Maklike karringmelk beskuit resep

Maklike karringmelk beskuit resep

Suid-Afrika het baie uiteenlopende, diverse kosse. Een van die gewildstes is saam met boeretroos, naamlik heerlike karringmelk beskuit. Dit is iets wat sterk herinner aan ons sorgvrye kinderdae. Vandag is dit algemeen om eerder beskuit in die winkel te koop as om self te bak, maar die lekkerstes bly dié wat in ouma, ‘n tannie of ma se kombuis gemaak is met ons maklike karringmelk beskuit resep. Soos die gesegde lui, wat is koffie dan nou sonder beskuit?

Maklike karringmelk beskuit resep
Heerlike karringmelk beskuit. Foto: pexels.com
Source: UGC

Dit is ‘n tradisionele Afrikaanse gebak om saam met tee of koffie te eet. Dit word ook daarin gedoop om dit geurig en sag te maak. Daar is verskeie resepte, maar die bekendstes is boerbeskuit, mosbolletjies en karringmelkbeskuit. Die kommersiële "Ouma se Beskuit" is alom bekend en moontlik die naaste wat jy sal proe wat herinner aan jou ouma se geliefde familie resep. Beskuit word oorwegend saam met die oggendkoffie te eet, maar word dikwels ook geniet saam met laatmiddagkoffie en aandkoffie.Veral in die platteland word beskuit as 'n stapelvoedsel beskou en verskaf dit soggens die nodige energie vir die dag se fisiese werk.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Geskiedenis van Suid-Afrikaanse beskuit

Beskuit, eg Afrikaane kos, se oorsprong kom van Jan van Riebeeck tydens sy verblyf aan die Kaap. In daardie jare is brood nog vanaf Holland ingevoer. Hy meld in sy Daghregister (III) op 23 September 1660 dat van die "cruymelbeschuit" vir die varke gegee moes word, waarskynlik omdat dit muf geword en bederf het.

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Maklike karringmelk beskuit resep
Maklike karringmelk beskuit. Foto: Buttermilk Rusks
Source: Facebook

Die woord 'beskuit' is afkomstig van die Franse woord biscuit de guerre, wat beteken “twee keer gebak”. Die eerste beskuitresepte het in De volmaakte Hollandsche keuken-meid van 1761 verskyn. Die tannies in die Kaap was ywerige baksters en het beskuit aan die matrose verkoop asook aan die reisigers wat die lang verkenningstogte die binneland in moes aanpak. Spoedig het vele karringmelk beskuit resepte verskyn soos die tantes gebak en -brou het.

Van maklike karringmelk beskuit resep, snowflake karringmelk beskuit, ryk karringmelk beskuit, outydse karringmelk beskuit, maklike karringmelk beskuit met koekmeel en klapper karringmelk beskuit om maar 'n paar te noem.

Maklike karringmelk beskuit resep
'n Heerlike baksel karringmelk beskuit in die oond. Foto: Kromme River Buttermilk Rusks
Source: UGC

Agtergrond van karringmelk

Read also

Maklike souttert resep: stap-vir-stap gids heerlike souttert

Karringmelk as sulks is 'n geurige, suur melkdrank wat as neweproduk van bottervervaardiging ontstaan. Karringmelk word reeds sowat 4 500 jaar gelede in Indië, Mesopotamië en Egipte vervaardig. Gewoonlik is melk in houers, wat van bokleer, erdewerk of pampoene gemaak is, geskud tot die room (die bottervet) van die melk begin afskei. Die bottervet is daarna geklits en geknee totdat botter ontstaan - en tegelyketyd karringmelk begin uitvloei. Vandag word karringmelk op 'n meer higiëniese manier in houers van vlekvrye staal industrieel vervaardig.

Heerlikste karringmelk beskuit resep ooit

Suid-Afrikaanse beskuit verskil aansienlik van die oorspronklike Nederlandse beschuit in beide vorm en smaak. Daar is 'n groot verskeidenheid beskuit beskikbaar, met basissmake soos anys, karringmelk of selfs hawermout.

Read also

Sterretekens persoonlikhede: Eienskappe van die sterretekens

Bestanddele

  • 1 kg bruismeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 5–10 ml anyssaad (opsioneel)
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 250 g (280 ml) botter

*Kies net een of maak ’n mengsel wat altesaam

250 ml is:

  • ± 250 ml fyn klapper

of

  • ± 250 ml High Bulk- of All Bran-vlokkies

of

  • ± 250 ml gemengde saad en grofgekapte neute

of

  • 250 ml geroosterde muesli*
  • 375 ml karringmelk
  • 125 ml suurroom of addisionele karringmelk
  • 2 eiers

Om af te rond (opsioneel)

  • 30 ml gereserveerde eiermengsel
  • 30 ml sesamsaad

Metode 1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n diep oondpan (± 35 x 25 x 6 cm) of 2 broodpanne (28 x 12 x 8 cm) kwistig met botter.

Read also

Griekwastad moorde: datum, feite, fotos, bewyse, hofsaak

2. Strooi sesamsaad liggies oor die bodem van die pan. Vryf die droë bestanddele en botter saam tot krummelrig.

Maklike karringmelk beskuit resep
Vryf die botter in die droë bestanddele. Foto: youtube.com, gifs.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

3. Voeg die opsionele bestanddele by en maak ’n holte in die middel. Meng die karringmelk, suurroom en eiers goed saam en hou 30 ml om die beskuit te glaseer.

Maklike karringmelk beskuit resep
Gooi die melk by die droë bestanddele. Foto: youtube.com, gifs.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

4. Voeg die res by die meelmengsel en meng tot ’n matig-sagte deeg. Keer uit op ’n meelbestrooide oppervlak en knie liggies tot ’n mooi egalige deeg vorm.

5. Knyp balletjies af en rol dit tussen die handpalms om effe ovaalvormige beskuite te maak.

Maklike karringmelk beskuit resep
Knyp balletjies af. Foto: youtube.com, gifs.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

6. Pak die beskuitjies regop en teen mekaar in die panne en verf met glaseersel. Strooi sesamsaad oor.

7. Bak ongeveer 35 minute of totdat die bokant liggoudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom.

8. Indien die beskuit te gou verbruin, draai die oond af na 160 °C en bedek dit lossies met foelie om verdere verbruining te voorkom. Laat vir 5 minute in die panne staan, keer uit op ’n afkoelrak en laat dit heeltemal afkoel.

Read also

Kerrie noedelslaai resep: stap-vir-stap gids en proses

9. Breek die beskuite los van mekaar met behulp van ’n vurk.

10. Stel die oond op 60 °C en laat die beskuit vir 5–6 uur uitdroog. Plaas ’n lepel in die oonddeur om dit effens oop te hou sodat die vog kan ontsnap.

11. Laat afkoel en bewaar in lugdigte houers.

Hierdie gebakte lekkerny van ouds het net iets spesiaals en is eie aan Afrikaanse gesinne. Boonop is daar soveel verskillende variasies van anyssaad, rosyntjies tot All Bran en sjokoladevlokkies om hierdie lekkerny nog lekkerder te maak. Met 'n bietjie oefening kan jy boonop dalk nog 'n bobaasbakster raak wat die gewilde Ouma se Beskuit troef of ore aansit met hierdie maklike karringmelk beskuit resep!

READ ALSO: Traditional buttermilk rusks South African recipe

Boonop is daar op Briefly.co.za nog 'n heerlike karringmelk beskuit resep.

Dié een ietwat meer basies, maar steeds heerlik en 'n goeie alternatief om mee te eksperimenteer as jy eers bietjie wil oefen om dié tuisgebak onder die knie te kry.

Read also

Maklike mielietert resep: stap-vir-stap gids en proses

Source: Briefly News

Online view pixel