Lekkerste herderspastei ooit: maklik en vinnige resep vir 2021

Lekkerste herderspastei ooit: maklik en vinnige resep vir 2021

Die term herder se pastei het nie tot 1854 verskyn nie en is aanvanklik sinoniem met kothuispastei gebruik, ongeag of dit beesvleis of skaapvleis bevat. Dit is 'n algemene en goedkoop gereg en ons resepte is stap-vir-stap uiteengesit vir jou gerief. Bou die lekkerste herderspastei ooit en bederf jou mensies. Almal sal vra vir nog!

Herderspastei
Outydse herderspastei resepte en vele meer. Foto: Sainsbury's, Q FM (verander deur skrywer)
Source: Facebook

In die volgende artikel vind jy vinnige en maklike resepte vir eg tradisionele herderspasteie. Die lekkerste herderspastei ooit, ouma se herderspastei, herderspastei met 'n twist en nog vele meer.

Lekkerste herderspastei ooit

Ons resep vir herderspastei is erg beproef en kan nie flop nie. Dit is 'n maklike en heerlike gereg wat die hele gesin kan voed.

Bestanddele

  • 5 groot geskilde aartappels
  • 1 ui opgesny
  • 15ml kookolie
  • 500g maalvleis
  • 1 klein blikkie gemengde groente
  • 12,5ml blatjang
  • sout en peper na smaak
  • 1 pakkie sampioensoppoeier
  • 125ml koue water
  • 12.5ml margarien
  • 2ml neutmuskaat
  • ½ teelepel bakpoeier
  • 1 eier geklits in 12,5ml melk
  • melk om by aartappels te voeg
  • paprika, opsioneel

Read also

Billy Beane: net worth, age, family, stats, salary, where is he nowadays?

Metode

  1. Kook die aartappels in water tot mooi sag en gaar.
  2. Braai intussen die uie in klein bietjie olie tot deurskynend en ligbruin.
  3. Voeg die maalvleis, gemengde groente, blatjang en peper by. Roer tot alles meng.
  4. Klits die sop poeier met koue water en voeg by maalvleis mengsel. Roer goed en bedek. Kook vir so 20 minute. Roer af en toe. Indien mengsel droog kook, voeg kookwater by.
  5. Skep jou maalvleismengsel in ‘n oondskottel en hou eenkant.
  6. Druk die gaar aartappels fyn en voeg margarien en melk by. Gebruik genoeg melk in aartappels om dit mooi glad te kry. Meng goed. Voeg bakpoeier en neutmuskaat by. Meng weer goed.
Lekkerste herderspastei ooit: maklik en vinnige resep vir 2021
Maklik en vinnige herderspastei resepte vir 2021. Foto: Taste Ireland Magazine, Butter Homes & Gardens (verander deur skrywer)
Source: Facebook

Skep die aartappelmengsel bo oor vleismengsel en maak dit gelyk. Giet eiermelk oor aartappels en strooi ‘n klein bietjie paprika bo oor, indien verkies. Bak vir ± 25 minute.

Ouma se herderspastei

Eintlik is hierdie resep lekkerder as ouma s'n!

Read also

100+ anime names for boys and girls with meanings: A-Z list

Bestanddele

  • 4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 1 eetlepel botter
  • 1 eetlepel fyngekapte ui
  • ¼ koppie gerasperde cheddarkaas
  • Sout en peper na smaak
  • 5 wortels, gekap
  • ½ kop ertjies (opsioneel)
  • 1 eetlepel olie
  • 1 ui, gekap
  • 500gr maalvleis
  • 2 eetlepels meel
  • 1 eetlepel tamatiesous
  • ¾ koppie vleis aftreksel (beesblokkie aangemaak in ¾ kop water)
  • ¼ koppie gekerfde cheddarkaas

Metode

  1. Verhit oond tot 180℃.
  2. Kook die aartappels tot gaar. Dreineer en mash. Meng die botter, 1 eetlepel fyngekapte ui, en ¼ koppie gerasperde kaas by. Voeg sout en peper by na smaak. Hou eenkant.
  3. Kook wortels vir ongeveer 15 minute of tot sag en maak fyn.
  4. In ‘n groot pan, braai uie tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin.
  5. Gooi oortollige vet af en voeg meel by. Braai vir ‘n verdere minuut en roer goed.
  6. Voeg die tamatiesous, ertjies en vleis aftreksel by. Bring mengsel tot kookpunt, verminder dan die hitte en prut vir 10 minute. Die mengsel moet ‘n lekker dikkerige mengsel wees. Indien nie, verdik ‘n bietjie.
  7. Gooi die maalvleis mengsel in ‘n plat bak. Skep die fyn wortels bo oor en dan die laag fyn aartappels. Strooi gerasperde kaas bo oor en bak vir 20 minute of tot goudbruin. Bon Apetit!

Read also

Ozzie Smith age, children, spouse, stats, Golden Gloves, worth

Lekkerste herderspastei ooit: maklik en vinnige resep vir 2021
Herderspastei met 'n twist. Foto: Just eat real food, KS Catering (verander deur skrywer)
Source: Facebook

WENK: Jy kan 'n koppie veggie mix ook byvoeg indien verkies (aanpassing van oorspronklike herderspastei met kaas resep)

Vinnige herderspastei

Sit in 'n japtrap aandete bymekaar dan het jy meer tyd om te rus.

Bestanddele

  • 45ml olie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffel huisies, gekap
  • 500g maalvleis
  • 1 x 410g blik tamaties
  • 45ml origanum, gekap
  • 45ml opgekapte pietersielie
  • 250g groente van jou keuse
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 4 aartappels, gekook tot sag en fyngedruk
  • 1 eier, geklits

Metode

  1. Verhit oond tot 200 ˚C. Verhit olyfolie in ‘n pot. Plaas ui en knoffel in pot en braai stadig vir sowat 5 minute tot ui begin verkleur.
  2. Voeg maalvleis by en braai vir so 8 tot 10 minute. Voeg tamaties en kruie by en verlaag hitte. Laat prut vir so 10 minute. Voeg gemengde groente by en geur goed met sout en swartpeper.
  3. Verdeel mengsel tussen 4 oondvaste bakkies of een groot bak. Skep fyn aartappels bo op en verf met geklitste eier. Bak vir 5 tot 10 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.

Read also

Ntokozo from Gomora name and age, singing, net worth

Herderspastei met maalvleis

  • 2 groot uie, opgesny
  • 1 koppie gevriesde mielies en ertjies
  • 1kg maalvleis
  • 1 pakkie mutton en veg soppoeier
  • 2 teelepels aromat
  • 1 teelepel vars gemaalde swartpeper
  • ¼ koppie blatjang
  • 2 koppies water
  • 1 teelepel bakpoeier

Herderspastei bolaag bestanddele en metode

  • 6 tot 8 aartappels sag gekook en fyn gemaak
  • sout en peper na smaak
  • bietjie melk
  • stukkie botter
  • 1 teelepel bakpoeier

Meng die mash met die res van die bolaag bestanddele en hou eenkant.

Vinnige herderspastei maalvleis metode

  1. Braai uie tot bruin en voeg groente by. Voeg water by.
  2. Voeg vleis by en braai. Voeg die sop poeier gemeng met ½ koppie water by, saam met speserye en blatjang.
  3. Kook goed deur tot alles gaar is.
  4. Skep die maalvleis mengsel in ‘n oondbak en skep mash bo oor. Maak gelyk en maak patrone bo op na keuse.
  5. Stip met botter stukkies bo op die aartappels en bak vir ± 10 minute tot botter gesmelt is. Ta-da!

Read also

Lekker roosterkoek resep: stap-vir-stap gids met fotos en video

Lekkerste herderspastei ooit: maklik en vinnige resep vir 2021
Beste herderspastei onder die son! Foto: Better Homes & Gardens, Christina's Cucina (verander deur skrywer)
Source: Facebook

Ons is trots Suid-Afrikaans en ons outydse herderspastei resepte is beproef. Die resepte is uiteengesit in 'n stap-vir-stap gids sodat jy vyfster geregte vinnig bymaak kan gooi en so meer tyd het om saam met jou mensies te kuier.

READ ALSO: Maklike boontjiesop resepte: vinnige geregte stap-vir-stap

Briefly.co.za se vinnige boontjiesop resepte is maklik, vinnig en heerlik. Bone is een van Suid-Afrika se hoof landbou produkte en soos in meeste ander Afrika lande is bone ook die land se stapel voedsel. Ons resepte is tradisioneel en stap-vir-stap bymekaar gesit vir julle gerief.

Ek vertrou hierdie resepte en ek wil al my lesers aanmoedig om dit self te probeer. Laat my weet aan die einde van die berig in kommentaar afdeling hoe dit vir jou uitgedraai het asseblief. Ek sal dit baie waardeer!

Source: Briefly News

Online view pixel