Vinnige plaatkoekies resep idees: maklik, sonder eiers, sonder melk

Vinnige plaatkoekies resep idees: maklik, sonder eiers, sonder melk

Ons plaatkoekies resep is die egte Suid-Afrikaanse boerekos weergawe van die Engelse flapjacks, crumpets of breakfast pancakes. Behalwe dat hulle natuurlik 'n miljoen keer beter is, geniet ons hulle vir oggendete, middagete, teetyd en sommer as 'n nagereg ook. Eintlik maak die plaatkoekies resep die beste Sondag ete wat enige iemand voor kan vra. Verdrink hulle in smeltbotter en bedek met gerasperde kaas onder 'n slyk van goue heuning.

Vinnige plaatkoekies resep idees: maklik, sonder eiers, sonder melk
Heerlike plaatkoekies vir die hele buurt! Foto: Dani Turton, pexels.com en Eiliv-Sonas Aceron, unsplash.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Slaan vinnig so ietsie bymekaar al mis jou stoorkas 'n paar bestanddele. Ons het 'n maklike plaatkoekies resep sonder melk en eiers verder ondertoe. Sprinkel met soetstroop, smul tot sonop!

Lekker resep vir plaatkoekies

Hierdie resep is van Ouma Karen se St. 8 kookboek en word in sy gegewe vorm gebruik vir meer as 70 jaar. Dit is een ernstige beproefde resep en ek was verstom oor hoe lekker dit was die eerste keer wat ek dit gemaak het. Maak ongeveer 18 tot 20 flapjacks, genoeg vir 4 tot 6 mense. Die beslag kan vir een dag in die yskas gehou word.

Read also

Maklike souttert resep: stap-vir-stap gids heerlike souttert

Bestanddele

  • 2 koppies (350g) koekmeel, ongesif
  • ½ tee lepel (2,5 ml) sout
  • 1 tee lepel (15 ml) bakpoeier
  • 3 tee lepels (45 ml) suiker
  • 1 eier
  • 1 ¾ cups (430 ml) melk
  • ¼ cup (60 ml) olie

Metode

  1. Sif droë bestanddele saam in groot mengbak.
  2. Klits die eier baie goed met slegs 1 koppie (250 ml) van die melk, tot heeltemal glad. Voeg droë bestanddele by en klop vir presies een minuut. Nie minder nie en nie meer nie.
  3. Voeg nou die res van die melk stadig by, terwyl jy roer en dan die olie, 1 lepel (15 ml) op 'n slag.
  4. Klop die beslag vir presies een minuut nadat al die bestanddele bygevoeg is en laat staan dan vir 30 minute.
  5. Die beslag kan ook nou vir tot 24 uur in die yskas gestoor word. Klop liggies vir 30 sekondes voordat dit gebruik word.
  6. Verhit 3 lepels (45 ml) olie in 'n swaarbodem braaipan oor medium hitte.
  7. Wanneer die olie warm is, gooi oortollige olie uit in 'n hittebestande bak om later weer te gebruik. Laat net 'n dun film olie laag aan die onderkant van die pan en vee liggies met absorberende kombuis papier.
  8. Gooi lepels van die beslag in die warm pan en bak sonder om te draai tot klein gaatjies vorm in die bokant van die flapjacks. Draai dadelik om met 'n eierspaan.
  9. Bak tot goudbruin aan beide kante, verwyder van pan en hou warm terwyl jy die res van die beslag gebruik.
  10. Vee die onderkant van die pan met kombuispapier voordat jy elke vars bondel flapjacks bak.

Read also

20 klein besigheid idees in Suid-Afrika wat werk

Vinnige plaatkoekies resep sonder eiers maklik, sonder eiers, sonder melk
Plaatkoekies resep sonder eiers. Smul tot sonop! Foto: Sincerely Media, unsplash.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

WENK: Moenie die hitte te hoog hou nie en wissel die hitte sodat die flapjacks nie skroei aan die buitekant terwyl die binnekant nog ongekook bly nie. Oefen maak perfek!

Platsak plaatkoekies

Hierdie resep is nie net vir mense wat so bietjie platsak is nie, maar ook vir daai met allergieë of voedselsensitiwiteit teen eiers en/of melk. Jy kan die gereg versier met kaas vir ekstra smaak.

Bestanddele

  • 250ml koekmeelblom
  • 2ml bakpoeier
  • 2ml koeksoda
  • 1ml sout
  • 450ml water
  • 12.5ml asyn
  • 60ml olie

Metode

  1. Meng die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
  2. Meng water, asyn en olie in 'n aparte bak.
  3. Roer nou helfte van die vloeistof by die droë bestanddele en meng tot glad.
  4. Meng die res van die vloeistof by om ‘n loperige beslag te vorm.
  5. Giet van die beslag op ‘n keer in ‘n verhitte gesmeerde braaipan.
  6. Braai plaatkoekies aan beide kante tot goudbruin en gaar.

Read also

Sterretekens persoonlikhede: Eienskappe van die sterretekens

Plaatkoekies idees

Hierdie koekies kan geniet word saam met verskeie soet en souterige bestanddele. Hulle verdien om plek te vind by jou volgende naweek brunch. Bedien met crème fraîche, heuning, geroosterde amandelvlokkies en vars piesang, taai chipolatas, spek en esdoringstroop of geklopte maskarpone en gerookte salm forel as jy wil fancy wees.

Vinnige plaatkoekies resep idees: maklik, sonder eiers, sonder melk. plaatkoekies vir ontbyt plaatkoekie resep met self raising flour
Vinnige plaatkoekies resep idees vir al jou mensies. Foto: Dani Turton, pexels.com en Eiliv-Sonas Aceron, unsplash.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Ek is nie seker vir watter stam ons die kulinêre erfenis moet dankie sê nie, maar baie mense glo hulle is eerste in Skotland en Ierland gemaak. Daar was 'n tyd toe die Afrikaners, Skotte en Iere mekaar taamlik entoesiasties deur huwelik en ander alliansies omhels het. Gelukkig vir ons het politieke spanning uiteindelik vergemaklik, teen watter tyd hierdie vinnige plaatkoekies resep in ons kombuise kon bly en ons geniet hom nog baie jare later.

Vinnige plaatkoekies resep idees: maklik, sonder eiers, sonder melk. plaatkoekies recipe plaatkoekies resep met bruismeel
Knuppeldik plaatkoekies resep idees. Foto: Eiliv-Sonas Aceron, unsplash.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Die nostalgiese plaatkoekies vir aandete, brêkvis en brunch gaan baie lekker met 'n variasie van bestanddele om almal se lekkerlus te onthaal.

Read also

Maklike mielietert resep: stap-vir-stap gids en proses

READ ALSO: Souskluitjies resepte: maklike stap-vir-stap gids en proses

Hier by Briefly.co.za is ons trots Suid-Afrikaans en kreatiewe boerekos is ons erns. Behalwe vir ons fantastiese plaatkoekies resep kan jy hier verder lees oor ons ongelooflike lekker en maklike souskluitjies resep.

Tradisionele melkkos wat van snysels gemaak word is voorheen skertsend ‘slinger-om-die-snoel’ genoem. Melkkos is nie wetenskap nie, dis emosie! Lees hier verder vir ‘n maklike melkkos resep!

Source: Briefly News

Online view pixel