Maklike melktert resep: yskas, mikrogolf en sjokolade weergawe

Maklike melktert resep: yskas, mikrogolf en sjokolade weergawe

Melktert is ongetyfeld een van Suid-Afrika se gunsteling nageregte. Hierdie heerlike kaneelmelkgereg word meestal koud as ‘n tert voorgesit met of sonder kors. Maklike melktert resepte is te vinde by koekverkopings, supermarkte, bakkerye, kerkbasaars en een van die gewildste terte om te maak.

Maklike melktert resep
Maklike, tradisionele melktert. Foto: Alana Smith Cakes
Source: Facebook

Die geskiedenis van hierdie romerige vulsel met of sonder ’n soet deegkors, se bestanddele bestaan uit melk, meel, suiker en eiers. Sommige resepte vereis dat die vla in die kors gebak word, terwyl ander vereis dat die vulsel apart voorberei word en dan voor opdiening in die kors gegiet word. Kaneel word oor die oppervlak gesprinkel. Resepte van dié gereg is so volop soos mielielande in die Vrystaat, van maklike melktert resepte, korslose melktert, yskas melktert resep, ongebakte melktert resep, mikrogolf melktert resep, outydse melktert resep en sjokolade melktert resep, om maar ‘n paar op te noem.

Oorsprong van melktert

Hierdie gereg is nie eie aan Suid-Afrika soos algemeen gedink word nie, maar is duisende jare deur die Nederlandse setlaar melkboere wat in die Kaap die Goeie Hoop gewoon het in die 1600s, bekendgestel. Amandelpap, gemaak van amandelmelk en gegeur met gemmer en kaneel, het destyds agter die geheimsinnige kloostermure ontwikkel tot perfeksie.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Mettertyd het die oorspronklike amandelpap ’n eiervla-pap geword en het broskors of skilferdeeg as kors in gebruik gebly. Middeleeuse resepte dui graag aan dat suiker agterna oor geregte gesprinkel moet word, net soos ons vandag nog kaneelsuiker oor melktert sprinkel.

Melktert variasies

Een van die kenmerke van ons kookkuns is verouderde smake, resepte en tegnieke wat behoue gebly het, soos die tradisionele melktert resep. Daar is wel verskeie ander variasies van melktert, die verhouding melk tot eier is hoër as in tradisionele Europese vlaterte of Sjinese eierterte, wat dit 'n ligter tekstuur en 'n sterker melksmaak gee. Verskeie lande het heeerlike variasies van die eiervla-familie.

Maklike melktert resep
Melktert variasies. Foto: Nasionale Melktertdag
Source: Facebook

Die Spanjaarde is lief vir gebakte vla en die Portugese smul graag aan klein vlatertjies. Die Franse is die trendsetters as dit by fyngebak kom en hulle het ’n paar tradisionele soet nommertjies op die melktert-tema ontwikkel, soos Gâteau Basque, ’n ryk vlapaptert in ’n amandeldeeg wat bo sowel as onder bedek word met amandeldeeg. Mille feuille en chouxpoffertjies, torte en gâteaux wink almal saam in Franse pâtisserie-vensters om verbygangers te oorrompel.

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Daar is ook Australiese melktert resepte, Portugese melktertjies en Jodeterte, ‘n gebak wat bestaan uit sewe dun lagies bros koek en eiervla-vulsel. Ander opsies is ook melktertroomys, melktertmelkskommel en melktertlikeur.

Trooskos uit jou kinderdae

Ongeag of dit melktert met of sonder kors is, warm of koud, dit staan algemeen bekend as trooskos. Daar is verskeie opsies vir die maak van die kors en daar is dié wat glo in ‘n skilferkorsdeeg. Andersins is daar heelparty heerlike, korslose opsies. Tradisionele geurmiddels wat gebruik is sluit in amandel, nartjieskil, perskeblare en kaneel, wat aan ons bekendgestel is deur Javanese slawe.

Maklike melktert resep
Heerlike melktert met kaneel. Foto: Nasionale Melktertdag
Source: Facebook

Maak nie saak watter vlapap-soetding jou gunsteling-trooskos is nie, as jy weer jouself wil bederf, maak soos kokke die wêreld oor reeds eeue lank doen en kies een van dié maklike, vinnige en bekostigbare verleidings soos die vinnige yskas melktert resep, mikrogolf melktert resep en heerlike sjokolade melktert resep.

Read also

Maklike souttert resep: stap-vir-stap gids heerlike souttert

Yskasmelktert bestanddele

  • 2 pakkies tennis beskuitjies
  • 1 Liter Melk
  • ¼ koppie suiker
  • 1 Eier
  • 1 Blikkie Kondensmelk
  • 1 Hoogvol eetlepel vlapoeier
  • 2 Eetlepels Mielieblom (maizena)
  • Sout

Metode

  1. Maak ‘n pasta van die vla, mielieblom, suiker en eier.
Maklike melktert resep
Maak 'n pasta van die vla, mielieblom, suiker en eier. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

2. Verhit die melk & kondensmelk tot dit kookpunt bereik.

3. Voeg die vla pasta by met ‘n dun straaltjie, terwyl jy aanhoudend roer. Kook net ‘n rukkie oor lae hitte tot gaar en dik.

Maklike melktert resep
Kook oor lae hitte tot gaar en dik. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

4. Gooi die helfte van die beslag oor die kors, pak nog ‘n laag beskuitjies en gooi die ander helfte oor.

koekies
Gooi beslag oor die koekies. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

5. Strooi bietjie kaneel en gekrummelde Tennis beskuitjies bo-oor en laat heeltemal afkoel en stol.

Sjokolademelktert bestanddele

  • 1 liter melk
  • 180ml vlapoeier
  • 30ml Kakao
  • 1 blik kondensmelk
  • 5 ml vanielje geursel
  • 1 eier geklits
  • 2 pakke tennisbeskuitjies

Metode

  1. Verhit die 750ml melk oor matige hitte in ‘n kastrol.
  2. Meng die kakao en vla met die res van die melk en kondensmelk by tot glad.
  3. Voeg by die warm melk in die kastrol en roer, prut en roer tot glad en dik.
  4. Verwyder van stoofplaat en laat effens afkoel.
  5. Voeg vanielje geursel en geklitse eier by.
  6. Begin met beskuitjies en smeer vlamengsel oor, herhaal patroon tot vulsel opgebruik is.

Read also

Sterretekens persoonlikhede: Eienskappe van die sterretekens

Mikrogolfmelktert bestanddele

  • 1 liter volroommelk
  • 125g botter
  • Knippie sout
  • 2 eiers
  • 190ml suiker
  • 125 ml koekmeelblom
  • 5ml vanielje geursel

Metode

  1. Klits alles saam en plaas in ‘n mikrogolf mengbak.
  2. Mikrogolf die mengsel as volg: drie minute, roer, twee minute, roer, twee minute, roer.
  3. Skep in tertbak, strooi kaneel oor en laat afkoel.

Ongeag of dit eie aan Suid-Afrika is of nie, dit is geliefd asof ons eie. Maklike melktert resepte soos hierdie romerige yskas melktert resep, mikrogolf melktert resep en sjokolade melktert resep is maklik genoeg vir enigeen om te probeer. Daar is ook heelparty verskilllende korse wat gemaak/gebak kan word en 'n wye verskeidenheid oondgebakte melktert resepte.

READ ALSO: The tastiest milk tart recipe ever!

Op Briefly.co.za is daar heerlike resepte van hierdie eeu oue kaneelmelktert. Hierdie resep is van 'n oondgebakte melktert en kan in altesaam 35 minute opgedien word. Die maklike kors tesame met 'n heerlike melkvulsel, afgerond met kaneel, sal enigeen na 'n bobaasbakster laat lyk.

Read also

Ricus Nel - Boerepompie ft. Snotkop liedjies, lirieke

Source: Briefly News

Online view pixel