Tradisionele krummelpap resep: stap-vir-stap gids en proses

Tradisionele krummelpap resep: stap-vir-stap gids en proses

Krummelpap, ‘n variasie van mieliepap, is ‘n outydse Suid-Afrikaanse gunstelling en dit word geëet deur meeste van al die verskillende ras groepe in die Rainbow Nation. In hierdie artikel vind jy ‘n egte tradisionele krummelpap resep wat vir jou mooi in ‘n stap vir stap gids wys hoe om hierdie heerlike boerekos krummelpap voor te berei. Hier kan jy ook leer hoe om mikrogolf krummelpap met mielies te maak. Dit is vinnig, jy spaar baie krag en tyd en dis ‘n hartlike vullende gereg. Net so klein bietjie gaan baie ver.

Tradisionele krummelpap resep: stap-vir-stap gids en proses. Tradisionele krummelpap. Boerekos krummelpap. Krummelpap microwave. Krummelpap metode. Krummelpap in mikrogolf. Krummelpap resep jan braai.
Tradisionele krummelpap. Foto: J van Wyk
Source: Facebook

TABLE OF CONTENTS

In Suid-Afrika is mielies ‘n baie bekende landbouproduk en soos in die meeste ander Afrika lande is dit ook die land se stapel voedsel. Daar is miljoene name vir die gereg en baie verskillende maniere om gaar te maak. Na rys en koring is dit die belangrikste graansoort ter wêreld en Suid Afrika is een van die tien grootste mielie produserende lande. Krummelpap is ‘n gunsteling hier en word in baie kreatiewe kos resepte gebruik.

Read also

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

Lees hier ‘n bietjie verder as jy lus is vir maalvleis saam met jou tradisionele krummelpap. Die resep is maklik en liplekker! READ ALSO: Maklike maalvleis.

Hier volg die outydse krummelpap resep wat glad nie sal teleurstel nie.

Tradisionele krummelpap resep: stap-vir-stap gids en proses
Tradisionele krummelpap resep. Foto: gifs.com
Source: UGC

Tradisionele krummelpap resep

Die verhouding van water tot meel is die geheim vir genotvolle krummelpap. Hoeveel water jy gebruik en hoe gereeld jy roer maak die verskil tussen slap pap, stywe pap en krummelpap. Ons verduidelik jou mooi hier onder in ‘n stap vir stap gids en proses. Hierdie krummelpap resep is genoeg vir 4 tot 6 mense.

Bestanddele:

  • 1 koppie water en
  • 1 koppie meel

Só maak jy krummelpap. Metode:

Stap 1: Gooi die water in ’n pot, geur dit met sout en bedek. Verhit dit tot kookpunt. Gooi al die meel op een slag by sodat dit op ’n hoop in die middel van die pot lê. Moenie dit roer nie.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Stap 2: Sit die deksel op en kook die meeltoring vir sewe (7) minute.

Stap 3: Krap die pap met ’n vurk los sodat dit fyn krummels maak.

Stap 4: Verminder die hitte en stoom die pap vir 20 tot 30 minute tot dit sag en gaar is.

Stap 5: Roer ’n klontjie botter in en skep op. Dit gaan heerlik met ‘n klein bietjie melk en gestrooi met suiker.

Ek het vir die kinders ‘n baie maklike metode geleer. Meng so halwe koppie mieliemeel met koue water tot ‘n gladde gedoente. Gooi dan die kookwater by en laat verder prut tot die meel gaar is. Jy kan bietjie meer meel by voeg as die mengsel te slap is.

Tradisionele krummelpap resep: stap-vir-stap gids en proses. krummelpap resep. mikrogolf krummelpap. tradisionele krummelpap. krummelpap met mielies.
Meng die meel met koue water. Foto: gifs.com
Source: UGC

Mikrogolf krummelpap met mielies

Mieliepap is my spesialiteit as die bure se kleinkinders kom kuier en omdat hulle nie genoeg daarvan kan kry nie maak ek dit sommer in die mikrogolf. Dit spaar my tyd, krag en geduld. Dan kan ek verder my popcorn eet en Brad Pitt movies kyk.

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Bestanddele:

  • 500ml koue water
  • 500ml mieliemeel of braaipap
  • 7ml sout

Metode:

Stap 1: Meng die meel, water en sout saam. Maak toe met ‘n deksel of bedek met kleef plastiek maar onthou om die plastiek te prik.

Stap 2: Mikrogolf die pap vir vyf minute op hoog en roer weer met ‘n vurk. Die pap moet nou krummelrig wees. Mikrogolf die pap op half sterkte of 50% krag vir 10 minute. Roer weer met ‘n vurk.

Stap 3: Mikrogolf dit weer op half sterkte of 50% krag vir 10 minute en roer weer met ‘n vurk.

Stap 4: Voeg mielies by en siedaar! Krummelpap met mielies in 4 maklike stappe. Bedien warm.

Absoluut heerlik saam met ‘Creamy Amasi’ of melk.

Tradisionele krummelpap resep: stap-vir-stap gids en proses
Tradisionele krummelpap resep. Foto: N Marais
Source: Original

Hier is ‘n interessante feit van putu, phuthu, mieliepap, umphokoqo, umvubo, isidudu of crumbly mealie pap: Vimla Naidoo was 'n beampte in die Kantoor van President Nelson Mandela waar sy gehelp het met die organisasie van funksies insluitende die ontvangs van seremonies vir ander Parlementêre hoof koppe en die opening van parliament. Sy beskryf die epos was sy ontvang het:

Read also

Maklike souttert resep: stap-vir-stap gids heerlike souttert

'Zelda [Nelson Mandela se assistent] het vir my 'n epos vanaf London gestuur en dit lees, 'Jy sal dit nie glo nie, maar Madiba is moeg vir die hotel se kos.' Waarvoor hy gevra het was, umphokoqo. Egte tradisionele Suid Afrikaanse 'crumbly' mealiemeal verdrink in suur melk (Amazi). Hy was in een van die beste internasionale hotele maar krummelpap was waarvoor hy lus was.'

Nelson Mandela. Foto: Betumi Blog. Tradisionele krummelpap resep: stap-vir-stap gids en proses. Mikrogolf krummelpap. Tradisionele krummelpap. Krummelpap met mielies.
Nelson Mandela. Foto: Betumi Blog.
Source: UGC

Lees eers hierdie oulike berig oor mieliepap en dan sit jy en loer bietjie hoe kook die musikant 'n krummelpap resep.

READ ALSO: How to make pap from scratch.

By Briefly.co.za is ons trots Suid-Afrikaans en ons tradisionele resepte is maklik, vinnig en liplekker. Maak seker jy teken hier in om ons daaglikse bywerkings te geniet.

Hierdie oulike video hier onder wys J'Something vanuit die musiek groep Micasa, hoe om mieliepap in drie verskillende maniere te maak. Die video is net so oulik soos die man self!

Read also

Griekwastad moorde: datum, feite, fotos, bewyse, hofsaak

Source: Briefly News

Online view pixel