Hoe om 'n nommer op te spoor in Suid-Afrika

Hoe om 'n nommer op te spoor in Suid-Afrika

Het jy al ooit 'n teks of 'n oproep ontvang van 'n nommer wat jy nie erken nie? Wie soek my nou? Wat wil hulle van my hê? Is dit 'n belangrike oproep of 'n verkeerde nommer? Kan dit 'n noodgeval of dalk die oproep wees waarvoor jy al so lank wag? Jy hoef nie meer te raai nie! Ons leef in tye van moderne tegnologie en ons gebruik die internet om selfoon nommers op te spoor.

Hoe om 'n nommer op te spoor in Suid-Afrika
Spoor nommers op in Suid-Afrika. Foto: Ono Kosuki, Mary Taylor, Ola Dapo van pexels.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Elke nou en dan word een van ons gepla met oproepe van onbekende nommers. Hier leer ons vir jou hoe om dié nommers op te spoor. In die verlede, as jy 'n selfoonnommer of sy ligging wou opspoor, moes jy 'n regeringsagentskap of 'n sekuriteit agentskap besoek.

Hoe om 'n selfoonnommer op te spoor

Deesdae kan gratis programme en ander waarvoor jy moet betaal die eienaar en die lokasie van 'n bepaalde nommer opspoor. Maar wees asseblief versigtig, aangesien dit onwettig is om 'n selfoon se lokasie op te spoor wat nie aan jou behoort nie. Jy kan egter enige wettige gevolge uitroei deur skriftelike toestemming van die eienaar te kry om hul foon op te spoor. In sulke situasies kan jy 'n geliefde vrylik probeer opspoor terwyl hulle weg is of 'n gesteelde selfoon opspoor.

Read also

Lekker roosterkoek resep: stap-vir-stap gids met fotos en video

Voordat jy egter kan weet hoe om 'n telefoonnommer op te spoor, moet jy eers kyk of jy al die nodige instrumente het. Jy sal die volgende nodig hê:

  • Internet konneksie
  • 'n Skootrekenaar of 'n selfoon
  • Die selfoonnommer wat jy wil opsoek

Daar is vier maniere waarop jy 'n selfoonnommer kan opspoor.

Hoe om 'n nommer op te spoor in Suid-Afrika
Verskeie maniere om nommers op te spoor in Suid-Afrika. Foto: canva.com (verander deur skrywer)
Source: Original

1. Gebruik Reverse Lookup Apps

As iemand jou gebel het en jy nie die nommer herken nie, maar jy wil verder ondersoek instel, kan jy gebruik maak van Reverse Lookup Apps om die inligting van die nommer te kry.

'n Reverse phone lookup app werk deurdat die telefoonnommer in 'n soekenjin of 'n gids in getik word om te sien watter notering terugkom wat aan daardie spesifieke nommer gekoppel is.

Deur 'n reverse phone lookup app op jou foon te gebruik, gee jy die inligting om hul databasis te voed sodat jy ook mense kan vind en 'n selfoonnommer kan opspoor. Dit word gedoen deur eenvoudig net 'n nommer te soek.

Read also

Appeltert resep: Heerlik en maklike nagereg (stap-vir-stap gids met video)

Terwyl reverse phone lookup app gratis is of voor betaal kan word, is die beste dat jy nie beperk is tot watter telefoonnommers jy toegelaat word om te soek nie.

Hoe om reverse phone lookup te gebruik om 'n nommer op te spoor in Suid-Afrika

Daar is twee maniere waarop jy die omgekeerde opsoek (reverse phone lookup) kan gebruik om 'n telefoonnommer op te spoor: die gebruik van soekenjins of deur 'n program.

2. Gebruik jou gunsteling soekenjin (search engine)

Soekenjins soos Google, Bing en ander webblaaiers het 'n ryk bron van data. Deur omgekeerde telefoonopsoek kan jy Google gebruik om 'n foonnommer op te spoor.

  • Gaan na die Google soekbladsy en tik die foonnommer in.
  • Klik die soekknoppie en jou soekresultaat van die nommer sal vertoon word. In plaas daarvan om die nommer in een reëling te skryf, probeer verskillende formate en vergelyk die soekresultate.
  • As die telefoonnommer vir 'n besigheid of 'n maatskappy is, sal die soekresultate in die algemene openbare gids gelys word en inligting oor die eienaar van die nommer sal gegee word.

Read also

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

Hoe om 'n nommer op te spoor in Suid-Afrika
Hoe om 'n nommer op te spoor in Suid-Afrika. Foto: Karolina Grabowska, Andrea Piacquadio van pexels.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

As jy wil weet hoe om 'n nommer op te spoor, is TrueCaller een van die beste selfoon nommer opsoekprogramme wat jy kan gebruik.

3. Gebruik 'n selfoon opsoekprogram om 'n nommer op te spoor

TrueCaller is 'n app vir selfone waarmee gebruikers die name kan identifiseer van 'n nommer wat nie in hul telefoonboek gestoor word nie.

Die app is geneig om selfs 'n naam en gesig aan 'n spesifieke nommer te bind. Dit is versoenbaar met verskeie fone, insluitend Android, Windows phone en IOS. Om te identifiseer wie die oproeper mag wees, vereis hierdie program WI-FI of mobiele data.

Hoe om 'n selfoonnommer op te spoor met TrueCaller

  1. Gaan na die Google winkel (Google store) en gebruik die soek knoppie om die Truecaller program te kry.
  2. Laai die program af en installeer dit.
  3. Jy sal dan jou Gmail, Facebook of Yahoo rekening moet gebruik om aan te sluit en toegang tot die Truecaller databasis te kry.
  4. Gebruik die program se soekknoppie en tik die onbekende oproeper se nommer in. Die program sal jou dan die naam en bykomende inligting soos 'n profielfoto gee.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

Hoe om 'n nommer op te spoor in Suid-Afrika
Spoor nommers op met Truecaller ID. Foto: Caio Christina Morillo van pexels.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

Sodra jy Truecaller installeer sal die program vinnig deur sy databasis soek wanneer jy 'n onbekende nommer sien en jou die naam via 'n opspringvenster op jou foon wys.

4. Soek 'n telefoonnommer met hulp van sosiale media

Meeste mense is geneig om hul sosiale media rekeninge met hul nommers te koppel. Om 'n spesifieke telefoonnommer te vind met behulp van 'n sosiale media platform soos Facebook, hoef jy net die nommer in die soekbalk in te voer. Enige profiele wat met daardie getal geassosieer word, sal in die soekresultate vertoon word.

Hoe om 'n selfoon nommer se lokasie op te spoor?

Deesdae is dit belangrik om te weet hoe om 'n selfoonnommer se huidige lokasie op te spoor veral in gevalle waar jy jou selfoon verloor het of dit dalk gesteel is. Verder kan jy dit ook gebruik om jou kind se ligging per selfoonnommer te vind. Hier is 'n stap-vir-stap gids oor hoe om die huidige ligging of lokasie van 'n mobiele nommer op te spoor.

Read also

Maklike fudge resep en ander vinnige heerlike nagereg idees

Gebruik Google en Google maps

Deur Google maps te gebruik, kan jy verder die foonnommer se ligging opspoor. Hoe vind ek iemand se lokasie met 'n selfoon nommer?

  • Maak die Google-blaaier oop en klik op die soekopsie.
  • Tik die telefoonnommer in wat jy dophou en druk enter.
  • Klik op die eerste gelyste soekresultate.
  • Kopieer die adres wat vir daardie foonnommer gelys is.
  • Plak dit op die Google Map soekblokkie en die kaart sal jou 'n presiese ligging van die adres gee.
Hoe om 'n nommer op te spoor in Suid-Afrika
Spoor nommer op met sosiale media. Foto: pexels.com
Source: UGC

Hoe om 'n telefoonnommer op te spoor met die GPS afgeskakel

As die telefooninternetdata of GPS afgeskakel is, kan jy steeds 'n telefoonnommer opspoor?Smartphones gebruik GPS om beter liggingakkuraatheid te gee. Maar in die geval wat die GPS af is, is daar agentskappe wat die laaste plek kan opspoor deur die telefoonnommer te soek in selfoon toring konneksies.

'n Eenvoudige Google soektog kan jou help om 'n selfoonnommer op te spoor en die metode vereis nie dat die GPS van die foon aan moet wees nie, maar die inligting wat jy van die Google soektog insamel, sal beperk word.

Read also

Maklike souttert resep: stap-vir-stap gids heerlike souttert

Tegnologie verander elke dag en dit beteken dat ons deesdae die internet kan gebruik om selfoonnommers op te spoor. Om te weet hoe om 'n nommer op te spoor, kan egter uitdagend wees omdat meeste mense nie hul inligting op openbare databasisse lys nie.

READ ALSO: 20 klein besigheid idees in Suid-Afrika wat eintlik werk

Briefly.co.za besef dat mense nie meer wil aftree op 60 en daarna die res van hulle lewens spandeer om hulle teleurstellings te tel nie. Hulle vat risikos om hulle eie besighede oop te maak. Lees ons artikel vir 20 klein besigheidsidees wat werk!

VRYWARING: Hierdie artikel is slegs bedoel vir algemene inligtingsdoeleindes en spreek nie individuele omstandighede aan nie. Daar moet nie op staatgemaak word om besluite van enige aard te neem nie. Enige aksie wat u neem op die inligting wat in hierdie artikel aangebied word, is streng op eie risiko en verantwoordelikheid! Ons maak geen waarborg of voorstelling dat die genoemde programme beskikbaar en wettig is vir gebruik op enige spesifieke plek nie.

Read also

Top 10 beste betaalde sokkerspelers in Suid-Afrika ABSA PSL

Source: Briefly News

Online view pixel