Kersfees soetkoekies resep: stap-vir-stap gids (video's en foto's)

Kersfees soetkoekies resep: stap-vir-stap gids (video's en foto's)

Die outydse soetkoekie resep is ‘n familie geheim onder Suid-Afrikaanse families en is oor gedra deur baie generasies. Vir my buitelandse lesers, die soetkoekies resep is die episentrum van egte Suid-Afrikaanse bakkerye. Elke Afrikaner het al van tevore kersfees soetkoekies geëet of gebak een of ander tyd in hul lewens. Lees verder vir die kersfees soetkoekies en die kondensmelk soetkoekies. Ek deel eers 'n bietjie interessante soetkoekie geskiedenis met julle.

Kersfees soetkoekies resep: stap-vir-stap gids (video's en foto's) Outydse soetkoekies. Kondensmelk soetkoekies. Knuppeldik soetkoekies. Maklike soetkoekies. Vla koekies. 3 bestandele koekies. Oats koekies. Klapper koekies. Koffie Koekies. Botter koekies.
Maklike klein koekies. Foto: pexels.com
Source: UGC

Aan die einde van laas jaar het baie van ons gesit met ons dagboeke en lysies gemaak vir ons nuwe jaar resolusies. Maar wie het nou geweet dat 2020 so gaan uit draai. Ma se soetkoekies. Niemand kon voor berei vir die pandemie nie en vir baie van ons was dit die moeilikste jaar van ons lewe. Baie van my eie geliefdes het ongelooflike goeie lewens veranderinge gemaak maar in dieselfde asem het baie van my mensies ook erg gely. Dit was ‘n verwarrende jaar vir almal van ons en ons het geleer hoe om elke klein bietjie wat ons het te waardeur. Dieselfde geld vir die leiers in die geskiedenis van Suid-Afrika in die manier dat hulle spaarsamig moes werk en elke klein bietjie moes waardeur.

Read also

Maklike boontjiesop resepte: vinnige geregte stap-vir-stap

Teen 1836 toe die boere aan die Kaapse grens besluit om weg te trek, het die voorbereidings vir die trek verskriklik baie aandag geverg. 'n Paar kommissies is in die binneland gestuur om inligting oor moontlike trek roetes te versamel. Die Voortrekkers wou weet wat vir hulle voorlê en hulle wou gereed wees en voor uit beplan. Eerstens moes hulle natuurlik aan voedsel dink en veral aan dit wat die binneland nie kon oplewer nie, soos meel, rys, koffie, tee en suiker. Later met tyd gedurende die Trek, het hierdie bestanddele baie skaars geword. Die boervroue van daardie jare was talentvolle baksters en kon besonders goed kook. Vetkoek, boerbeskuit, mos bolletjies, soetkoekies, stampmielies, bobotie, boerewors en melktert was van die daaglikse geregte wat hulle voor berei het vir hulle families.

Lees hier verder vir ‘n Maklike melkkos resep: met pasta of met kondensmelk in die mikrogolf.

Dit was van belang om vinnige en maklike resepte te maak en met ‘n tekort van baie voorraad. Hier by Briefly.co.za het ons tradisionele resepte wat jou tyd spaar en geld kos. Ons kreatiewe kos resepte is heerlik en kan nie teleurstel nie.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Kersfees soetkoekies resep: stap-vir-stap gids (video's en foto's) Outydse soetkoekies. Kondensmelk soetkoekies. Knuppeldik soetkoekies.Maklike soetkoekies. Vla koekies. 3 bestandele koekies. Oats koekies. Klapper koekies. Koffie Koekies. Botter koekies.
Ouma se soetkoekies resep. Foto: gifs.com
Source: UGC

Knuppeldik soetkoekies

Ons soetkoekies resep kom uit Judith Engelbrecht se boeke van Pretoria en sy was ‘n afstammeling van die Voortrekker leier, Andries Pretorius van wie die stad Pretoria vernoem was.

Bestanddele

  • 500g sagte botter
  • 500g suiker
  • 4 eiers
  • 500g koekmeel
  • 500g mielieblom
  • 10ml bakpoeier
  • 5 ml sout
Soetkoekies resep. Outydse soetkoekies. Kondensmelk soetkoekies. Knuppeldik soetkoekies. Kersfees soetkoekies. Maklike soetkoekies. Kondensmelk koekies. Vla koekies. 3 bestandele koekies. Oats koekies. Klapper koekies. Koffie Koekies. Botter koekies.
Kersfees soetkoekies bestanddele. Foto: N Marais
Source: Original

Metode

Stap 1: Klits die botter, suiker en eiers tot lig en romerig.

Stap 2: Sif die droë bestanddele saam en voeg by die bottermengsel. Meng baie goed.

Stap 3: Rol klein bolletjies, pak op bakplaat en druk met ‘n vurk plat.

Stap 4: Bak goudbruin op 190 °C vir ongeveer 8-10 min.

Soetkoekies resep. Outydse soetkoekies. Kondensmelk soetkoekies. Knuppeldik soetkoekies. Kersfees soetkoekies. Maklike soetkoekies. Kondensmelk koekies. Vla koekies. 3 bestandele koekies. Oats koekies. Klapper koekies. Koffie Koekies. Botter koekies.
Kersfees soetkoekies resep. Foto: pexels.com en unsplash.com
Source: UGC

WENK: Sit versiersuiker tussen twee koekies en dip in jou koffie!

3 Bestanddele Koekies

Hierdie 3 bestanddele koekies resep is baie lekker as jy vinnig maklike klein koekies wil maak. Dit is een van die lekkerste tuisgebakte klein koekies wat mens kan maak.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Bestanddele

  • 1kg koekmeel
  • 500g Icing Sugar
  • 1kg Botter

Metode

Stap 1: Meng alles saam.

Stap 2: Rol die deeg uit en maak vormpies met “cookie cutters”.

Stap 3: Bak vir 10 minute of tot goud bruin op 180° C.

In 3 stappe met 3 bestanddele kan jy hierdie soetkoekie wenresep bymekaar gooi. Dit is hoe eenvouding hierdie klein koekie resep nou eintlik is. Geniet!

Soetkoekies resep. Outydse soetkoekies. Kondensmelk soetkoekies. Kersfees soetkoekies. Ouma se soetkoekies resep. Maklike soetkoekies. Kondensmelk koekies. Vla koekies. 3 bestandele koekies. Oats koekies. Klapper koekies. Koffie Koekies. Botter koekies.
Kersfees soetkoekies resep. Foto: gifs.com
Source: UGC

Lees eers hierdie oulike berig van krummelpap en dan sit jy en loer die oulike video vir 'n maklike koekiedeeg resep van Huisgenoot.

READ ALSO: Maklike tradisionele krummelpap resepte.

By Briefly.co.za is ons trots Suid-Afrikaans en ons tradisionele resepte is maklik, vinnig en liplekker. Maak seker jy teken hier in om ons daaglikse bywerkings te geniet.

Source: Briefly News

Online view pixel