Afrikaanse rolprent Vir die Voëls monoloog, akteurs

Afrikaanse rolprent Vir die Voëls monoloog, akteurs

Vir die Voëls is 'n ware verhaal en romantiese drama wat in die jare sewentigs afspeel en vertel die storie van Irma Humpel en Sampie de Klerk se kronkelrige liefdespad na die kansel. Die film is gebaseer op ‘n kortverhaal deur Irma de Klerk (neé Humpel) van New Castle, getiteld, “Slim vang sy baas”.

Vir Die Voëls
Vir die Voëls film plakkaat. Foto: Vir die voëls film
Source: Facebook

Vir die Voëls is die eindproduk, wat in samewerking met kykNET Films en The Film Factory vervaardig is. Die Afrikaanse rolprent is op 25 November 2016 vrygestel.

Vir die Voëls

  • Regisseur: Quentin Krog
  • Produksieleier: Danie Bester
  • Draaiboek: Sean Robert Daniels, Quentin Krog, Tina Kruger
  • Met: Simoné Nortmann, Francois Jacobs, Lara Kinnear, Bennie Fourie
  • Musiek deur: Benjamin Willem
  • Kinematografie: Brendan Barnes
  • Redigeerder: C.A. van Aswegen
  • Ateljee: The Film Factory
  • Verspreider: Ster Kinekor
  • Uitgereik: 25 November 2016
  • Land: Suid-Afrika
  • Taal: Afrikaans

Vir Die Voëls ware verhaal en monoloog

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Huisgenoot het ‘n kompetisie van stapel gestuur waartydens lesers hul eie, ware liefdesverhale kon instuur en eindelik sou die wenpaar se storie as inspirasie vir die draaiboek dien. Irma de Klerk het haar en Sampie se verhaal ingeskryf vir die wedstryd en die kompetisie gewen.

Die kortverhaal is slim verwerk deur skrywers Sean Robert Daniels en Tina Kruger en spanning en intrigue is deurlopend goed bewerkstellig. Die Regisseur Quentin Krog en sy formidabele span akteurs, skrywer en almal op stel, het hulself ongetwyfeld oortref met dié film.

Die hoofkarakter, Simoné Pretorius (neé Nortmann) wat die rol van Irma vertolk, open die eerste toneel waar sy op haar troudag voor die kansel staan. ‘n Monoloog volg wat direk aan die kamera en dus die gehoor gerig is. Die toon hierdeur word sodoende aangegee in, Vir die Voëls monoloog.

Storielyn

Vir die Voëls, 'n ware verhaal, handel oor Irma, ‘n rabbedoe wat voor die kansel staan langs Sampie, die seun wat haar as kind onophoudelik geterg het. Irma wou haar vryheid ten alle koste behou en was oortuig dat om onafhanklik te wees die manier was. Ongeag van haar oortuigings, het Sampie haar op elke moontlike gebied uitgedaag.

Read also

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

Vir die Voëls akteurs

Vir die Voëls speel in die laat sewentigerjare af en is ‘n film vol liefde, lag en trane. Die film is gedurende Mei en Junie 2016 in Johannesburg, Krugersdorp, Kragbron, Hartebeespoort en Bela Bela geskiet. Alhoewel vir die voëls bekendheid verwerf het as ‘n komedie, is dit ook ‘n oortuigende drama wat wye temas soos die grensoorlog, alhoholmisbruik en geweld binne ‘n gesin aanspreek.

Rolverdeling van die onderskeie akteurs/karakters sluit in:

Simoné Pretorius (Irma Humpel)

Vir Die Voëls aktrises
Simoné Pretorius as Irma Humpel. Foto: Simoné Pretorius
Source: Facebook

Simoné vertolk moeiteloos die rol van Irma, wat vry en as manlike gelyke erken wil word. As kind het sy grootgeword met ‘n alkoholis-pa en die gevolg is ‘n hardkoppige, lewenswyse en glad nie op haar bek geval nie jong vrou. Sy is baie skepties oor die huwelik en het ‘n onwrikbare wil wat nie sommer ‘n man in haar lewe wil toelaat nie.

Simoné kwyt haar uitstekend van haar taak. Ongeag of die draaiboek vereis dat sy lag of huil, haar oortuigende vertolking laat mens in die televisie inklim en aan elke woord hang. Simoné het in 2013 na Johannesburg verhuis toe sy haar eerste groot rol in 7de Laan losgeslaan het as Nadia Croucamp. Sy het al in verskeie televisie-programme, musiekvideo’s, komedie sitkoms en films verskyn, waarvan Vir Die Voëls haar eerste groot rol is.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Francois Jacobs (Sampie de Klerk)

vir die voels sampie
Francois Jacobs as Sampie. Foto: Vir die voëls film
Source: Facebook

In Vir die Voëls, word die ondeunde Sampie vertolk deur Francois Jacobs. Hy probeer deurentyd om Irma se liefde te wen en sy ywerige vertolking is opreg en teer. Sy deursettingsvermoë verstom, soos hy berge sal versit om Irma se liefde te wen, maar met haar hardekop, vrypostige houding is dit ‘n stryd omdat sy nie met iemand wil trou wat haar aan haar pa herinner nie.

Elize Cawood (Ouma Martie)

Vir Die Voëls aktrises
Elize Cawood as Ouma Martie. Foto: Elize Cawood
Source: Facebook

Immergewilde veteraan-aktrise Elize Cawood, wat met haar bekwaamheid deesdae baie gereeld in Afrikaanse films spog, is Ouma Martie, Irma se steunpilaar.

Lara Kinnear (Marieda de Klerk)

Vir Die Voëls aktrises
Lara Kinnear as Marieda de Klerk. Foto: Lara Kinnear
Source: Facebook

Lara Kinnear vertolk die rol van Sampie se maltrap suster, Marieda de Klerk.

Bennie Fourie (Karel)

Vir Die Voëls akteurs
Bennie Fourie as Karel. Foto: Vir die Voëls.
Source: Facebook

Marieda se man word vertolk deur die akteur Bennie Fourie. Hy is ook Sampie se oorlog kameraad en later sy swaer.

Neels van Jaarsveld (Ivan Humpel)

Vir Die Voëls akteurs
Neels van Jaarsveld as Ivan Humpel. Foto: Tertius Meintjies
Source: Facebook

Neels van Jaarsveld vertolk die rol van Ivan Humpel, Irma se alkoholis pa.

Read also

Top rykste mense in Suid-Afrika; besigheid, musiek en politici

Nicola Hanekom (Alta Humpel)

Vir die voëls aktrises
Nicola Hanekom as Alta Humpel. Foto: Nicola Hanekom
Source: Facebook

Nicola Hanekom vertolk die rol van Alta Humpel, Irma se geboeliede ma.

Rolverdeling

Die hoofspelers word uitstekend ondersteun deur bekwaamde byspelers met ‘n rolverdeling wat ouer en jong akteurs insluit. Die volwasse rolverdeling sluit in onder meer Lara Kinnear, Bennie Fourie, Karel Grové, Neels van Jaarsveld, Nicola Hanekom, Drikus Volschenk, Edrien Erasmus en veteraan-aktrise Elize Cawood.

Die produksiespan in geheel het bygedra tot ‘n film wat nie net ‘n genotvolle, ontspannende atmosfeer vir die hele familie skep nie maar ook die hartsnare roer op so ‘n wyse, dat dit inspireer. Dit is nie ‘n soetsappige verhaal nie, maar ‘n liefdesverhaal wat eg voel met goeie humor en draaie wat ‘n mens se lewenspad kan stap.

Vir die Voëls lokprent
'n Toneel uit Vir die voëls met Simoné Pretorius en Elize Cawood. Foto: Vir die voëls
Source: Facebook

Vir die Voëls resensie

‘n Resensie verwys na die film as stroopsoete nostalgie. ‘n Verhaal so boeiend, beide die karakters en storielyn omvou die gehoor van meet af tot op ‘n punt waar hul met oorgawe verlore gaan in ‘n wêreld van weerloosheid, onverskrokkenheid as antitese, liefde, vriendskap, familie twis en selfs oorlog; saamgesnoer in ‘n twee uur lange film wat menige harte gesteel het.

Read also

Sterretekens persoonlikhede: Eienskappe van die sterretekens

Huisgenoot se redakteur Henriëtte Loubser en haar span het dit geniet om te sien hoe ’n fliek aanmekaargesit word – die draaiboekontwikkeling, besonderhede oor kostuums, dekor, kamerawerk, kleure, musiek asook die redigering daarvan.

Vir die Voëls is 'n storie oor die stryd teen jouself en hoe om te keer dat eksterne omstandighede en emosionele bagasie jou kans op geluk verongeluk, temas waarmee baie mense sal kan identifiseer. Daar is ook 'n versoenings boodskap wat die krag het om ‘n gewonde hart nader aan genesing te bring.

READ ALSO: Waar om Afrikaanse films te siene te kry

Afrikaanse films vier hoogty met die een na die ander uitstekende rolprent wat plaaslik uitgereik word. Briefly.co.za het meer inligting hieroor sodat jy seker kan wees jy sal niks misloop nie. Van Showmax, YouTube, Google Play Movies tot iTunes, gaan lees gerus meer oor waar jy jou gunsteling Afrikaanse film te siene kan kry.

Read also

Stian Bam: ouderdom, vennoot, liefde, vrou

Source: Briefly News

Online view pixel