Kerrie noedelslaai resep: stap-vir-stap gids en proses

Kerrie noedelslaai resep: stap-vir-stap gids en proses

Kerrie noedelslaai sonder tamatiesous en sonder asyn maak dit nou regtig ‘n moeitelose bykos vir die feestelike seisoen. As julle besluit om te braai dan is jy op die regte plek vir ‘n hele paar maklike en heerlike kerrie noedelslaai resepte wat jou ander kreatiewe boerekos en braaivleis gaan komplimenteer. Hier wys ek vir julle ‘n tradisionele kerrie noedelslaai resep in ‘n stap-vir-stap gids en proses en nog baie meer. Kerstyd is amper hier en dis tyd om te smul!

Kerrie noedelslaai sonder asyn
Kerrie noedelslaai resep. Foto: pexels.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Hierdie noedelslaai is op sy lekkerste as dit oornag in 'n yskas gestaan het. Die geure smelt saam en die koue pasta gaan fantasties saam met die warm kaas knoffel brood. Ek gooi ook kaas blokkies by en partykeer ook n blikkie perskes vir ‘n verandering. Jy kan die kerrie slaaisous dubbeld aan maak as dit te droog is na jou mening. ‘n Ander outydse noedelslaai geheim is dat ons die sous by die noedels meng terwyl dit nog warm is. Dit is nie nodig om die noedels af te spoel nie. Die sous trek dan lekker in die noedels in. Roer so kort-kort deur.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Hier is kreatiewe boerekos ons erns. Ek was in my noppies met die boerekos resep vir souskluitjies. Lees hier verder vir ons ongelooflike lekker en maklike souskluitjies resep.

Maklike kerrie noedelslaai resep

Kerrie noedelslaai sonder asyn
Maklike kerrie noedelslaai resep. Foto: gifs.com, youtube.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Hierdie maklike en basiese resep is perfek om bymekaar te slaan as die mans op die laaste nippertjie besluit hulle gaan nou braai. Ons maklike kerrie noedelslaai sonder asyn en kerrie noedelslaai sonder tamatatiesous is net smaakvolle happies vol kerrie, pasta en vars rissie. Verder onder toe besoek ons die kreatiewe noedelslaai resepte soos die kerrie noedelslaai met perskes.

Hier gaan jy net trotse Suid-Afrikaanse resepte vind. Elke resep is bymekaar gesit om jou tyd en geld te spaar. Kersfees is oppad en ons het baie om te beplan. Volg hierdie egtre tradisionele melkkos resepte met kreatiewe idees. Die kinders sal vra vir nog!

Kerrie noedelslaai met pynappel
Kerrie noedelslaai resep. Foto: pexels.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Ek vertrou hierdie resep en ek wil vir al my lesers aanmoedig om dit self te probeer. Laat my weet aan die einde van die berig in kommentaar afdeling hoe dit vir jou uitgedraai het asseblief. Ek sal dit baie waardeer!

Read also

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

Hier volg die maklike kerrie noedelslaai resep.

Bestanddele

  • 1 x 500g gaar noedels
  • 1 x groot groen of rooi rissie fyngekap (green or red pepper)
  • 1 x groot ui fyn gekap
  • 125 ml kook olie
  • 200 ml suiker
  • 1 eet lepel kerrie poeier
  • sout en peper na smaak

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam en gooi oor gaargekookte noedels.
  2. Voeg dan die ui en groen rissie by. Indien moontlik laat staan oornag.
  3. Jy kan enige sterkte kerrie poeier gebruik. Die suiker in die sous breek die brand van die kerrie. Die geure kom lekker deur die dag na die dis in 'n yskas gestaan het.
Pasta slaai
Kreatiewe kerrie noedelslaai resepte. Foto: gifs.com, youtube.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

WENK: Meng ‘n halwe tee lepel knoffel by vir so bietjie oemf!

Kreatiewe kos idees: Maak die gewone kerrienoedelslaai en bietjie ekstra uie, groen, geel en rooi peppers. Dan gooi jy een blikkie baked beans met tamatiesous in. Sny so ses gerookte weense worsies in ringetjies en meng by die slaai. Jy kan ook gesnipperde spek of ham gebruik in plaas van die viennas. Ons is ernstig oor kreatiewe kos. Lees hier vir ons maklike sago poeding resep.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Pastaslaai met bier slaaisous

Hierdie maklike kersfees kos idee is heerlik by ‘n vleisbraai en bevat perskes en pynappels. Dit lewer 8 porsies. Hierdie kerrie noedelslaai met pynappel is 'n wonderlike mengelmoes van smake.

Bestanddele

  • 250 g pasta
  • 15 ml olie
  • 1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny
  • 1 x 410 g-blik perskeskywe, gedreineer

Slaaisous

  • 125 ml bier
  • 125 ml mayonnaise

Metode

  1. Kook die pasta in water vir 10 to 15 minute of tot el dente. Dit is opsioneel om die pasta te dreineer of af te spoel onder koue lopende water.
  2. Meng pasta liggies met die olie.
  3. Skud die bier en mayonnaise goed in ‘n glasfles met ‘n skroef deksel.
  4. Meng die pasta, pynappel en perskes en slaaisous saam.
Maklike kersfees kos idees
Kerrie noedelslaai resep. Foto: gifs.com, youtube.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

5. Skep in ‘n mooi slaaibak en garneer met pietersielie.

Feestelike seisoen is oppad en hier het ons vir jou die perfekte kersfees soetkoekies resep.

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Ons kerrie noedelslaai resep sal nooit teleurstel nie en as jy opsoek is na 'n maklike en lekker nagereg het ek net die ding vir jou. Ons resepte is mooi bymekaar gesit om jou tyd en geld te spaar.

READ MORE: Maklike korslose melktert

Hierdie outydse melktert resep is 'n wel bekende Afrikaner gereg. Vuur jou kultuur die kersfees en bederf jou en jou familie se smaakknoppies met ons vinnige en heerlike korslose melktert resep. Ons leer ook verder van die yskas melktert resep wat jou baie tyd gaan spaar sodat jy verder kan kuier saam met jou mense.

By Briefly.co.za is ons trots Suid-Afrikaans en ons tradisionele resepte is maklik, vinnig en liplekker. Maak seker jy teken hier in om ons daaglikse bywerkings te geniet.

Source: Briefly News

Online view pixel