Romerige pampoentert resep: met stroop en kaneel

Romerige pampoentert resep: met stroop en kaneel

Pampoen is volop beskikbaar en boonop so bekostigbaar. Daar is ‘n groot verskeidenheid pampoentert resepte beskikbaar. Hierdie heerlike gereg is tradisioneel vir Danksegging en Kersfeesvieringe, maar in Suid-Afrika is dit ‘n enige-tyd-gereg met verskeie smaaklike pampoentert resepte wat die lig gesien het.

Geurige pampoentert resep
Romerige pampoentert. Foto: pexels.com
Source: UGC

Of dit nou ‘n groot tert of klein tertjies is, dit bly ‘n groot gunsteling en lekker alternatief vir pampoenkoekies. Dit kan ewe gemaklik opgedien word as bygereg of as nagereg, met kaneel, stroop of heerlike vars room. Resepte is inderdaad van te kies en keur, van romerige pampoentert, plaaskombuis pampoentert, pampoentert met stroop, pampoentert met kaneel, pampoentert resep met kondensmelk of mikrogolf pampoentert, daar is ‘n tert ideaal vir ieder en elk.

Pampoentert resep: agtergrond

Romerige pampoentert resep
Stroop-kaneel pampoentert. Foto: Kreatiewe Kos Idees
Source: Facebook

Alhoewel uiters gewild en tradisioneel, veral met Danksegging en Kersfees in die Verenigde State van Amerkia of Kanada, is dit net so gewild in Suid-Afrika en boonop kan dit enige tyd van die jaar gemaak en bedien word. Die geskiedenis van pampoentert is ryk. Die naam ‘pampoen’ kom van die Griekse woord vir groot spanspek, of in Engels, ‘melon’ en dus ‘pepon’. Die Franse het die ‘pepon’ verander na ‘pompon’. Die Engelse het dit ‘pumpion’ genoem.

Read also

Wie is Burre Burger? Droogtehulp, bedrog, Facebook

Die vroeë Amerkiaanse setlaars (1620) het allerlei pampoen pasteie gemaak, pampoene uitgehol en gevul met melk, heuning en speserye en dit dan in warm as gebak. Inheemse Amerikaanse stamme het pampoene gegroei en dit as geskenke gegee aan die eerste setlaars. Dit het gelei tot die opdiening van pampoentert tydens Danksegging in Amerika ongeveer 50 jaar later.

Pampoentert idees

Die eerste resep vir pampoentert was in 1653 deur die bekende Franse sjef en skrywer. Resepte het vinnig verskillende nuwe bestanddele gerky soos kaneel, neutmuskaat, naeltjies asook appels, rosyntjies en korente as vulsel. Vandag is dit ‘n gewilde gebak asook nagereg en is boonop ‘n baie maklike resep om baas te raak.

Heerlike pampoentert met stroop en kaneel

pampoentert resep met stroop en kaneel
Heerlike pampoentert met stroop en kaneel. Foto: unsplash.com
Source: UGC

1. Klits saam:

  • 125 g margarien
  • 200 ml suiker
  • 3 eiers

2. Sif die droë bestanddele saam en voeg by die eerste mengsel:

  • 250 ml koekmeelblom
  • 15 ml bakpoeier
  • 2 ml sout

Read also

Griekwastad moorde: datum, feite, fotos, bewyse, hofsaak

3. Voeg by boonste mengsel:

  • 3 koppies koue, gaar pampoen (botterskorsie)
  • 1 t vanieljegeursel

4. Plaas alles saam in ‘n glasbak en bak in vir 40 minute in die oond teen 190 ºC.

Sous:

  • 1 koppie suiker
  • 1 t vanieljegeursel
  • 3 eetlepel margarien
  • 1 blik Ideal melk

5. Kook die sous vir 5 minute en giet oor die warm tert sodra dit uit die oond kom.

6. Besprinkel met kaneel en dien op as bygereg of sit voor saam met room as nagereg.

Maklike pampoentert met kondensmelk

Romerige pampoentert resep
Maklike pampoentert met kondensmelk. Foto: pexels.com
Source: UGC

Hierdie is ‘n heerlike nagereg. Vervang die ingedampte melk met kondensmelk en jy het ‘n heerlike soettandgereg.

Bestanddele:

Vir die kors:

  • 250g koekmeel
  • 125g botter in blokkies gesny
  • 2 eetlepels suiker
  • 1 eiergeel

Vir die vulsel:

  • 425g pampoen, gaar en in blokkies gesny
  • 1 400g blikkie kondensmelk
  • 2 eiers
  • 1 teelepel vanielje ekstrak
  • ½ koppie gemengde speserye: kombinasie van kaneel, gemmer, neutmuskaat en naeltjies.

Read also

Ricus Nel - Boerepompie ft. Snotkop liedjies, lirieke

Metode

Die kors:

  1. Sif die meel goed en vryf die botter met jou vingerpunte in die mengsel totdat dit vertoon soos broodkrummels.
  2. Voeg die eiergeel, suiker en 1-2 eetlepels koue water by.
pampoentert resep met kondensmelk
Voeg eiergeel by. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

3. Meng saam om ‘n deeg te vorm wat nie aan jou hande kleef nie.

4. Bedek met kleefplastiek en verkoel vir ongeveer 30 minute.

5. Rol die deeg uit in ‘n dikte van ongeveer 1/2cm.

6. Voer ‘n oondvaste bak netjies uit met die deeg.

Die vulsel:

  1. Voeg die kondensmelk, pampoen, vanielje, speserye en eiers saam in ‘n bak. Gebruik ‘n handmenger om dit tot glad te klits.
Meng alles goed saam
Klits dit glad met 'n handmenger. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

2. Gooi die beslag oor die deeg in die oondbak en bak in ‘n voorafverhitte oond (200 grade) vir 15 minute.

Read also

Tradisionele malvapoeding resep: stap-vir-stap gids en proses

Pampoentert nagereg
Gooi die beslag oor die deeg in die bak. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

3. Verminder die hitte tot 180 grade en bak vir ‘n verdere 40-45 minute totdat die tert geset is.

4. Laat die tert afkoel en bedien met styfgeklitste room.

Hierdie maklike pampoentert met kondensmelk is voorwaar 'n treffer. Pampoen is bekostigbaar en 'n maklik bekombare vrug. Dit is die ideale bykos - hetsy by 'n heerlike, warm, maaltyd of as nagereg waar dit saam met stroop en/of room voorgesit kan word. Dit is ook die ideale manier om jong kinders aan groentesmake voor te stel en dit behoort in 'n japtrap een van die jongspan se gunstelinge pampoentert resepte te wees. Daar is verskeie lekker resepte vir die jonger geslag et onder meer pampoenterte.

READ ALSO: Pampoenkoekies resep met karamel sous

Boonop is daar op Briefly.co.za hierdie heerlike pampoenkoekies resep om mee te eksperimenteer as jy nie net wil tert maak nie maar 'n interessante by-/nagereg. Met heerlike room en karamelsous, is dit inderdaad 'n ryk nagereg en ideaal vir enige soettand.

Read also

Maklike karringmelk beskuit resep

Source: Briefly News

Online view pixel