Waarom die bohaai oor Andries Enslin? Preke, skandaal, Texas

Waarom die bohaai oor Andries Enslin? Preke, skandaal, Texas

Alberton LewenSentrum; Andries Enslin, stigter van sy eie gemeente. Hy is nie net ‘n pastoor nie maar ook ‘n skrywer van menigte boeke asook die aanbieder van sy eie SABC 2 TV-program, Die Woord. Hy is van vlees en bloed, 'n pa, man en vriend, ‘n draer van die woord van God en 'n woordvoerder van die lewe. Waaroor gaan die skielike media aandag en waarom die bohaai?

Waarom die bohaai oor Andries Enslin? Preke, skandaal, Texas. Andries enslin verhouding. Andries enslin texas. Andries enslin verlede. Andries enslin skokbewerings.
Andries Enslin en familie. Foto: A Enslin
Source: Facebook

Andries beskryf die Bybel in ‘n passievolle en praktiese manier en hy dra die erewoord van God oor in ‘n taal wat mense se harte goed kan verstaan.

Andries Enslin topverkoper boeke

In Alberton, Suid Afrika het Pastoor Enslin die LewenSentrum kerk begin. Hy is van AGS oorsprong en sy passie en veld van navorsing fokus op die verskillende fases van ‘n persoon se verhouding met God. Hy is ook wel bekend vir sy TV-program, Die Woord wat huidiglik op SABC 2 uitsaai. Sy boodskappe is gebaseer daarop om die evangelie van Christus op ‘n pragmatiese Afrikaanse manier te preek. Buiten Andries se wêreld bekende prediking word die begunstigings van die pastoor gesien in sy topverkoper boeke:

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

  • Val en Opstaan (nuutste uitgawe)
  • Vroue wat glo
  • Om 'n man te wees
  • Die Woord elke dag; Andries Enslin dagstukkies

Steeds vra baie mense; waarom die bohaai oor Andries Enslin? Hoekom het so verskriklik baie lidmate die kerk verlaat? Is daar werklik 'n Andries Enslin skandaal? Lees verder en vind uit.

Andries Enslin preke uit Texas

Sonder om te sê wanneer en hoe die proses gefinansier sal word, het Andries vir sy LewenSentrum gemeente aanvanklik aankondig dat hy op pad is Amerika toe. God het hom geroep om dit te doen en om ’n kerk in Texas te stig.

Waarom die bohaai oor Andries Enslin? Preke, skandaal, Texas. Andries enslin verhouding. Andries enslin texas. Andries enslin verlede. Andries enslin skokbewerings.
Preke van ver. Foto: youtube.com, gifs.com
Source: UGC

Hy wil dollars terug bring Suid Afrika toe om ’n nuwe kerk vir ons te bou en om die voort bestaan van die gemeente te verseker. Daar was gesê dat ons nie moet bekommer nie omdat daar direkte uitsendings uit Amerika sal wees.

In die kollig vir verkeerde redes

Read also

20 klein besigheid idees in Suid-Afrika wat werk

Andries en die kerk het destyds blatant geweier om enigsins op bewerings te reageer van ’n verhouding tussen Andries en ’n ander vrou. Maar in klank opnames wat glo uitgelek het, konfronteer ’n ex-senior kerklidmaat Andries oor vermoede seksuele gebeurtenisse tussen hom en die vrou. Die gebeurtenisse asook ander persoonlike kwessies het Andries Enslin verpligte verlof veroorsaak in 2015. Die inhoud van die gesprek word weerhou op regsadvies.

Waarom die bohaai oor Andries Enslin? Preke, skandaal, Texas. Andries enslin verhouding. Andries enslin texas. Andries enslin verlede. Andries enslin skokbewerings.
Andries Enslin. die pastoor. Foto: @finessevoelgoedtydskrif
Source: Instagram

Daar word gesê dat baie mense sedert 2015 die kerk verlaat het. In Oktober 2015 het Andries vir ’n lang ruk amper heeltemal uit die kollig verdwyn. Dit is nooit in die lig gebring wat presies sy probleme was in daardie tyd nie of waarom hy tyd af geneem het 'om te genees en sy persoonlike lewe uit te sorteer' nie.

In Feb 2017 het hy beskryf dat hy in 2015 onmenslike moegheid en negatiwiteit ervaar het; moedeloosheid, angstigheid, lusteloosheid en depressie. Maar Andries was in Januarie 2016 skaars van sy verlof af terug toe nog ’n bom ontplof. Dié keer oor sy 'omstrede eiendoms transaksies'. Daar is berig dat hy 'n eiendom vir R4,5 Miljoen by die kerk gekoop het, net om dit 12 dae later vir R9,6 Miljoen aan 'n nuwe eienaar te verkoop.

Read also

Top rykste mense in Suid-Afrika; besigheid, musiek en politici

Die lewe gaan aan

Andries het glad nie gereageer op vrae oor die beskuldiging dat hy destyds sy mag uitgebuit het om toegang tot 'n ander vrou te verkry nie. Hy het ook geen kommentaar op die klankopnames of die eiendom transaksies gelewer nie. Daar is nooit enige amptelike klag teen hom gelê nie en daar is geen bewyse voorgelê nie. Ons kan geen verdere opmerkings maak oor hierdie saak nie.

Waarom die bohaai oor Andries Enslin? Preke, skandaal, Texas. Andries enslin verhouding. Andries enslin texas. Andries enslin verlede. Andries enslin skokbewerings.
Hy gebruik sy lewens lesse in sy stories. Foto: voelgoed.co.za
Source: UGC

Kry jou daaglikse Bybel boodskap op hulle Youtube kanaal, LewenSentrum. Pastoor Andries opdateer sy Facebook ook met dagstukkies vir sy 16,000+ volgers. 'n Man wat inspirerende Bybel stories oorvertel en die woord van God oordra aan miljoene mense, Andries Enslin 'n man van God.

In ander gospel nuus, die ster Israel Linda Mosehla is oorlede op die ouderdom van 50 jaar oud.

Read more: Gospel icon Israel Mosehla passes away, tributes pour in as SA mourns.

Read also

Sterretekens persoonlikhede: Eienskappe van die sterretekens

Verslae sê beide van Israel se ouers was predikers en musikante, en dit is hoe hy in die evangelie wêreld beland het. Die Soweto-gebore sanger was net 50 jaar oud ten tyde van sy dood.

Source: Briefly News

Online view pixel