Maklike peppermint crisp tert resep

Maklike peppermint crisp tert resep

Feestelike seisoen is hier en ons vier dit met peppermint crisp terte. ’n Egte tradisionele boerekos gunsteling onder Suid Afrikaners. Dit is ‘n ongebakte tert en ‘n ongelooflike maklike peppermint crisp tert resep. Dit is die perfekte nagereg resep vir kinders omdat die tert nie netjies of mooi gemaak hoef te word nie. Geniet die tert crispy en chunky terwyl elke happie beter word. Lees verder vir nog baie meer kreatiewe resepte soos die peppermint crisp tert met 'n twist!

Peppermint crisp tert.
Peppermint crisp tert resep. Foto: Nuwe Plaas Padstal, The Baking Tart en Platters 'n more by Michelle (verander deur skrywer)
Source: Facebook

Ek dink die geheim met peppermint crisp terte is dat die nagereg nooit teleurstel nie. Altyd ‘n wenner. Kreatiewe boerekos is ons erns. Lees hier verder vir ons ongelooflike lekker en maklike melkkos resep. Die resep kan nie teleurstel nie.

Tradisionele peppermint crisp tert met kondensmelk

Ons begin met die tradisionele en maklike peppermint crisp tert met kondens melk. Dit is moeiteloos vir iemand wat nie gewoonlik tyd in die kombuis spandeer nie.

Read also

Maklike boontjiesop resepte: vinnige geregte stap-vir-stap

Maklike peppermint crisp tert resep.
Maklike peppermint crisp tert resep. Foto: youtube.com, gifs.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Bestanddele

  • 380 g karamel kondensmelk
  • 500 ml vol room
  • 35 g peppermint crisp sjokolade bar
  • 1 pakkie klapper koekies.

NOTA: Jy kan die klapper koekies vervang met tennis biscuits of iets soortgelyk.

Metode

  1. Klits die room tot die stywe stadium.
  2. Voeg kondensmelk by stywe room en roer mooi.
  3. Pak die koekies aan die onder kant van ‘n verkieslike vierkantige bak.
  4. Skep ‘n bietjie van die room en kondensmelk mengsel bo op die koekies.
  5. Rasper ‘n klein bietjie van die peppermint crisp sjokolade oor die mengsel.
  6. Gaan voort en doen dieselfde. Pak ‘n laag koekies, room en karamel kondensmelk mengsel, rasper peppermint crisp, en herhaal tot bo.
  7. Laat staan in yskas vir ‘n paar ure. Hoe langer die tert in die yskas bly, hoe beter.
Maklike peppermint crisp tert resep
Maklike peppermint crisp tert resep. Foto: youtube.com, gifs.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Peppermint crisp tert met vla

Die maklike peppermint crisp tert met vla kan in baie variasies gemaak word. Bedien dit warm, en jy het ‘n peppermint crisp poeding. Bedien dit koud, dan het jy die tradisionele peppermint crisp nagereg. Sit ‘n bietjie brandewyn in, dan het jy tiramisu. Hierdie peppermint crisp tert met jelly of roomys in stede van vla of kondensmelk is lip-lek lekker!

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Peppermint crisp tert resep.
Peppermint crisp tert met vla. Foto: Platter and more by Michelle (verander deur skrywer)
Source: Facebook

Bestanddele

  • 12 tennis biscuits
  • 1 liter vol room melk
  • 1 blikkie karamel kondensmelk
  • 2 opgehoopte eetlepels maizena
  • 2 opgehoopte eetlepels vla poeier
  • 25 g botter of margarien
  • 1 eier
  • 5 ml vanielje geursel
  • 1 teelepel kaneel
  • 1 peppermint crisp sjokolade

Metode

  1. Voeg die kondensmelk, melk en botter saam in ‘n pot. Meng goed.
  2. In ‘n ander pot meng jy die maizena en vla poeier saam met ‘n klein bietjie melk. ‘n Vurk werk goed.
  3. Voeg een eier by die melk mengsel en meng mooi totdat alle bestanddele mooi kombineer.
  4. Sit die stoof aan en meng die mengsel goed totdat die botter smelt.
  5. Nadat daar nie meer ongesmelte botter is nie, roer jy goed die vla poeier en maizena by.
  6. Voeg kaneel en vanielje geur by en roer goed.
  7. Roer aanhoudend vir 15 tot 20 minute tot duk. Hou die hitte op medium sodat die melk nie brand nie. Roer aanhoudend sodat die vla poeier nie onder vas sit nie.
  8. Wanneer die mengsel duk genoeg is haal jy dit af van hitte af en sit dit een kant.
  9. Pak koekies aan die onder kant van ‘n verkieslike vierkantige bak.
  10. Skep ‘n bietjie vla poeier en kondensmelk mengsel bo op die koekies.

Read also

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

Maklike peppermint crisp tert resep.
Skep die mengsel op die koekies. Foto: youtube.com, gifs.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

11. Rasper ‘n klein bietjie peppermint crisp sjokolade oor die mengsel.

12. Gaan voort en doen dieselfde. Pak ‘n laag koekies, room en vla-kondensmelk mengsel, rasper peppermint crisp, en herhaal tot bo.

13. Sit eenkant sodat die vla bietjie kan stol.

Maklike peppermint crisp tert resep.
Peppermint crisp tert met 'n twist. Foto: youtube.com, gifs.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Jy kan die nagereg bedien terwyl dit nog ‘n bietjie warm is of in die yskas sit en koud eet die volgende dag. Lees verder vir nog baie van ons heerlike resepte wat jou tyd en geld spaar.

Opsoek na ‘n ander nagereg? Hier het ons net die beste wenresepte. Ons Maklike sago poeding met meringue is een van ons beste en maklikste resepste.

Peppermint crisp tert met 'n twist

Ons peppermint crisp tert resep het 'n geheim. Basies is dit 'n peppermint crisp tiramisu. Tussen die ingelêde koekies wag 'n verassing wat so bietjie van 'n skop het. Jy gaan in jou noppies wees.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Maklike peppermint crisp tert resep.
Peppermint crisp tiramisu. Foto: pexels.com
Source: UGC

Bestanddele

  • 4 geskeide eiers
  • 1/4 koppie plus 2 eet lepels suiker
  • 3 eet lepels brandewyn
  • 12 gr donger sjokolade
  • 1 teelepel peppermint eksrak
  • 2 koppies maskarpone kaas (kamer temperatuur)
  • 2 koppies vol room
  • 1 koppie koffie
  • 1 pak 'Lady Fingers' of lang vinger koekies. Jy kan ook tennis biscuits gebruik.
  • 1/4 koppie kakao
  • 1/2 koppie fyngedrukte peppermint crisp sjokolade

Metode

  1. Stel 'n dubbelketel op deur 3 duim water in 'n klein kastrol by te voeg.
  2. Vind 'n hitte veilige bak wat bo-op sal pas.
  3. Verhit die water tot 'n sagte prut, klits dan die eiergele en 1/4 koppie suiker in die hitte veilige bak.
  4. Sit bo-op die prutwater pot.
  5. Kook, klits voortdurend, totdat die suiker oplos. Omtrent so 5 minute.
  6. Voeg brandewyn by en kook vir nog 10 minute. Klits aanhoudend totdat mengsel lig en skuimerig is.
  7. Verwyder die bak van die hitte en voeg die sjokolade en peppermint ekstrak by.
  8. Laat sit vir 5 minute of totdat die sjokolade gesmelt is en klits dan tot glad. Sit een kant. As die sjokolade nie gesmelt het nie, sit die bak terug in die dubbelketel en klits tot ten volle gesmelt.
  9. In 'n elektroniese menger toegerus met die klitsbeslaglegging, klop die swaar room met oorblywende suiker. Skraap in 'n groot bak en sit eenkant.
  10. Voeg intussen die maskarpone by dieselfde mengerbak (nie nodig om te was nie) en pas die menger met die paddle beslaglegging.
  11. Voeg die sjokolademengsel by en klop vir 2 minute. Sodra dit goed gekombineer is, verwyder die mengerbak van die menger en vou die helfte van die geklopte room in. Sit oorblywende geklopte room in die yskas.
  12. Voeg die warm koffie in 'n vlak bak en doop ongeveer 1/4 van die lang vingers in die koffie, laat week vir ongeveer 1-2 sekondes.
  13. Skep 'n laag lang vingers in die onderkant van die bakplaat. Skep dan bo-op die helfte van die maskarpone mengsel. Herhaal met oorblywende koekies en maskarpone.
  14. Bedek die finale laag met 'n ewe laag oorblywende geklopte room. Bedek styf met plastiek vou en laat sit dan in die yskas vir ten minste 4 ure of oornag.
  15. Wanneer die tert gereed is om te dien, stof die bo kant met kakao poeier en versier met gebreekte peperment sjokolade.

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Maklike peppermint crisp tert resep.
Maklike peppermint crisp tert resep. Foto: The Baking Tart
Source: Facebook

Feestelike seisoen is hier en ons vier dit met peppermint crisp terte. Met ons geskiedenis van egte tradisionele boerekos kan jy seker wees dat die maklike peppermint crist tert 'n gunsteling gaan wees. Spaar tyd en geld die feestelike seisoen en bederf jou geliefdes met ons lekker nageregte.

READ ALSO: Maklike korslose melktert.

Vuur jou kultuur saam met Briefly.co.za hierdie kersfees en bederf jou familie se smaakknoppies met ons Kersfees soetkoekies resep. Ons leer ook verder van die yskas melktert resep wat jou baie tyd gaan spaar sodat jy verder kan kuier saam met jou mense.

As jy opsoek is na 'n maklike en lekker nagereg is dit die perfekte resep vir jou. Hierdie outydse melktert resep is 'n wel bekende Afrikaner gereg en ons wys julle die verskillende variasies.

Source: Briefly News

Online view pixel