Maklike boontjiesop resepte: vinnige geregte stap-vir-stap

Maklike boontjiesop resepte: vinnige geregte stap-vir-stap

Boontjiesop van die ou dae! Hoe het ouma dit altyd reg gekry om 'n ete tafel te bedek met allerande verskillende eg tradisionele geregte? Met liefde! Sal my ouma sê. Maar min van ons weet hoe baie bereiding gaan in sulke koningskos. Wees gerus: Ons resepte is stap-vir-stap bymekaar gesit sodat jy vyfster geregte op die tafel kan sit in helfte van die tyd.

Boontjiesop
Maklike boontjiesop resepte, pret feite en wenke. Foto: Clean Food Crush, Damm Delicious. (verander deur skrywer)
Source: Facebook

In hierdie artikel help ons jou met die volgende resepte: outydse boontjiesop, boontjiesop in stoompot, boontjiesop met spekblokkies en allerye verskillende boontjiesop resepte en wenke.

Outydse boontjiesop

Die wêreld se hoogste boontjieplant was meer as 45 voet hoog. Ek dink dit mag dalk die een wees wat Jack geklim het na die hemele toe. Maak die heerlikste outydse boontjiesop met ons resepte.

Bestanddele

  • 500ml droë boontjies (week oornag in water)
  • 1 gekapte ui
  • 10ml olie
  • 125g opgesnyde spek
  • 3 aartappels in agtstes gesny
  • 5ml peper
  • 1 beef stock blokkie opgelos in 1l kook water
  • 2ml borrie
  • 250ml room of melk
  • 10ml asyn of suurlemoensap

Read also

Lekker roosterkoek resep: stap-vir-stap gids met fotos en video

Metode

  1. Kook bone tot sag. Moenie die pot vol water maak nie. Die water moet net tot bo die bone wees.
  2. Braai uie in olie tot deursigtig. Voeg stukkies spek by en braai tot crispy.
  3. Meng uie en bone met die res van die bestandele behalwe melk of room.
  4. Kook tot aartappels sag is, maak aartappels en bone fyn.
  5. Roer melk of room by. Voeg asyn by.

Boontjiesop is op die Amerikaanse Senaat restaurant se spyskaart... elke dag.

Boontjiesop in stoompot

Ek week nie my bone nie. Spoel dit net af nadat jy hulle deurgegaan het vir swak bone. Gooi in die stoompot saam met die sopbene. Wanneer dit sag is, sit jy uie, spek snippers en aartappelblokkies in. Stoom dit weer vir so paar minute. Ta-da!

Maklike boontjiesop resepte
Outydse boontjiesop bedien met 'n vars broodjie. Foto: Diethood, A Family Feast (verander deur skrywer)
Source: Facebook

Boontjiesop resep

Ons klassieke boontjiesop resep is 'n wonderlike gereg wat sal help om warm te bly op koue winterdae. Dit blyk lekker, is baie bevredigend en kan maklik 'n groot gesin voed.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Boontjiesop bestanddele

  • 1 groot pak suikerboontjies oornag geweek in water
  • 4 groot aartappels geskil en in blokkies gesny
  • 8 wortels geskil en in ringe gesny
  • 1 gekapte ui
  • 4 beef chin skywe
  • worchester sous
  • 2 beef ekstrakblokkies
  • sout en peper na smaak
  • 1 pakkie tamatiepasta

Metode

  1. Spoel bone af en sit in prutpot (of gewone pot)
  2. Spoel beef chin af sit in bo in pot. Sit dan ook die uie, wortels en aartappels in.
  3. Gooi water tot bo in pot.
  4. Kook oornag op stadige of automatiese verstelling.
  5. Voeg water by soos wegkook.
Maklike boontjiesop resepte: vinnige geregte stap-vir-stap
Boontjies is een van natuur se gesondste kos. Foto: Kien Cuong, Stephan Valentin. (verander deur skrywer)
Source: UGC

Volgende oggend as bone en vleis sag is, verwyder die bene en voeg die res van die bestandele by. Kook verder stadig tot dik. Let wel: moet geen sout of enige geurmiddels byvoeg voor bone sag gekook is nie anders bly jou bone hard.

Boontjiesop drukkoker

  • 500g suikerboontjies
  • 6 wortels
  • 1 groot patat
  • 3 seldery stingels
  • 2 preie (leeks)
  • 2 uie
  • 20ml botter
  • pakkie Knorr soppoeier
  • 1 skaapskenkel (lamb shank)
  • 250g spek
  • 1 groot blik tamatiepuree
  • Worcestershire sous
  • sout en swart peper na smaak

Read also

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

Metode

  1. Week die boontjies in water terwyl jy besig is met voorbereiding van die res van die groente.
  2. Kap seldery, preie en uie, plaas in drukkoker saam met botter en spek. Laat dit solank bietjie karameliseer saam met die skaapskenkel.
  3. Gooi boontjies se water af, spoel af in nog water en voeg die boontjies by die drukkokermengsel.
  4. Voeg kookwater by tot die drukkoker half is en die groente bedek is plus nog 5 cm water (ek het ‘n klein drukkoker, dis so ongeveer 1,2 liter water). Seel en laat stoom opbou en kook vir ongeveer 90 min (of langer, solank daar voldoende stoom uitkom en dit nie brand nie).
  5. Skil wortels en patat en rasper fyn (voedselverwerker).
  6. Na 90 minute, skakel drukkoker af en laat stoom afloop. Gooi die mengsel in ‘n groot sop pot saam met die wortels, patats, tamatiepuree. Kook vir 30 minute. Voeg sout en Worcestershire sous by na smaak.
  7. Haal die skenkel uit en sny enige vleis wat nog mag vassit af en sit terug in die sop. Maak soppoeier aan met bietjie koue water en voeg by.
  8. Sout en swartpeper na smaak.
  9. Bedien warm met varsgebakte brood.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Maklike boontjiesop resepte: vinnige geregte stap-vir-stap
Maklike boontjiesop resepte vir die hele gesin. Foto: Culinary Hill, facebook.com, Diana Jeffra gettyimages.com (verander deur skrywer)
Source: Facebook

Ons is trots Suid-Afrikaans en ons tradisionele boontjiesop resepte is beproef. Die resepte is uiteengesit in 'n stap-vir-stap gids sodat jy vyfster geregte vinnig bymaak kan gooi en so meer tyd het om saam met jou mensies te kuier.

READ ALSO: Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

Briefly.co.za se vinnige boontjiesop resepte is maklik, vinnig en heerlik. Bone is een van Suid-Afrika se hoof landbou produkte en soos in meeste ander Afrika lande is bone ook die land se stapel voedsel. Ons resepte is tradisioneel en stap-vir-stap bymekaar gesit vir julle gerief.

Ek vertrou hierdie resepte en ek wil al my lesers aanmoedig om dit self te probeer. Laat my weet aan die einde van die berig in kommentaar afdeling hoe dit vir jou uitgedraai het asseblief. Ek sal dit baie waardeer!

Source: Briefly News

Online view pixel