Lekker roosterkoek resep: stap-vir-stap gids met fotos en video

Lekker roosterkoek resep: stap-vir-stap gids met fotos en video

Om brood te bak is 'n antieke vaardigheid en 'n vervullende een en jy kan dit bemeester met die volgende vinnige roosterkoek resepte. As jy nog nooit in jou lewe deeg gemaak het nie is daar geen skande om iemand wat dit al voorheen gedoen het, te vra om jou te wys wat dit beteken om die deeg in een betroubare stuk te knie nie. Roosterkoek bly maar koningskos!

Lekker roosterkoek resep: stap-vir-stap gids met fotos en video
Roosterkoek resep met koekmeel. Smul tot sonop! Foto: Lancewood, Leila Issa (verander deur skrywer)
Source: Facebook

In hierdie artikel vind jy maklike en heerlike outydse roosterkoek resepte met pret feite en wenke. Gooi hierdie roosterkoekies in 'n japtrap bymekaar dan het jy meer tyd saam jou mensies! 'n Goeie roosterkoek se geheim lê in die knie van die deeg. Jy moenie haastig wees nie. Werk sy sake vir ten minste 10 minute.

Maklike roosterkoek resep

Hierdie boerekos roosterkoek resep maak 12 ordentlike, groot koeke.

Bestanddele

  • 1kg koekmeel
  • 10g kitsgis
  • 1 eetlepel suiker
  • ½ teelepel sout
  • 2 koppies lou warm water
  • 2 eetlepels olyfolie

Read also

Maklike boontjiesop resepte: vinnige geregte stap-vir-stap

Metode

  1. Sif die meel in 'n bak wat minstens 3 keer so groot soos 1 kg meel is. Verkieslik selfs groter. As jy in die middel van die bos is en nie 'n sif byderhand het nie, slaan dan die siftingsdeel oor en gooi net die meel in 'n groot genoeg bak. As jy net 'n 1 kg meel het en nie meer nie, spaar 'n bietjie vir stap 9.
  2. Voeg die gis en suiker by die meel en meng deeglik met jou skoon hand. Nou is dit tyd om die sout by te voeg en deur te werk.
  3. Gooi die louwarm water bietjie vir bietjie in en hou aan om die deeg te knie. Sodra daar geen droë meel oor is nie, het jy genoeg water bygevoeg. Wees versigtig om nie te veel water by te voeg nie, anders sal die deeg deur die rooster val. Vir 1 kg meel sal jy waarskynlik net 'n klein bietjie meer as 2 koppies water gebruik.
  4. As jy dink jy het genoeg water en daar geen meer droë meel is nie, voeg jy die olyfolie by.
  5. Knie die deeg goed vir ongeveer 10 minute totdat niks daarvan meer aan jou fingers vas plak nie en dit een groot betroubare stuk deeg vorm.
  6. Bedek die bak met 'n kombuishanddoek en sit in 'n warm area vir 10 minute.
  7. Haal die kombuishanddoek af en knie die deeg weer vir 1 of 2 minute.
  8. Vervang die kombuishanddoek en laat dit vir ten minste 30 minute styg.
  9. Gebruik jou onlangs gewaste hande om die deeg op 'n tafel of plank te knie wat in meel bedek is en sprinkel nog bietjie meel liggies bo op die deeg. Jou doel is om 'n reghoekige of vierkantige stuk deeg te skep.
  10. Gebruik 'n skerp mes en sny die deeg in vierkante. Laat styg vir 'n paar minute een laaste keer.
  11. Bak oor baie sagte kole vir ongeveer 15 tot 20 minute, draai dikwels. Die roosterkoek is gereed wanneer dit hol klink as jy daarop tik. Jy kan ook 'n lem in hulle druk as 'n toets. As die lem skoon uitkom, is die roosterkoek gereed.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Die lewe sal sowaar wonderlik wees as roosterkoek as 'n groente getel het.

Lekkerste roosterkoek resep onder die son

Roosterkoek
Roosterkoek of sommige noem dit braai broodjies. Foto: Checkers Namibia, West Coast Way (verander deur skrywer)
Source: Facebook

Sit die roosterkoekies voor met vars plaasbotter, appelkooskonfyt en cheddarkaas. Bon appétit!

Roosterkoek deeg resep bestanddele

  • 2 koppies (500ml) lou water
  • 1 eetlepel (12,5ml) bruin suiker
  • 1 teelepel (5ml) droë suurdeeg
  • 6 koppies (1kg) volgraan meel
  • 1 teelepel (5ml) sout
  • 1 eetlepel (12,5ml) olie

Metode

  1. Meng die lou water, bruinsuiker en droë suurdeeg saam. Laat staan vir 10 minute.
  2. Meng al die ander bestanddele goed saam om 'n redelike stywe deeg te vorm.
  3. Sit die deeg in 'n plastiek sak en laat staan om tot dubbel volume te rys. So ongeveer 30 tot 60 minute.
  4. Druk die deeg versigtig plat tot ongeveer 2,5cm op 'n meelbesprinkelde broodplank. Sny in vierkante.
  5. Braai op 'n oliegesmeerde draadrooster oor matige kole tot gaar. Draai dikwels om.
Roosterkoek: roosterkoek resep no yeast
Kampkos roosterkoek resepte en vele meer! Foto: The Famous Grouse, De Opstal Country (verander deur skrywer)
Source: Facebook

Ons is trots Suid-Afrikaans en ons tradisionele roosterkoek resepte is beproef. Die resepte is uiteengesit in 'n stap-vir-stap gids sodat jy vyfster geregte vinnig bymaak kan gooi en so meer tyd het om saam met jou mensies te kuier.

Read also

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

READ ALSO: Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Briefly.co.za se resepte is maklik, vinnig en heerlik. Ek vertrou hierdie appeltert resepte en ek wil al my lesers aanmoedig om dit self te probeer. Laat my weet aan die einde van die berig in die kommentaar afdeling hoe dit vir jou uitgedraai het asseblief. Ek sal dit baie waardeer!

Source: Briefly News

Online view pixel