Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Geskrewe weergawes van gemmerbrood en gemmerkoekies dateer terug na die 13de eeu en word in rekords gevind van middeleeuse monnike in Franconia en Duitsland. Hierdie koekies is die beste wanneer gedip en verdrink word in 'n koppie koffie, of tee terwyl jy saam met jou geliefdes kuier. Slaan hulle in 'n japtrap bymekaar en smul tot sonop!

Tradisionele gemmerkoekies resep
Tradisionele gemmerkoekies resep. Foto: Nathan Dumlao, unsplash.com
Source: UGC

Die verskeie koekies resepte in die artikel is vinnig en maklik en stap vir stap uiteengesit vir jou gemak. Hoe minder tyd jy spandeer om hulle te maak, hoe meer tyd het jy om hulle te geniet saam met jou mensies.

Gerda se gemmerkoekies (eenvoudige gemmerkoekie resep)

Hierdie tradisionele gemmerkoekies kan nie flop nie en is eg Suid-Afrikaans reg uit Ouma Gerda se kookboek. Gerda de Graaff is 'n huisvrou van Genadendal en sy spandeer baie tyd in haar kombuis so al die resepte is oor en oor beproef.

Read also

Lekker roosterkoek resep: stap-vir-stap gids met fotos en video

Bestanddele

  • 200ml botter of margarien
  • 250 ml stroop
  • 5 koppies koekmeel ongesif
  • 20ml koeksoda
  • 20ml kremetart
  • 5ml sout
  • 50ml fyn gemmer
  • 625ml bruin suiker (nie sag of growwe witsuiker nie)
  • 3 eiers

Metode

Daar is ‘n magdom variasies en metodes om hierdie koekies te maak en almal geniet hulle.

gemmerkoekies sonder goue stroop
Bobaas gemmerkoekies! Foto: Ono Omojeg, unsplash.com, pexels.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Volg hierdie stappe vir heerlike taai gemmerkoekies:

  1. Smelt botter of margarien en stroop in groterige kastrol oor 'n lae hitte. Laat afkoel tot lou warm.
  2. Sif meel, koeksoda, kremetart, gemmer en sout saam.
  3. Voeg eiers by stroopmengsel en roer tot goed gemeng.
  4. Gooi suiker by en meng tot suiker net nat is. (Dit moenie smelt nie)
  5. Gooi gesifte bestanddele by. Meng goed. Laat staat ± 2 ure.
  6. Maak klein bolletjies en druk effens plat.
  7. Bak vir 10 tot 12 min by 180°C.

WENK: Party sweer by wonderpeper en ander dat daar naeltjies in moet wees. Jy kan selfs mosterdpoeier bysit vir nog byt: met of sonder ingelegde gemmer.

Read also

Maklike boontjiesop resepte: vinnige geregte stap-vir-stap

Sagte gemmerkoekies met molasses

My man hou van ouma se gemmerkoekies deurbros en krakerig met elke byt. Ek hou weer van effe sterk gemmerkoekies met 'n sagte binnekant. As ek hom byt, moet die gemmer mos terugbyt.

Bestanddele

  • 2¼ koppies koekmeelblom
  • 5ml koeksoda
  • 10ml fyn kaneel
  • 5ml fyn naeltjies
  • 2,5ml neutmuskaat (ek rasper myne vars)
  • 2,5ml fyn gemmer
  • varsgemaalde peper
  • 15ml vars fyngerasperde gemmer
  • 3/4 koppie ingelegde of gekristalliseerde gemmer in stukkies gesny
  • 1ml sout
  • 250ml bruinsuiker
  • 62,5ml sonneblom olie
  • 1/3 koppie swaelvrye molasse
  • 1 ekstra groot eier
  • Gewone witsuiker, vir rol

As die koekies vir jou net te gemmerig is, los die vars gemmer en die gekristalliseerde gemmer uit. As jy die hitte verder wil opjaag, vermeerder die gemmer (fyn en vars) en voeg ook 2.5 ml mosterpoeier by. 'n Ware trooshappie op 'n koue, reënerige Sondag.

gemmerkoekies sonder goue stroop
Outydse gemmerkoekies vir die hele buurt. Foto: Jennifer Palian, Ali Jouya, Priscille du Preez, unsplash.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

WENK: Roteer die panne halfpad deur baktyd. Die koekies sal krakerig bo op lyk. Dis baie sag as dit uit die oond kom, maar die buitekant sal bros raak wanneer dit afkoel. Laat sowat 2 minute in die pan staan en plaas dan op die afkoelrak.

Read also

Mielies resep: Kook gids vir heerlike geregte en meer (video)

Metode

  1. Verhit die oond tot 180 °C. Voer 2 bakplate met bakpapier uit.
  2. Meng die meel, koeksoda, kaneel, naeltjies, gemmer, sout en peper goed saam in ‘n mengbak.
  3. In ‘n aparte mengbak klits die bruinsuiker, olie en molasse vir sowat 5 minute. (Gebruik ‘n elektriese klitser)
  4. Verlaag die spoed en voeg die eier by. Klits nog 1 minuut.
  5. Skraap die kante van die bak skoon met ‘n spatula en klits nog ‘n minuut.
  6. Voeg nou die droë bestanddele bietjie vir bietjie by terwyl die menger loop en klits nog 2 minute.
  7. Voeg die gekristalliseerde gemmer en die vars gemmer by en meng goed deur.
  8. Gebruik ‘n roomysskepper om bolletjies deeg te skep of vorm ronde bolletjies met die hand en druk die koekies effens plat.
  9. Rol die koekies aan albei kante in witsuiker, plaas op die bakplaat.
  10. Op hierdie punt kan jy die deeg sowat 25 minute in die yskas plaas, wat die koekies nog meer sal laat kraak as dit gebak word.
  11. Bak vir 14 tot 16 minute.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Laat die koekies behoorlik afkoel voor dit in 'n lugdigte houer gepak word. Vir ‘n heerlike grootmens aptyt, bedien die gemmerkoekies met camembert of brie. Dis ook lekker met lemoenkonserf en ‘n glasie potketelbrandewyn.

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO) patats met gemmerkoekies gemmerkoekies met heuning
Gemmerkoekies resepte en nog baie meer. Foto: Amnah Mohammad, Priscilla du Preez, unsplash.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

In hierdie artikel kyk ons na harde gemmerkoekies en sagte gemmerkoekies resepte, patats met gemmerkoekies en nog baie meer.

READ ALSO: Vinnige plaatkoekies resep idees: maklik, sonder eiers, sonder melk

Hier by Briefly.co.za is ons trots Suid-Afrikaans en kreatiewe boerekos is ons erns. Behalwe vir ons fantastiese gemmerkoekies resep kan jy hier verder lees oor ons ongelooflike lekker en maklike plaatkoekies resep.

Slaan vinnig so ietsie bymekaar al mis jou stoorkas 'n paar bestanddele. Ons het 'n maklike plaatkoekies resep sonder melk en eiers in hierdie artikel. Sprinkel met soetstroop, smul tot sonop!

Read also

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

Source: Briefly News

Online view pixel