Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

Hoenderpastei bestaan uit 'n pof kortstondige deeg met 'n vulsel hoendervleis en 'n sappige sous. Sommige kies om groente soos spinasie en sampioene by te voeg. Bykosse vir hoenderpasteie sluit in aartappelmash, 'n groen slaaitjie en nog baie meer. Ons maklike hoenderpastei resep word baie vinnig bymekaar gesit sodat jy meer tyd het om te geniet saam met jou geliefdes!

Hoenderpastei
Ouma Henriëtte se hoenderpastei. Foto: Carl Juste, Al Diaz (verander deur skrywer)
Source: Getty Images

In hierdie artikel vind jy tradisionele hoenderpastei resepte wat stap-vir-stap uit eengesit is. Slaan 'n romerige hoenderpastei bymekaar in 'n japtrap en beïndruk jou mensies.

Outydse hoenderpastei

Die deeg gebruik ek vir al my pasteie: klein of groot. Dit vries goed en jy kan ook die klaar gebakte pasteie vries. Haal net so uit en bak by 200°C.

Bestanddele vir hoenderpastei deeg

  • 500g bruismeel
  • 2 eiergele
  • 500g botter of margarine
  • 1 eetlepel asyn
  • 3/4 koppie koue water as jy by die see woon of 1 koppie water as jy in die binneland woon

Read also

Lekker roosterkoek resep: stap-vir-stap gids met fotos en video

Metode

  1. Smelt margarine of botter in 'n mikrogolf oond of stoof
  2. Voeg water by en laat heeltemal afkoel
  3. Meng al die bestandele met water en botter mengsel en plaas in yskas vir 'n halfuur
  4. Haal uit en werk weer deur en plaas in yskas oornag
Hoenderpastei
Lekkerste hoenderpastei in Suid Afrika. Foto: Fairfax Media
Source: Getty Images

WENK: Die vulsel moet afkoel voor die kors opgesit word. Dit sal voorkom dat die deeg pap word.

Hoenderpastei vulsel

  • 50gr botter of margarine
  • 4 hoenderborsies gekook, ontbeen en opgesny
  • 50gr sampioene opsioneel
  • 50gr koekmeel
  • 1 hoenderblokkie gekrummel
  • 1 koppie melk
  • Skil en sap van 1 suurlemoen

Metode

  1. Verhit margarine en voeg hoender en sampioene by. Braai tot hoender en sampioene mooi bruin is. Voeg meel by en roer deur.
  2. Voeg hoenderblokkies en melk by. Bring tot kookpunt en roer tot sous lekker dik is. Voeg sap en suurlemoenskil by en geur met sout en peper. Laat heeltemal afkoel.
  3. Rol deeg in 'n reghoek.
  4. Skep vulsel in middel en maak snye met mes aan kant.
  5. Vou een kant oor en smeer eier en vou anderkant oor. Smeer met eier en bak by 200 grade tot ligbruin.
  6. Bedien warm of koud of sit in foelie in vrieskas tot benodig.

Read also

Maklike boontjiesop resepte: vinnige geregte stap-vir-stap

Haal uit vrieskas, smeer met eier en bak by 220 grade net so gevries. Jy kan vulsel ook in afsonderlike pastei bakkies maak en vries of bak. Bedien met aartappel mash en 'n slaaitjie.

Hoenderpastei
Klein hoenderpastei resep. Smul tot sonop! Foto: Fairfax Media, Anne Cusack (verander deur skrywer)
Source: Getty Images

Victor Matfield se hoenderpastei met spek

Victor Matfield (gebore 11 Mei 1977) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Hy was kaptein van die Suid-Afrikaanse Springbokke asook die Blou Bulle in die Curriebeker. Met sulke indrukwekkende aktiewe rugbyloopbaan is dit geen verrassing dat hy lief is vir sy kos nie. Die lekkerste spek en hoenderpastei onder die son!

Bestanddele

Lewer 8 tot 10 porsies afhangende van hoe groot die pensies is.

  • Sowat 30ml olyfolie
  • 3 pakke hoenderdye en hoenderboudjies (met 8 stukke per pak)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 10ml gemengde droë kruie
  • 200ml witwyn
  • 2 lourierblare
  • 30ml olyfolie
  • 3 pakke blokkies spek van 250g elk
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 30ml mielieblom
  • 30ml water
  • 2 velle (400g elk) blaardeeg
  • 1 geklitste eier

Read also

Mielies resep: Kook gids vir heerlike geregte en meer (video)

Metode

  1. Verhit olyfolie in ’n groot kastrol en braai hoenderstukke tot bruin.
  2. Geur met sout, swartpeper en kruie. Voeg witwyn en lourierblare by en kook hoender tot gaar. Laat effens afkoel en verwyder vleis van bene. Hou sous van hoender eenkant.
  3. Verhit die res van olyfolie en braai spek vir sowat 10 minute.
  4. Voeg ui en knoffel by en braai tot sag en deurskynend. Voeg hoender en sous by. As die sous te duk is kan jy onder lees hoe om reg te maak.
  5. Skep vulsel in ’n oondbak en laat afkoel voor jy die deeg bo op sit. Verhit oond tot 180 °C.
  6. Sny lang stroke uit een vel blaardeeg.
  7. Plaas stroke om die rand van bak, bo op hoender. Smeer stroke met geklitste eier.
  8. Sny kepe daarin sodat stoom kan ontsnap. Versier met deeg.
  9. Smeer met geklitste eier en bak vir 40 tot 50 minute tot deeg goudbruin en bros is.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Bron: Barbara Joubert en Henriette Wessels se beste hoenderpastei resep in die land!

Hoenderpastei
Tuisgebakte tradisionele hoenderpastei op sy beste. Foto: Anne Cusack
Source: Getty Images

WENK: As jou sous te loperig is kan jy dit so verdik: Meng mielieblom met water en voeg by. Laat kook tot dik en roer goed.

Vinnige Hoenderpastei

Die bereiding van hierdie sappige hoenderpastei vat 'n hele 10 minute. Gaarmaaktyd: 25 tot 30min.

Hoenderpastei vulsel

  • 1 gaar draaispit hoender
  • 1 groot ui, gekap
  • 2 of 3 repe spekvleis
  • 250g sampioene, in stukkies gesny
  • 500ml (2 k) klaar bereide witsous (het 'n pakkie van Knorr se chicken a la king aangemaak en bygemeng)

Kors

  • 1 pak (250 g) bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi
  • eiergeel, geklits

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n oondvaste bak.

Vulsel metode

  1. Pluis die gaar hoender en hou eenkant.
  2. Braai die ui en spekvleis tot sag en gaar. Voeg die sampioene by en braai tot gaar.
  3. Voeg die hoender en witsous by en meng deur. Skep in die voorbereide bak.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Kors metode

  1. Rol die deeg effens dunner uit en plaas oor die vulsel in die bak.
  2. Steek ’n gaatjie in die middel, sny die kante netjies en druk teen die kant vas met ’n vurk.
  3. Sny patroontjies uit die oorskietdeeg en rangskik dit op die deeg. Verf met geklitste eiergeel.

Bak vir 25 tot 30 min tot goudbruin. Bron: Nadine van der Merwe

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg
Hoenderpastei met puff pastry en nog baie meer. Foto: Felix Wong
Source: Getty Images

WENK: Die vulsel moet afkoel voor die kors opgesit word. Dit sal voorkom dat die deeg pap word. Onthou om die bak waarin jul die pastei maak te spuit.

Ander bykosse vir hoenderpastei sluit ook 'n koue beet en feta slaaitjie, geroosterde aartappels en nog baie meer. Outydse hoenderpastei met sago is 'n verskriklike bekende dis en almal sal vra vir nog! Vir ons geurige hoenderpastei het ons net die regte nagereg.

READ ALSO: Vinnige plaatkoekies resep idees: maklik, sonder eiers, sonder melk

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Hier by Briefly.co.za is ons trots Suid-Afrikaans en kreatiewe boerekos is ons erns. Behalwe vir ons fantastiese hoenderpastei resep kan jy hier verder lees vir 'n ongelooflike lekker en maklike plaatkoekies resep: 'n vinnige nagereg en dan sommer more se lunch ook!

Slaan vinnig so ietsie bymekaar al mis jou stoorkas 'n paar bestanddele. Ons het 'n maklike plaatkoekies resep sonder melk en eiers in hierdie artikel. Sprinkel met soetstroop, smul tot sonop!

Source: Briefly News

Online view pixel