla, kaas en nog baie meer.

Read also

Lekker roosterkoek resep: stap-vir-stap gids met fotos en video

Bestanddele

  • 1 koppie suiker
  • 3 eetlepels sagte botter
  • 3 eiers
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • knippie sout
  • ¼ koppie melk
  • 1 blik ingelegde appels (of ingelegde vrugte soos verkies. Bv. perskes of kwepers)
  • Spray & Cook

Metode

  1. Voorverhit oond tot 180℃ en spuit 'n oondbak goed met Spray & Cook.
  2. Meng die botter en suiker saam en voeg die eiers by terwyl jy roer.
  3. Voeg die koekmeel, bakpoeier en sout by en hou aan met roer tot 'n loperige deeg vorm.
  4. Voeg die melk by en meng goed. Skep die beslag in die oondbak.
  5. Pak die geblikte appels bo-op die beslag.
  6. Bak vir ∓ 40 minute by 180℃.

Appeltert sous bestanddele

  • 2 koppies melk
  • ¾ koppie suiker
  • 5ml vanielje geursel

Metode: kook alles saam oor lae hitte in 'n kastrol totdat die suiker opgelos is. Hou dop sodat die melk nie oorkook nie. Gooi die sous oor sodra die tert uit die oond gehaal word dan trek die sousie lekker in die outydse appeltert.

Read also

Maklike boontjiesop resepte: vinnige geregte stap-vir-stap

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)
Briefly.co.za se niks snert appeltert. Foto: Lina Volkmann, Lewis Fhag, unsplash.com. (verander deur skrywer)
Source: UGC

WENK: Druk gaatjies met 'n mespunt in, sodat die sous kan versprei. Sprinkel met 'n klein bietjie kaneel en bedien met room, roomys of vars joghurt. Of alles saam as dit een van daai dae is.

Krummel appeltert

Resepte vir Duitse appeltert resepte gaan terug na die Middeleeue. 'n vroeë Nederlandse taal kookboek van 1514 deur Thomas van der Noot, dokumentêr 'n resep vir Appeltaerten (moderne Duitse Appeltaarten, appel pasteie of appelterte. Hier volg die outydse krummel appeltert resep:

Kors bestanddele

  • 500ml ongesifte koekmeelblom
  • 250ml suiker
  • 10ml bakpoeier
  • 2ml sout
  • 250g margarine

Vulsel

  • 1 blik onversoete tertappels fyngekap (385g)
  • 125ml suiker
  • 125ml koekmengsel droëvrugte
  • 2ml kaneel
  • 1ml fyn naeltjies
  • Knypie sout
  • 1 teelepel hoogvol vlapoeier aangemaak met bietjie water

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Sif die koekmeel, suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf dan margarine met jou vingerpunte daarrin totdat dit ‘n deeg vorm. Bedek die deeg en laat staan ‘n rukkie.
  3. Druk die helfte van die deeg teen die wand en bodem van ‘n oondvaste tertbord.
  4. Meng die tertappels, suiker, droëvrugtemengsel, kaneel, naeltjies en sout goed saam.
  5. Skep in kastrolletjie en verhit stadig.
  6. Roer die vlapoeier by die mengsel totdat dit begin verdik.
  7. Laat afkoel. Skep op die kors in die tertbord.
  8. Rasper die res van die deeg grof bo-oor.
  9. Bak die tert 20min of totdat die deeg begin verbruin.
  10. Sit louwarm of koud voor en bedien met room, roomys, joghurt of kaas.

Read also

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

Korslose appeltert met vars appels en karamel

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)
Korslose appeltert resepte. Heerlike en maklike nagereg idees. Foto: Hugo Aitken, Dilyara, unsplash.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Hier is vir jou en jou mensies 'n lekker bederfie vir die naweek. Ons maklike appeltert met karamelgeur is soet, lekker en só maklik om te maak. Die beslag is genoeg vir een tert.

Bestanddele

  • 2 ekstragroot eiers
  • 200ml (¾k) suiker
  • 80g gesmelde botter of margarien
  • 60ml (¼k) melk
  • 250ml (1 k) koekmeelblom
  • 5ml (1t) bakpoeier
  • 2 groot groen geskilde appels in skywe gesny

Sous

  • 125ml (½k) ingedampte melk
  • 60ml (¼k) suiker
  • 5ml (1t) karamelgeursel

Metode

  1. Klits die eiers en suiker saam tot romerig. Voeg die gesmelte botter en melk by.
  2. Sif die meel en bakpoeier saam en voeg by die eiermengsel.
  3. Skep die beslag in ’n gesmeerde oondvaste tertbak van 24cm. Rangskik die appelskywe bo op.
  4. Bak sowat 40 minute in ’n voorverhitte oond by 180°C.

Appeltert sous: Kook die ingedampte melk en suiker oor lae hitte terwyl aanhoudend geroer word. Verwyder van stoof en voeg die geursel by. Giet oor die warm tert. Sit die tert warm of koud voor saam met room of vla.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Onderstebo appeltert

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)
Kreatiewe boerekos op sy beste. Foto: Dilyara, Dorianny Castro (verander deur skrywer)
Source: UGC

In tien stappe sit jy hierdie kreatiewe boerekos bymekaar! Die resep lewer agt porsies.

Bestanddele

  • 300g skilferkorsdeeg
  • 6 tot 8 appels, geskil, ontpit en in kwarte gesny
  • 125 g botter
  • 375 ml ligbruinsuiker
  • 5ml kaneel
  • Skeut vars suurlemoensap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200˚C en hou ’n swaarboompan met ’n oondvaste handvatsel gereed.
  2. Rol die skilferkorsdeeg uit tot 3 mm dik en sny ’n sirkel van 30 mm groter as die bokant van die pan wat gebruik word uit die stuk deeg. Verkoel tot later.
  3. Sit die appelstukke in ’n bak suurlemoenwater om te verhinder dat dit verbruin.
  4. Smeer die botter oor die pan se bodem en sprinkel die suiker oor die botter.
  5. Verhit stadig oor 'n lae hitte tot dit begin smelt. Verwyder van hitte.
  6. Dreineer die appelkwarte baie goed en pak dit styf teen mekaar, sodat elk effens oorvleuel, in ’n mooi patroon op die suiker mengsel. Sprinkel kaneel oor.
  7. Verhit tot kookpunt en prut tot stroop ’n karamelkleur het en die appels byna sag is. Verwyder van hitte.
  8. Sit jou deegsirkel oor die appels en druk die kante daarvan effens onder die karamel in.

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Bak vir sowat 15 minute, of tot jou deeg opgepof en goudbruin is.

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)
Sappige appeltert resepte en nog baie meer. Foto: P du Preez, David Fedula (verander deur skrywer)
Source: UGC

Verwyder klaar gebakte appeltert uit oond, laat ’n rukkie afkoel en keer dan die pan om, op ’n opdienbord. Lig die pan versigtig af en sit die tert louwarm of teen kamer temperatuur voor met ’n bykos van jou keuse.

Slaan vinnig so ietsie bymekaar al mis jou stoorkas 'n paar bestanddele. Behalwe vir ons heerlik en maklike appeltert resepte het ons ook 'n maklike plaatkoekies resep sonder melk en eiers in hierdie artikel. Sprinkel met soetstroop, kaneel, kaas en nog baie meer. Left-overs vir more!

READ ALSO: Vinnige plaatkoekies resep idees: maklik, sonder eiers, sonder melk

Hier by Briefly.co.za is ons trots Suid-Afrikaans en kreatiewe boerekos is ons erns.

Ons help jou om vyf ster geregte voor te berei in helfte van die tyd. Almal smul tot sonop met ons plaatkoekies!

Read also

Maklike souttert resep: stap-vir-stap gids heerlike souttert

Source: Briefly News

Online view pixel