Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Ons liplekker fudge resep is ontrek uit die oudste en mees geliefkooste kookboeke: Ouma Karen se St. 8 skool kookboek se blaaie plak aan mekaar vas en al sy ore draai met olie kolle soos wat die boek al deur die generasies gebruik word. Die resepte in die boek wen almal se harte en hulle is verskriklik maklik en vinnig. Dit gee vir jou meer tyd om die happies te geniet met jou mense!

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees
Oh my foodness: dis fudge! Foto: MomOnTimeout, Averie Cooks (verander deur skrywer)
Source: Facebook

As jy die fudge resep stap-vir-stap volg, dan het dit 'n lekker sagte, romerige tekstuur. Verder af in die artikel is daar nog baie meer soos die mikrogolf fudge resep wat in 'n japtrap bymekaar gegooi word, asook fudge sonder kondensmelk.

Fiela se maklike fudge resep

As jy ander bestanddele en geure wil byvoeg, voeg dit by voordat jy die mengsel begin klop. Nadat die beslag verkoel het, kan jy neute of sjokolade bo-op sit wat jou fudge hemels lekker sal maak.

Read also

Lekker roosterkoek resep: stap-vir-stap gids met fotos en video

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees. basaar fudge resep
Fiela van Fochville se fudge verander lewens! Foto: RecipeGirl, Owen Bruce, Sincerely Media (verander deur skrywer)
Source: Facebook

Hierdie fudge sal in 'n lugdigte houer by kamertemperatuur hou vir so 2 weke. Net as almal nie alles voor die tyd op eet nie.

Bestanddele

  • 1 blik kondensmelk
  • 1kg suiker
  • 115g (125 ml) botter
  • 250ml vars melk
  • 25ml goue stroop
  • 5ml vanieljegeursel
  • Knippie sout

Jy sal ook die volgende nodig hê: gesmeerde vierkantige bakplaat. Jy kan ook bakpapier aan die onderkant van 'n bakplaat neerlê voordat jy die mengsel daarin giet, dan is dit makliker om te sny.

Metode

  1. Voeg al die bestandele behalwe kondensmelk en geursel in 'n kastrol en roer met 'n houtlepel.
  2. Sit 'n deksel op, verhit tot kookpunt en put vir 5 minute.
  3. Haal die deksel af en roer die kondensmelk in.
  4. Roer vinnig en goed totdat dit weer kook.
  5. Moenie nou of later weer roer nie, want dan brand die mengsel vas.
  6. Hou die kastrol oop en moenie bedek nie.
  7. Kook vir nog 20 of 30 minute stadig tot goudbruin en laat dit vir 7 minute lank afkoel.
  8. Voeg geursel by en roer nou eers die fudge met 'n houtlepel totdat dit stywer word.
  9. Sprei vinnig op 'n gesmeerde bakplaat of bakpapier van naastenby 35 by 25 cm.
  10. Wanneer dit amper styf is trek jy riffies daarop met 'n vurk.
  11. Sny in blokkies voordat dit te hard is.

Read also

Maklike boontjiesop resepte: vinnige geregte stap-vir-stap

Geliefd deur die jare, maak ons knuppeldik fudge resep 'n eg Suid-Afrikaanse tuisgemaakte geskenk vir jou familie en vriende. Verder af in die artikel is daar blitsvinnige nageregte.

Mikrogolf fudge resep

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees
Maklikste en heerlikste microwave fudge ooit. Niemand sal weet nie. Foto: Spoon University, Real Housemoms, Delish (verander deur skrywer)
Source: Facebook

Hierdie is die vinnigste, maklikste en heerlikste microwave fudge resep wat ek al ooit probeer het.

Bestanddele

  • 125gr botter of margarien
  • 500ml strooisuiker
  • 1 blik kondensmelk
  • 25ml vanielje geursel
  • 15ml asyn
  • knypie sout

Jy sal ook die volgende nodig hê: gesmeerde vierkantige bakplaat. Jy kan ook bakpapier aan die onderkant van 'n bakplaat neerlê voordat jy die mengsel daarin giet, dan is dit makliker om te sny.

Metode

  1. Mikrogolf botter of margarien vir 1 minuut op 100% krag.
  2. Roer deeglik met 'n houtlepel.
  3. Voeg strooisuiker en kondensmelk by. Moet nie roer nie en mikrogolf oop by 100% krag to die bestanddele smelt.
  4. Roer dit nou deeglik met 'n houtlepel.
  5. Mikrogolf die mengsel onbedek vir 10 min by 100% krag en roer elke 3 minute goed.
  6. Voeg die vanielje geursel, asyn en sout by en klop die fudge met 'n houtlepel tot dit begin styf word.
  7. Giet dit dadelik in 'n pan en maak dit bo-op gelyk.
  8. Laat dit bietjie afkoel en sny die fudge in blokkies. Laat dan heeltemal koud word.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

WENK: Rasper 'n klein bietjie sjokolade bo oor terwyl die mengsel nog so effe warm is.

Sjokolade fudge resep sonder kondensmelk

As tyd nie aan jou kant is nie dan is hierdie mikrogolf chocolate fudge resep net die een vir jou. Die smaak herinner jou aan jou kinderdae en al jou mensies gaan vir meer vra.

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees
Sjokolade fudge resep sonder kondensmelk. Maklik en vinnig! Foto: Recipe Girl, SugarFreeMom, Averie Cooks (verander deur skrywer)
Source: Facebook

Versier die bokant met neute dan sal jou geliefdes dink hulle is in die winkel gekoop.

Bestanddele

  • 500g versiersuiker (moet gesif wees)
  • 250ml botter of margarien
  • 100ml kakao poeier
  • 1 eier
  • 1 pakkie tennis beskuitjies in stukkies gebreek

Jy sal ook die volgende nodig hê: gesmeerde vierkantige bakplaat. Jy kan ook bakpapier aan die onderkant van 'n bakplaat neerlê voordat jy die mengsel daarin giet, dan is dit makliker om te sny.

Metode

  1. Sif die versiersuiker, kakao en margarien of botter in 'n groot bak en kook vir 3 min op 100% krag.
  2. Meng goed. Die mengsel gaan so bietjie droog lyk.
  3. Voeg eier by en meng goed.
  4. Voeg die koekies by en roer goed deur.
  5. Giet in 'n gesmeerde pan en sny in blokkies wanneer afgekoel het.

Read also

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

'n Baie lekker soet fudge resep vir koue winter dae. Trooskos op 'n Sondag saam met 'n koppie vuurwarm tee!

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees
Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees. Foto: MomOnTimeOut, TheStayathomeChef (verander deur skrywer)
Source: Facebook

READ ALSO: Vinnige plaatkoekies resep idees: maklik, sonder eiers, sonder melk

Hier by Briefly.co.za is ons trots Suid-Afrikaans en kreatiewe boerekos is ons erns. Behalwe vir ons fantastiese fudge resep kan jy hier verder lees vir ons ongelooflike lekker en maklike plaatkoekies resep en nog baie ander vinnige heerlike nagereg idees.

Slaan vinnig so ietsie bymekaar al mis jou stoorkas 'n paar bestanddele. Ons het 'n maklike plaatkoekies resep sonder melk en sonder eiers. Sprinkel met soetstroop, smul tot sonop!

Source: Briefly News

Online view pixel