Hertzoggies resep: maklike gids met foto's en video's

Hertzoggies resep: maklike gids met foto's en video's

Hertzoggies, oftewel Hertzog-koekies, is vernoem na die Suid-Afrikaanse politikus en Anglo-Boereoorlog-generaal, J.B.M. Hertzog. Hy was Suid-Afrika se eerste minister van 1924 tot 1939 en dit was blykbaar een van sy gunsteling lekkernye. Daar word beweer dat Hertzog se ondersteuners die koekies gebak en bedien het as ‘n teken van hul politieke ondersteuning. Die Kaap-Maleise gemeenskap bedien dit gereeld as nagereg gedurende Eid. Dié gewilde Suid-Afrikaanse gebak bestaan uit ‘n tertdoppie gevul met appelkooskonfyt met klappermeringue bo-op en is ‘n baie maklike resep met 'n verskeidenheid Hertzoggie resepte om van te kies.

Hertzoggies resep
Outydse Hertzoggies. Foto: Fayros Jaffer
Source: Twitter

Alhoewel daar ander tipes vulsels kan gebruik word, bly tradisionele, klassieke Hertzoggies van die lekkerste, veral as dit gevul word met tuisgemaakte appelkooskonfyt.

Read also

Baie maklike hoenderpastei resep: vulsel, bykosse, deeg

Ouma se Hertzoggies

Hertzoggies is deel van ons Suid-Afrikaanse kosgeskiedenis en elke happie herinner ‘n mens baie beslis aan Ouma. In die meeste oumas van ouds se kombuise is daar dikwels gebak en gebrou met die kleinkinders wat al te gretig hand bysit. Hertzoggies is beide bekend as koekies en tertjies. Dié unieke teetyd-tertjie is inderwaarheid eintlik ‘n kombinasie van twee Nederlandse pasteitjies: die outydse Nederlandse appelpastei en ‘n vrugte gevulde vlaaien. Die pasteitjie is gegeur met invoerprodukte soos suiker, appelkooskonfyt en gedroogde klapper wat destyds skaars bestanddele was.

Die basiese resep van ‘n Hertzoggie is dieselfde, maar daar is heelwat verskillende resepte beskikbaar soos die maklike Herzoggies resep, outydse Hertzoggies resep, tradisionele Hertzoggies resep en Hertzoggies resep met bruismeel. Indien jy nie koekmeelblom en bakpoeier het nie, kan jy vir elke 240ml koekmeelblom dit vervang met 250ml bruismeel. Ondanks die feit dat die meeste Hertzoggie resepte dieselfde is, bly dit ‘n immergewilde lekkerny saam met teetyd of selfs as watertandlekker nagereg. Dit is nog smaakliker as die tertdoppies met tuisgemaakte appelkooskonfyt gevul is en gee enige maklike Hertzoggie resep net nog ‘n meer tradisionele byt.

Read also

Tradisionele gemmerkoekies resep: sagte en harde koekies (VIDEO)

maklike hertzoggies resep
Tuisgemaakte appelkooskonfyt. Foto: pixabay.com
Source: UGC

Hertzoggie resep (die resep lewer ongeveer twee dosyn koekies)

Die maklike Hertzoggie resep help jou om in ‘n japtrap hierdie unieke, tradisionele, Suid-Afrikaanse lekkerny voor te berei. Die tertdoppie: Hertzog-koekies bestaan uit 'n broskorsdeegbasis, 'n appelkooskonfytvulsel en 'n dop gemaak uit klappermeringue wat dan gebak word.

Hertzoggies bestanddele

Kors:

  • 450 (425ml) Koekmeelblom
  • 5ml Bakpoeier
  • 1ml Sout
  • 125g Botter (Margarine), Kamertemperatuur
  • 125g (150ml) Suiker
  • 4 Eiergele (groot eiers)

Vulsel:

  • 50ml Fyn Appelkooskonfyt
  • 4 eierwitte (groot eiers)
  • 75g (100ml) Suiker
  • 50ml Klapper
  • 2ml Vanieljegeursel
  • Knypie sout

Metode

  1. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
  2. Vryf die botter met jou vinngerpunte tot die mengsel fyn gekrummel is.
  3. Voeg die suiker by en meng goed.
  4. Voeg daarna die eiergele by en meng tot ‘n deeg.
outydse hertzog koekies resep
Meng die bestanddele saam. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

5. Rol die deeg tot sowat 3mm dik uit en druk sirkels, 8cm in deursnee, uit.

6. Plaas die deegsirkels in gesmeerde kolwyntjiepanne.

Hertzoggies resep
Plaas die deegsirkels in gesmeerde kolwyntjiepan. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

7. Skep 2ml appelkooskonfyt in elke doppie.

Read also

Sterretekens persoonlikhede: Eienskappe van die sterretekens

8. Klits die eierwitte tot droog en vou liggies die res van die van bestanddele daarin.

9. Skep dessertlepelsvol van die meringe op die konfyt.

Hertzoggies resep
Skep dessertlepelsvol meringe op die konfyt. Foto: youtube.com, giphy.com (verander deur skrywer)
Source: UGC

10. Bak vir 15-20min in ‘n voorverhitte oond van 180°C.

11. Keer uit op ‘n draadrak en laat afkoel.

12. Bedien saam met tee of as nagereg na aandete.

Variasies wat in hierdie resep gebruik kan word:

Suurlemoentertjies: Klits 1 blikkie kondensmelk, die sap van 1 suurlemoen, 2 eiers en 2 eierwitte saam. Voeg voeg in elke holte van die pan.

Melktertjies: Vul die holtes met melktertmengsel.

Hertzoggies resep
Heerlike Hertzoggies. Foto: Josh Thirion
Source: Twitter

READ ALSO: Classic South African hertzoggies recipe

Op Briefly.co.za is daar 'n heerlike, klassieke resep asook hierdie watertand-weergawe. Hertzoggie resepte mag wel uit die 1920’s dateer en is dus een honderd jaar oud, maar dit bly beslis ‘n geliefde, outydse, tradisionele eg Suid-Afrikaanse koekie. Dit is maklik om te maak met 'n unieke kombinasie en geur en met dié maklike aanwysings, sal jy dit in 'n japtrap baasraak.

Read also

Griekwastad moorde: datum, feite, fotos, bewyse, hofsaak

Source: Briefly News

Online view pixel