Maklike souttert resep: stap-vir-stap heerlike souttert (VIDEO)

Maklike souttert resep: stap-vir-stap heerlike souttert (VIDEO)

Hierdie egte Suid-Afrikaanse souttert resep word in 'n japtrap bymekaar gesit vir jou honger gaste en geliefdes. Beindruk jou mense met ons smullekker boelie bief souttert wat reg uit Ouma se kookboek oorgeskryf is. Vandag bak en brou ons met heerlike souttert resepte wat mooi in 'n stap-vir-stap gids uitgelé word. Kookkuns op sy beste!

Maklike souttert resep
Maklike souttert resepte vir die hele familie en vir enige geleentheid! Foto: Holidays, Heart FM, Real Housemoms, Circle Workshops & Classes, SparkPeople (verander deur skrywer)
Source: Facebook

In hierdie artikel leer ons vir julle hoe om baie maklike soutterte te bak. Daar is variasies van boelie bief, tuna en 'n korslose souttert met spek, elkeen met sy eie eg Suid-Afrikaanse smaak. Heerlik vir enige vingerhappie, ligte middagete of aandete.

Korslose souttert

Hierdie resep is die basis vir die res van die variasies. As jy niks anders in die huis het nie, en tyd is nie aan jou kant nie dan is die een jou wenresep en jy hoef nie meer verder te soek vir 'n maklike souttert resep nie. Jy hoef egter nie kouevlies te gebruik nie en kan dit vervang met sampioene of spinasie (vir vegetariese resepte) Vir die wat so bietjie gesonder wil wees, kan jy die kaas en melk halfeer.

Read also

Lekker roosterkoek resep: stap-vir-stap gids met fotos en video

Bestanddele

  • 375ml melk
  • 30ml olie
  • 4 eiers, geklits
  • 80ml bruismeel
  • 1 wiel feta kaas
  • 250ml gerasperde cheddar kaas
  • 1 gekapte ui
  • Sout en peper na smaak
  • Fyngekapte pietersielie
  • 125g geurige kouevleis soos ham of salami (of spek vir 'n spek en-uie-souttert)

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 190℃.
  2. Smeer 'n middelslag-tertbord met botter en sprinkel met koekmeel.
  3. Verhit die olie en braai gekapte uie tot lig bruin.
  4. Laat effens af koel en roer kouevleis, kase en pietersielie by.
  5. Sprinkel meel, sout en peper oor en roer deeglik deur.
  6. Klits eiers en melk saam en voeg by, meng goed.
  7. Giet egalig in voorbereide oondbak en bak vir ongeveer 30 minute. Bak tot die tert ferm en goudbrein is.

WENK: Sprinkel bietjie kaas bo oor sodat dit in die oond kan smelt en braai. Maak seker dat jy 'n ogie daarop hou en om jou oondbak lekker te smeer of spyt met botter, olie of spray 'n cook.

Read also

Maklike boontjiesop resepte: vinnige geregte stap-vir-stap

Maklike souttert resep: stap-vir-stap heerlike souttert (VIDEO)
Die lekkerste souttert resep onder die son! Foto: Kook in Afrikaans, youtube.com, gifs.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Laat die tert effens af koel en geniet! Heerlik saam met koue slaai of sommer net so. Nou dat ons die korslose souttert se basis resep verstaan, kyk ons na ander smaakvolle souttert resepte.

Maklike souttert met bully beef

Hierdie nostalgiese bully beef souttert sal jou herinner aan die dae toe ons nog as kinders vry kon speel in die riviere en velde. Mamma roep uit die kombuis venster, 'Kos is reg!' en almal hardloop om eerste 'n happie te gryp. Hier is 'n bully beef souttert resep wat jou terug sal vat na jou kinderdae en geskik is vir enige geleentheid.

Bestanddele

  • 375ml melk
  • 30ml olie
  • 4 eiers, geklits
  • 80ml bruismeel
  • 250ml gerasperde cheddar kaas
  • 1 gekapte ui
  • Sout en peper na smaak
  • Fyngekapte pietersielie
  • 1 tee lepel mosterd
  • Sout en peper na smaak
  • 1 blik bully beef (boeliebief)

Metode

Read also

Mielies resep: Kook gids vir heerlike geregte en meer (video)

  1. Voorverhit die oond tot 190℃.
  2. Smeer 'n middelslag-tertbord met botter en sprinkel met koekmeel.
  3. Verhit die olie en braai die uie tot lig bruin.
  4. Druk boeliebief effens fyn in 'n groot mengbak.
  5. Klits 'n paar druppels melk en die bruismeel tot 'n paste.
  6. Voeg die paste by res van bestanddele by en meng goed deur.
  7. Giet in oondskottel en sprinkel bietjie gerasperde kaas bo oor.
  8. Bak vir 40 tot 45 minute tot goudbruin.
  9. Laat rus vir 10 minute.

WENK: Bedien met ligte groenslaai en smul! Maak seker dat jy 'n ogie op dit hou en om jou bak lekker te smeer/spyt met botter, olie of spray 'n cook.

Maklike souttert resep: stap-vir-stap heerlike souttert (VIDEO)
Spek en uie souttert is altyd 'n wenner. Foto: Kook in Afrikaans, youtube.com, gifs.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Hierdie is waarlik die lekkerste souttert resep wat ek al ooit gemaak het en hy kan nie flop nie. Dit is 'n hemelse ligte ete, ook perfek vir eenpan of oondpan souttert vir ontbyt.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Tuna souttert

Hierdie liplekker souttert resep gaan jou minder as 'n uur vat om voor te berei en te bak. Ek het hom al 'n rukkie terug opgespoor en probeer. Dis baie vinnig en maklik, en verskriklik smaaklik. Ek het hom so bietjie aangepas en voel vry om dieselfde te doen.

Bestanddele

  • 275ml melk
  • 20g margarine/ olyf olie
  • 2 eiers
  • 30g koekmeel
  • 100g uie, gekap
  • 80g Cheddar-kaas, gerasper (of helfte feta)
  • 100g sampioene, gekerf
  • 170g tuna (1 blikkie)
  • Halwe koppie gaar rys
  • 5ml mosterdpoeier
  • Sout en peper na smaak

Metode

  1. Verhit oond tot 180°C.
  2. Braai die uie in margarien tot sag en ligbruin. Voeg sampioene by en braai liggies. Haal van die warm plaat af.
  3. Klop melk en eiers mooi saam.
  4. Meng mosterdpoeier, koekmeel, sout en peper saam.
  5. Roer eiers en melk geleidelik by meelmengsel, klop om klonte te voorkom.
  6. Voeg die res van die bestandele by en meng goed.
  7. Skep in die tertbak, besprinkel met cheddar kaas en paprika en bak sowat 40 minute lank in die middel van die oond tot gestol.
  8. Laat rus vir 10 minute en geniet!

Read also

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

Maklike souttert resep: stap-vir-stap heerlike souttert (VIDEO)
Maklike souttert resep: stap-vir-stap heerlike souttert. Foto: Terri Cnudde, pixabay.com
Source: UGC

WENK: Sprinkel fetakaas bo oor sodat die kaas lekker kan braai. Instede van 'n tertbak kan jy 'n muffin pan gebruik. Skep die vulsel in 'n kolwyntjie pan en bak vir 15 minute vir souttert muffins.

READ ALSO: Souskluitjies resepte: maklike stap-vir-stap gids en proses

Hier by Briefly.co.za is ons trots Suid-Afrikaans en kreatiewe boerekos is ons erns. Lees hier verder vir ons ongelooflike lekker en maklike souskluitjies resep.

Tradisionele melkkos wat van snysels gemaak word is voorheen skertsend ‘slinger-om-die-snoel’ genoem. Melkkos is nie wetenskap nie, dis emosie! Lees hier verder vir ‘n maklike melkkos resep!

Source: Briefly News

Online view pixel