Maklike mielietert resep: stap-vir-stap gids en proses

Maklike mielietert resep: stap-vir-stap gids en proses

Mielies is Suid-Afrika se hoof landbou produk en soos in meeste ander Afrika lande is mielies ook die land se stapel voedsel. Omdat tradisionele kreatiewe kos ons gunsteling is moes ek hierdie heerlike en maklike mielietert resep met julle deel. Ons wys vir julle ‘n klassieke mieliepap tert resep in ‘n eenvoudige stap vir stap gids en proses asook die mikrogolf mielietert wat vir jou baie tyd en geld gaan spaar. Hierdie kersfees kook jy vinnig, maklik en lekker!

Mielietert resep. Maklike mielietert resep. Mikrogolf mielietert. Mielietert resep met bruismeel. Mielietert met kondensmelk. Mielietert in mikrogolf. Groot mielietert. Paptert resep.
Maklike mielietert resep. Foto: gifs.com
Source: UGC

Die veelsydige mielietert resep is ‘n ikoniese gereg onder Suid-Afrikaners. Party mense maak lae van mieliepap en dan tamatie, kaas en ander heerlike bestanddele soos spek en sampioene. Terte van alle soorte is gunstelinge by die kerk basaar en ek onthou hoe die anties tertjies by die bioskoop snoepie verkoop het.

WENK: Meng al die mielietert bestanddele in ‘n bak en laat die geure saam smelt. Voeg ‘n klein bietjie knoffel by en proe hoe die smaak van pap en alle ander geure mekaar heerlik komplimenteer.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Ek vertrou hierdie resep en ek wil al my lesers aanmoedig om dit self te probeer. Laat my weet aan die einde van die berig in kommentaar afdeling hoe dit vir jou uitgedraai het asseblief. Ek sal dit baie waardeer!

Hier by Briefly.co.za is kreatiewe boerekos ons erns. Lees hier verder van ons ongelooflike lekker en maklike souskluitjies resep.

READ MORE: Souskluitjies resepte: stap-vir-stap gids en proses.

As jy ‘n mielietert resep met bruismeel soek het ek vir jou ‘n bietjie voorligting. Bruismeel is koekmeel wat reeds sout en bakpoeier in het. Indien ʼn resep bruismeel gebruik maar jy het net koekmeel in jou kombuis, kan jy eenvoudig 1 teelepel bakpoeier en sowat ¼ teelepel sout vir elke koppie koekmeel gebruik.

Maklike mielietert resep: stap-vir-stap gids en proses. Mielietert resep. Maklike mielietert. Mikrogolf mielietert. Mielietert in mikrogolf. Groot mielietert. Paptert resep. Mielietert vir braaivleis. Braai tert. Braai pie. Mielietert resep met bruismeel.
Maklike mielietert resep. Foto: A Brown Table
Source: Facebook

Ek begin eers met die maklikste mielietert resep onder die son en verder onder toe in die artikel vind jy die outydse mielietert, mielietert in ‘n mikrogolf, en sommer ook ‘n maklike korslose souttert.

Read also

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

As jy opsoek is na 'n opregte nagereg is Briefly.co.za se maklike sago poeding met meringue resep 'n egte kreatiewe boerekos.

READ MORE: Sago poeding resep: met meringue of met kondensmelk. Gebak en ongebakte resepte

Maklike mielietert in 2 stappe

Kerstyd beteken familietyd en as jy beplan om baie vriende en familie oor te nooi vir kersfees dan is hierdie groot mielietert ‘n ideale stysel voedsel.

Maklike mielietert resep: stap-vir-stap gids en proses. Mielietert resep. Mielietert in mikrogolf. Mielietert resep met bruismeel. Mielietert met kondensmelk. Groot mielietert. Paptert resep. Mielietert vir braaivleis. Braai tert. Kersfees pie.
'n Mengelmoes van mielies. Foto: gifs.com
Source: UGC

Wees verseker dat ons vinnige en lip-lekker mielietert resep 'n wenner is en mag dalk een van die bestes wees wat ek al ooit gevind het. Ek deel dit baie graag met julle.

Bestanddele

  • 4 eiers
  • 2 blikke geroomde mielies
  • 60 ml koek meel
  • 60 ml gesmelte botter
  • 60 ml suiker
  • 15 ml bakpoeier

Metode

Stap 1: Meng alles met ‘n hand klitser of ‘n vurk.

Stap 2: Gooi in ‘n oondbak en bak vir 40 minute teen 180 grade tot goudbruin.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Ta-da!

WENK: Jy kan oorskiet vleis soos hoender of spek ook in meng. Onthou, 'n klein bietjie swart peper gaan baie ver.

Outydse Mielietert

Hierdie tradisionele gereg maak die beste braai tert. Kersfees is om die draai en ons het almal baie voorbereiding om te doen. Met Briefly.co.za se maklike resepte spaar jy tyd, moeite en geld. Ons outydse mielietert vir braaivleis is 'n wenresep en kom uit die boonste rakke. Die tert komplimenteer elke braai en sal niemand teleurstel nie.

Mielietert resep met bruismeel. Mielietert met kondensmelk. Mielietert in mikrogolf. Groot mielietert. Paptert resep. Mielietert vir braaivleis. Braai tert. Braai pie. Kersfees pie.
Outydse mielietert. Foto: gifs.com
Source: UGC

Bestanddele

  • 60ml meelblom
  • 15ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 60ml suiker
  • 60ml margarien
  • 4 eiers
  • 2 blikke roommielies

Metode

Stap 1: Sif meelblom, bakpoeier en sout bymekaar.

Stap 2: Meng margarien en suiker. Klits eiers en voeg by margarienmengsel.

Stap 3: Gooi mielies by en meng goed.

Stap 4: Roer droë bestanddele by en meng goed.

Stap 5: Gooi mengsel in gesmeerde oondskottel en bak 1 uur by 180°C.

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Maklike mielietert resep. Mielietert resep met bruismeel. Mielietert met kondensmelk. Mielietert in mikrogolf. Groot mielietert. Paptert resep. Mielietert vir braaivleis. Braai tert. Braai pie. Kersfees pie.
Maklike mielietert resep. Foto: A van der Merwe
Source: Facebook

Mikrogolf Mielietert

Hierdie maklike tertjies bevat die klassieke kombinasie van mielies, spekvleis, kaas en sampioene. Heerlik! Nog ‘n gunstelling by die kerk bazaar. Ons resep lewer 6 tertjies.

Bestanddele

  • 4 eiers
  • 60 ml (¼ k) suurroom
  • 80 ml (⅓ k) gerasperde mozzarella
  • sout en peper
  • 100 g sampioene, in skywe gesny
  • 3 skywe toebroodjie ham wat opgekap is
  • ’n hand vol vars grasuie, gekap

Metode

Stap 1: Smeer 6 holtes van ’n silikoon-kolwyntjievorm.

Stap 2: Meng die eiers, suurroom en kaas in ’n mengbak en geur met sout en peper.

Stap 3: Meng sampioene, ham en grasuie en verdeel tussen die kolwyntjiesholtes.

Stap 4: Giet die eiermengsel oor sampioenmengsel in die holtes.

Stap 5: Sit die mielietert in mikrogolf vir 4 minute op hoog of tot die sampioene gaar is.

Stap 6: Sit tertjies voor saam met ’n slaai van jou keuse en geniet!

Read also

Maklike souttert resep: stap-vir-stap gids heerlike souttert

Maklike mielietert resep: stap-vir-stap gids en proses. Mielietert resep met bruismeel. Mielietert met kondensmelk. Mielietert in mikrogolf. Groot mielietert. Paptert resep. Mielietert vir braaivleis. Braai tert. Braai pie. Kersfees pie.
Heerlik saam met oorskiet mieliepap. Foto: gifs.com
Source: UGC

Korslose Souttert

Miskien het jy nie ‘n cooking clue hoe om te kook nie en wil nie met leë hande by jou liefde se familie braai opdaag nie. Ons maklike sout tert sonder kors is maklik en vat omtrent ‘n half uur om te maak dan smul die hele klomp.

Bestanddele

  • 250 ml melk
  • 25 ml botter
  • 1 sny witbrood
  • 2 eiers
  • 250 g weense worsies
  • 250 g bacon
  • 1 ui gebraai en gekap
  • 1/2 tl sout
  • 1 eetl mostert

Metode

Stap 1: Meng die botter, melk, en brood en mikrogolf vir 10 minute.

Stap 2: Gooi die res van die bestanddele by die melkmengsel en roer.

Stap 3: Sit in ‘n mikrogolf-oondpan en mikrogolf vir 3 tot 4 minute.

WENK: Voeg ‘n bietjie knoffel by en rasper kaas bo oor wanneer die sout tert half pad in is. Te heerlik.

Maklike mielietert resep: stap-vir-stap gids en proses. Mielietert resep met bruismeel. Mielietert met kondensmelk. Mielietert in mikrogolf. Groot mielietert. Paptert resep. Mielietert vir braaivleis. Braai tert. Braai pie. Kersfees pie.
Maklike mielietert resep. Foto: unsplash.com
Source: UGC

As jy oorskiet krummelpap het van gisteraand se tradisionele krummelpap resep dan is dit mos perfek vir ons mielietert gereg.

Read also

Sterretekens persoonlikhede: Eienskappe van die sterretekens

READ ALSO: Maklike korslose melktert.

Hier by Briefly.co.za is ons passievol oor maklike tradisionele boerekos. Ons bring vir julle net die beste en maklikste resepte. Lees hier verder hoe maak ons 'n maklike nagereg, 'n melktert sonder kors. Dit is lip-lek lekker!

Source: Briefly News

Online view pixel