Mielies resep: Kook gids vir heerlike geregte en meer (video)

Mielies resep: Kook gids vir heerlike geregte en meer (video)

As jy op soek is na mielie resepte en idees, het ons net die ding vir jou. Ons mielies resepte is stap-vir-stap uiteengesit vir jou gerief. Sit vyf-ster mieliegeregte bymekaar in 'n japtrap! In hierdie artikel vind jy verskillende resepte, pret feite en interessante wenke.

Mielies resep
Mielies resepte en nog vele meer! Foto: Sergio Contreras, Hamza Dildar, unsplash.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Hier volg maklike resepte vir mieliekoekies, braai mielies, mielietert, mieliebrood, mielies in mikrogolf, mielies en bone, heerlike mielie-en-bierbrood, gebraaide mielies en sommer so paar wenke tussen in. In helfte van die tyd kan jy vyfstergeregte geniet!

Maklike mieliekoekies

Hierdie mieliekoekies is maklik en vinnig om te maak en tog te heerlik saam met braaivleis. Jy kry omtrent 22 uit. Wees gewaarsku: dis moeilik om net een te eet.

Bestanddele

  • Blikkie sweetcorn (suikermielies)
  • 1 koppie bruismeel
  • sout en peper na smaak
  • 1 eier

Metode

Meng alles saam en braai lepelsvol in vlak olie. Mieliekoekies of sweetcorn fritters net soos ouma dit gemaak het! Hier is nog 'n paar resepte.

Read also

Lekker roosterkoek resep: stap-vir-stap gids met fotos en video

Mieliekoekies (sweetcorn fritters)

Mieliekoekies is 'n ongelooflike lekker bykos wat geniet word saam met baie geregte. Ons mieliekoekies resep is eg tradisioneel en almal gaan vra vir nog!

Bestanddele

  • 1 blikkie pitmielies
  • 1 ½ koppies koekmeel
  • 2 eiers
  • ½ koppie melk
  • 100g cheddar cheese, grated (1 cup)
  • 1 eetlepel vars pietersielie, opgekap
  • 2 eetlepes vars chives, opgekap
  • 5ml bakpoeier
  • sout tot smaak
  • olie om te braai

Metode

  1. Sif die droë bestanddele saam.
  2. Meng dan meel, eiers, melk, kaas, speserye, bakpoeier en sout.
  3. Voeg mielies by en meng.
  4. Verhit olie in pan. Skep lepels van die beslag in die olie.
  5. Kook tot goudbruin en opgepof.

Die mieliekoekies is heerlik saam met botter en marmite. Geniet hulle saam met jou braaivleis.

Mielies op die kole en braai mielies resep

Braaimielies
Braaimielies vir die nasie! Foto: Robert Kramer, Dean David, unsplash.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Mielies op braai is 'n eg tradisionele dis hier in Suid-Afrika. Braaimielies saam met 'n lam tjoppie op 'n Sondag is net wat die siel benodig!

Read also

Maklike boontjiesop resepte: vinnige geregte stap-vir-stap

Bestanddele

  • mielies
  • 2 koppies (500 ml) ongesoute gaar springmielies
  • 125 g gesoute botter

Metode

  1. Smelt die botter, en blits dit in 'n voedselverweeker saam met die springmielies.
  2. Los dit eenkant sodat die botter kan stol.
  3. Stoom of kook die heel mielies tot net-net gaar.
  4. Braai die mielies oor warm kole, en verf die deurentyd springmieliebotter tot die mielies begin kleur kry.

Bedien dit warm met ekstra springmieliebotter. Bederf jou mensies met die volgende mielie resep.

Mielietert

Omdat tradisionele kreatiewe kos ons gunsteling is moes ek hierdie heerlike en maklike mielietert resep met julle deel.

Bestanddele

  • 60ml meelblom
  • 15ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 60ml suiker
  • 60ml margarien
  • 4 eiers
  • 2 blikke roommielies

Mielietert metode

  1. Sif meelblom, bakpoeier en sout saam.
  2. Meng margarien en suiker. Klits eiers en voeg by margarienmengsel.
  3. Gooi mielies by en meng goed.
  4. Roer droë bestanddele by en meng goed.

Gooi mengsel in gesmeerde oondskottel en bak vir 1 uur by 180C. Ta-da!

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Mieliebrood

Ons wys vir julle ‘n klassieke mieliebrood resep in ‘n eenvoudige stap vir stap gids.

Bestanddele

  • 500g bruismeel
  • 5ml sout
  • 1 blik geroomde skuikermielies
  • 2 eiers
  • 60ml melk
  • 25ml olie

Metode

  1. Sif bruismeel en sout saam.
  2. Klits eiers, melk en olie saam.
  3. Voeg die vloeistof en mielies by die bruismeel. Meng deur met ‘n mes en sit in ‘n gesmeerde pan.
  4. Bak vir 45 minute by 190°C.

Wenk: Indien beslag droog is meng bietjie vir bietjie melk by totdat alle bestanddele gemeng is.

Mielies in die mikrogolf

Jy trek die mielie se blare af maar los die laaste paar blare wat die pitte bedek. Mikrogolf mielies dan op 100 persent krag vir vier minute vir die eerste mielie en twee minute vir elke bykomende mielie. Wanneer jy ’n mielie met die blare wat jy op die mielie los in die mikrogolf gaarmaak het die mielie baie meer van sy natuurlike geur as wanneer jy dit sou kook.

Read also

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

Mielies resep: Kook gids vir heerlike geregte en meer (video)
Mieliekoekies, mielietert, mieliebrood, mielies in mikrogolf, mielies en bone, heerlike mielie-en-bierbrood. Foto: Jaikishan Patel, Virgil Cayasa, unsplash.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Jy kan nou sout en botter op die mielie sit of jy kan marmite op hom smeer vir ekstra geur. Moenie sout van die begin af ingooi nie, dit is geneig om jou mielies hard te maak. Moet ook nie jou mielies ‘overcook’ nie. Hoe langer jy dit kook hoe harder word dit.

Hoe om mielies te vries of mielies blanch

Om mielies te vries moet dit eers geblanch word. Gooi mielies in kokende kook water en kook vir 2 na 3 minute. Haal uit en gooi dadelik koue water bo oor en laat afkoel en vries in sakkies. Jy kan dit ook van die stronk afsny en dan vries.

Heerlike braai mielie-en-bierbrood

Die meeste winkels verkoop rou brooddeeg. Knie die deeg een keer en te laat rys voor jy dit bak. Die broodjie kan in 'n broodpannetjie, swartpot of blikkies gebak word.

Bestanddele

  • 1 pak (600g) brooddeeg
  • 1 blikkie pitmielies, gedreineer
  • ’n koppie gerasperde cheddar kaas
  • sout en peper na smaak
  • botter

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Metode

  1. Maak ’n vuur en laat die hout uitbrand tot kole.
  2. Smeer die pan se binnekant deeglik met botter.
  3. Die deeg moet vogtig genoeg wees sodat dit ’n bietjie aan jou vingers vasklou. Indien die deeg te styf is, kan jy ’n titseltjie water byknie, totdat die verlange tekstuur verkry is. Knie die mengsel van gerasperde kaas en pitmielies by die deeg in, verdeel dit in drie gelyke dele.
  4. Rol elkeen die deeg in ’n bal en laat dit vir ’n uur staan om uit te rys.
  5. Wanneer die deeg uitgerys het, kan jy die meeste van die kole uitskep en solank eenkant daarop braai, maar ’n paar los kole moet agterbly.
  6. Maak die pan nou toe met tinfoelie. Moenie die foelie onder die pan invou nie, want die broodjie moet dit nog kan opstoot soos wat dit bak. Vorm met jou vingerpunte ’n klein holtetjie bo op elke blikkie se tinfoelie en skep enkele kooltjies daarin.
  7. Pak nou die pan versigtig op die kole pak ’n paar ekstra kole rondom sonder dat dit aan die pan raak.
  8. As jy jou hand so drie tot vier tellings bo die gat kan hou voor dit te warm raak, is jou 'oondjie' se hitte reg.

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Die broodjie kan enigiets van 20 minute tot ’n driekwartier neem voor dit gebak is. Toets die broodjie ná 20 minute met ’n pen of stokkie. Hou die pan met ’n vatlap vas en wikkel die kante van die brood met ’n mes uit die pan los voor jy dit uitskud.

Mielies resep
Mielies resepte, pret feite en nog baie meer! Foto: Debashis, Robert Kramer, Danny Gallegos, unsplash.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Ek bak gewoonlik my broodjie vir die eerste 20 minute met ‘n deksel op, verwyder deksel en bak vir die laaste 40 minute sonder 'n deksel.

Mielies en bone

Soms vat dit effe langer om heerlike dis voor te sit, en dis natuurlik ideaal vir vleislose Maandag.

Genoeg vir 4 tot 6 mense.

Bestanddele

  • 250 ml (1 k) suikerbone, gewas en geweek
  • 125 ml (½ k) botterbone, gewas
  • 1 ui, gekap
  • 200 ml braaisous
  • 125 ml (½ k) bruinsuiker
  • 30 ml (2 e) fyn mosterd
  • 4 mieliekoppe en brood vir opdiening

Metode

  1. Sif deur die suikerbone om klippies en gesplete bone te verwyder. Was die suiker en botterbone met koue water en laat week oornag.
  2. Gooi die suiker en botterbone in ’n pot wat halfvol water gemaak is. Kook oor medium hitte.
  3. Wanneer die water verdamp, meng die ui, braaisous, bruinsuiker en mosterd in en laat prut ’n uur of tot die verlangde dikte. Sit voor met mielies en snye brood.

Read also

Maklike souttert resep: stap-vir-stap gids heerlike souttert

READ ALSO: Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

Briefly.co.za se mielies resepte is maklik, vinnig en heerlik. Mielies is Suid-Afrika se hoof landbou produk en soos in meeste ander Afrika lande is mielies ook die land se stapel voedsel. Ons resepte is eg tradisioneel en in 'n stap-vir-stap gids bymekaar gesit vir julle gerief.

Ek vertrou hierdie resepte en ek wil al my lesers aanmoedig om dit self te probeer. Laat my weet aan die einde van die berig in kommentaar afdeling hoe dit vir jou uitgedraai het asseblief. Ek sal dit baie waardeer!

Source: Briefly News

Online view pixel